Maroela Media
Maroela Media
Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: maroelamedia.co.za
Autor
Maroela Media
Kategorie
Podcast-Website
Neueste Folge
14. Okt 2026
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
‘Skadumeisie’: Oplaas bevryding ná jare van seer 21.08.2026 22:19
Die boek word beskryf as nie net ʼn oorlewingsverhaal ná verslawing, verkragting en selfvernietigende gedrag nie, maar ook ʼn storie van hoop en ʼn herinnering aan die onblusbaarheid van die menslike gees. Maroela Media
Die Sonskynpad – Episode 35 21.08.2026 11:56
Terwyl Sonskynoord skielik meer gasvry begin voel, raak Petronel se vrae al hoe meer spesifiek en haar redes al hoe minder duidelik. Wat soos ʼn toevlug lyk, begin stadig iets anders word. Party plekke gee vir jou alles en maak dit moeilik om weer weg te gaan.
Die Sonskynpad – Episode 34 20.08.2026 11:27
By Sonskynoord dwing ʼn toevallige ontmoeting Kobus en Annabel om weer voor mekaar te staan. Terwyl ou vrae begin antwoorde kry, bly ander dinge gevaarlik ongesê. Party verledes is nie verby nie. Hulle wag net dat jy weer daarin instap.
Die Sonskynpad – Episode 33 19.08.2026 10:34
By Sonskynoord begin die span die werklikheid van hul nuwe omgewing raaksien – verwaarloos, ongemaklik en vol dinge wat nie heeltemal reg voel nie. Terwyl Hunter vlug en Tant Ella inspring, begin Petronel voel hoe die plek stil-stil aan haar vat … asof dit wag dat sy moet opgee. Party plekke hou jou nie vas nie. Hulle wag net dat jy ophou probeer.
Die Sonskynpad – Episode 32 18.08.2026 10:59
By Sonskynoord kry Mila uiteindelik haar kans op antwoorde, maar die waarheid wat op haar wag, is groter as wat sy ooit sou kon verwag. Wat as ʼn ontmoeting begin, eindig in ʼn onthulling wat alles verander. Party waarhede maak nie sin nie, en hulle breek jou eers.
Die Sonskynpad – Episode 31 17.08.2026 11:10
By ʼn wynplaas bring lag en herinneringe vir Mila en Kobus nader aan mekaar – totdat ʼn waarheid alles verander. Met Sonskynoord op die horison kom die verlede skielik gevaarlik naby. Party antwoorde bring nie rus nie, maar die begin van iets moeiliker.
Wêreldwys | Republikeine op die agtervoet | Ep. 97 15.08.2026 28:39
In vandeesweek se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die groot internasionale vraagstukke wat die Amerikaanse en Europese politiek tans vorm. Iran se invloed op die komende Amerikaanse middeltermynverkiesing, interne verdeeldheid onder die Demokrate, hibriede oorlogvoering in Europa en belangrike Europese verkiesings word onder die loep geneem.
ToekomsVenster | Debora, voorbeeld van ʼn vrou wat opstaan 14.08.2026 5:13
Die Bybel onthou haar veral as profetes, rigter en “ʼn moeder in Israel” – wat ʼn nalatenskap!
ToekomsVenster | Maria en Martha, verskillende gawes, een Here 14.08.2026 5:02
By Maria en Martha leer ons almal het verskillende gawes en persoonlikhede, maar dit dien een Here en Koninkryk.
ToekomsVenster | Priscilla is geroep om saam te bou 14.08.2026 6:15
ʼn Huwelik is immers meer as die vervulling van twee mense se persoonlike drome. Dit kan ook ʼn instrument in God se hand wees.
ToekomsVenster | Lidia met ʼn oop hart en hande 14.08.2026 4:47
ʼn Oop hart wat na Hom luister, word dikwels ʼn oop hand wat ander mense help.
ToekomsVenster | Maria, beskikbaar vir God 14.08.2026 5:55
Miskien is dit vandag ook die vraag aan elkeen van ons: Waarvoor is ek beskikbaar wanneer God my roep?
Wiel2Wiele gee hul indrukke van nuwe Seltos 14.08.2026 26:31
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere ’n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Die Sonskynpad – Episode 30 14.08.2026 13:30
By die see leer Hunter vinnig dat nie alles wat oulik lyk, veilig is nie – veral nie pikkewyne nie. Tussen die lag en die soutwind begin ou herinneringe en nuwe gevoelens stadig vorm aanneem. Party liefdes begin met ʼn klippie en hou langer as wat jy dink.
Net nog enetjie | Meer mag aan die mense! | Ep. 89 13.08.2026 25:15
In dié week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en gasaanbieder Tania Heyns oor die DA se pas bekendgestelde 2026-verkiesingsmanifes. Dié nuwe verkiesingsmanifes erken ʼn ongemaklike werklikheid: wat tans in die meeste munisipaliteite gebeur, werk eenvoudig nie. As die huidige antwoord nie werk nie, is die vraag wat die beste antwoord dan op ons probleme gáán wees?
Die Sonskynpad – Episode 29 13.08.2026 11:36
Langs die pad moet Kobus, Hunter en Jano hulle hande vuil maak om Saartjie weer aan die gang te kry. Tussen los boute en skewe planne leer hulle dat nie alles met brute krag reggemaak word nie. Party dinge werk eers wanneer jy ophou stoei en begin luister.
Mahatma Gandhi 12.08.2026 17:28
Mahatma Gandhi word danksy sy dapperheid en toewyding tot niegewelddadige verset as van die grootste leiers van die twintigste eeu beskou.
Martin Luther 12.08.2026 6:04
Martin Luther het ʼn geweldige invloed op die moderne kerk gehad; inteendeel, dit was dié Duitse leraar wat in 1517 met die Hervorming begin het.
Voeding 12.08.2026 9:17
Voedsel en voeding is die manier waarop ons hierdie brandstof wat ons liggame van energie voorsien, inneem.
Andries Hendrik Potgieter 12.08.2026 11:40
Die Voortrekker-leier Andries Hendrik Potgieter (gewoonlik net Hendrik Potgieter genoem) is op 19 Desember 1792 in Graaff-Reinet gebore.
Die Sonskynpad – Episode 28 12.08.2026 11:02
In die stilte ná die storm probeer Mila, Tant Ella en Petronel die stukkies weer bymekaarsit – van Saartjie én van hulself. Tussen pleisters en gesprekke word dit egter duidelik: Nie alles wat breek, word weer dieselfde nie. Jy kan regmaak, maar jy kan nie altyd teruggaan nie.
‘Nie almal verstaan outisme’ 11.08.2026 28:33
In die derde episode van dié podsendingreeks verduidelik die Müllers hoe die samelewing steeds kinders met outisme misverstaan en deel raad met ouers wat wonder of hul kinders op die spektrum is of nie.
Die Sonskynpad – Episode 27 11.08.2026 11:11
Langs ʼn warm Karoo-pad staan Mila en Jano en wag vir ʼn saamrygeleentheid met tyd om te dink oor keuses, mense en dit wat bly. Maar wanneer hulle by Saartjie uitkom, is niks meer dieselfde nie, en iemand anders se foute het duidelike merke gelaat. Party skade tref nie jou hande nie, maar wel jou hart.
Die Sonskynpad – Episode 26 10.08.2026 11:03
Met koeëls wat vlieg en paniek wat oorneem, lyk dit of alles uitmekaar gaan val. Maar wanneer Petronel uiteindelik haar stem vind, verander die hele spel, en geweld maak plek vir iets onverwags. Die hardste stem is nie altyd die een wat skree nie, maar die een wat kies om te keer.
SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders 07.08.2026 16:43
ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees. Maroela Media
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet