RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Kompas: Wat sê jy vir jou jonger self? 07.08.2026 20:48
7 Augustus 2026: As jy ‘n brief aan jou jonger self kon skryf, wat sou jy skryf? In hierdie Vrouedag-uitgawe, hoor ons wat ‘n paar meisies aan hulle jonger self sou skryf.
Kompas: Kandidaatnominasies 06.08.2026 18:27
Ellsforth Booyse van die OVK bespreek die vereistes om as proporsionele verteenwoordiging-kandidate in die munisipale verkiesing te staan.
Kompas: Poësie hoef nie vir matrieks kopseer te wees nie 05.08.2026 25:01
5 Augustus 2026: Poësie kan snaaks wees, dit kan musiek hê, en ja, dit kan selfs gerap word! Lefra Produksies bied twee poësieprogramme vir matrieks aan: VERSKUNS vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en VERSE IN MY INBOKS vir Afrikaans Huistaal. Aan die stuur is die akteur Phillru van Achterbergh, wat leerders op ’n vars, toeganklike en lekker manier deur hulle voorgeskrewe poësie help.
Kompas: Hersiening - Fisika 04.08.2026 21:32
4 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Fisika.
Kompas: Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskolleges 03.08.2026 24:13
3 Augustus 2026: Wat is ‘n Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskollege, en hoe verskil dit van ‘n tradisionele universiteit? TVET-kolleges en TVET-kwalifikasies maak deure oop vir indiensneming, entrepreneurskap en verdere studies.
Kompas: Herwinningsinitiatief by kusskole 31.07.2026 23:51
31 Julie 2026: Hoe kan ‘n groot vis help om die omgewing te beskerm? Barrie Ferreira vind meer uit van ‘n herwinningsinitiatief by skole in Suid-Afrika se kusgebiede.
Kompas: Dis belangrik om as kieser te registreer 30.07.2026 18:41
30 Julie 2026: Ons kyk verder na die belangrikheid daarvan om as kieser te registreer.
Kompas: Eenvoudige testikulêre ondersoek kan groot verskil maak 29.07.2026 22:54
29 Julie 2026: Torsten Koehler, ’n testikulêre kanker-oorlewende, is die stigter van Love Your Nuts, ’n organisasie wat mense op ’n toeganklike manier oor kanker bewus maak. Hy herinner ons dat ’n eenvoudige maandelikse ondersoek — en die moed om dokter toe te gaan as iets verander — ’n groot verskil kan maak.
Kompas: Skrywer Anmari do Carmo 28.07.2026 24:07
28 Julie 2026: Die skrywer, Anmari do Carmo, vertel waar die inspirasie vir haar derde boek vandaan gekom het, hoe haar skryfproses lyk, en watter boodskap sy aan jongmense wil oordra.
Kompas: Doen bestyds aansoek vir naskoolse onderrig 27.07.2026 24:12
27 Julie 2026: Om vroeg aansoek te doen vir naskoolse onderrig is noodsaaklik om teleurstelling te vermy. Barrie Ferreira vind uit waarom dit belangrik is om aansoek te doen voor dit te laat is.
Kompas: Jongmense en skaak 24.07.2026 22:45
24 Julie 2026: Is skaak ‘n irrelevante speletjie, of het dit nog plek in jongmense se lewe? Barrie Ferreira het gaan uitvind in die week waarin ons Wêreld Skaakdag vier.
Kompas: Registreer as kieser 23.07.2026 19:12
23 Julie 2026: Ons kyk na die belangrikheid daarvan om as kieser te registreer.
Kompas: Dis nie te laat om jou drome te jaag nie 22.07.2026 22:20
22 Julie 2026: Enrico de Bruin se storie laat jou besef dis nooit te laat om jou drome na te jaag nie. Dié inhoudskepper op sosiale media het die klaskamer verruil vir die gange van ‘n hospitaal. Ons hoor wat die beweegrede agter dié besluit was.
Kompas: Pronk Podium-tienertoneel 21.07.2026 23:56
21 Julie 2026: Pronk Podium het tien jaar gelede as ‘n tienertoneelprogram begin, en spog vandag met vyf verskillende afdelings. David Brink en Nadia Beukes gesels oor Pronk Podium se eindronde in September, deel wenke uit ‘n beoordelaar se perspektief, en vier tienertoneel en -kuns in al sy glorie.
Kompas: Digitale vaardighede in die werksplek 20.07.2026 24:46
20 Julie 2026: Digitale vaardighede is ‘n noodsaaklike deel van die moderne werksplek. Barrie Ferreira vind uit watter vaardighede werkgewers soek.
Kompas: B IS VIR BOELIE-projek 17.07.2026 22:43
17 Julie 2026: Boeliegedrag bly ‘n baie groot probleem in Suid-Afrikaanse skole. Hoe gaan ‘n mens te werke om dit aan te pak? Barrie Ferreira vind meer uit oor die B IS VIR BOELIE-projek wat hierdie probleem probeer bekamp.
Kompas: Wat die vinnigste manier is om oor ‘n liefdesterleurstelling te kom? 16.07.2026 22:06
16 Julie 2026: Kompas-luisteraars deel hulle ondervindings van verlief wees, verlore voel, liefdesdriehoeke en alles tussen in. Die liefde is die taal wat almal kan praat, maak nie saak hoe oud jy is nie.
Kompas: ‘n Loopbaan in die mediese veld 15.07.2026 25:01
15 Julie 2026: Ons gesels met dr. Gerald Maarman oor sy loopbaan in die mediese veld. Hy gee raad aan studente wat daarvan droom om eendag in ’n mediese veld te spesialiseer.
Kompas: Leer slimmer, nie harder nie 14.07.2026 20:33
14 Julie 2026: Zani van Jacaranda Learning is passievol oor opvoeding, en help jongmense nie net om akademies beter te presteer nie, maar ook om te verstaan hóé hulle die beste leer. Ons praat oor leerstyle, studietegnieke, ekstra klasse, opvoedkundige sielkunde en hoe om studies te balanseer met alles anders wat die lewe van ons vra.
Kompas: Die waarde van vrywilligerswerk 13.07.2026 21:42
13 Julie 2026: Vrywilligerswerk bied ‘n wye verskeidenheid voordele aan jongmense. Dit kan ‘n CV versterk want dit demonstreer inisiatief, toewyding, verantwoordelikheid en ‘n gewilligheid om te leer.
Kompas: Chris Steyn se Ysterman-ervaring 10.07.2026 24:13
10 Julie 2026: Wat het uithouvermoë en ‘n ou Kinderbybelliedjie met mekaar te doen? Barrie Ferreira vind uit wanneer hy met die sanger, Chris Steyn, gesels oor sy ervaringe tydens ’n Ysterman-kompetisie waaraan hy deelgeneem het.
Kompas: Projek 111 09.07.2026 21:23
9 Julie 2026: Michelle Seeber van MBS Global Education, vertel Projek 111. Dis ’n reis van 111-dae deur Suid-Afrika wat op 1 September 2026 begin, waartydens al nege provinsies besoek word om jongmense te inspireer, gemeenskapsprojekte aan te pak, geleenthede vir internasionale werk en studie bekend te stel, en die unieke stories van Suid-Afrikaners met die land te deel.
Kompas: Die winter en jou lyf 08.07.2026 24:46
8 Julie 2026: Dis winter, en skielik klink pap, bredie en warm gebakte brood soos die beste idee ooit. Die dae is korter, die bed is warmer, en daai kombers voel baie beter as gimskoene. Wat doen die winter aan jongmense se gesondheid, eetgewoontes en oefenroetine? Ons gesels met ‘n dieetkundige oor hoe om trooskos en gesonde eet reg te balanseer. En ’n oefenafrigter deel praktiese wenke om gemoti...
Kompas: Minikrieket-spelers oefen saam met Proteas 07.07.2026 20:23
7 Julie 2026: Hazel Janse van Rensburg hoor by twee minikrieket-spelers hoe dit was om deel van ‘n veldtog te wees waar hulle saam met professionele Protea-krieketspelers kon oefen. Dit het selfs ysbaddens by die Wanderers-stadion ingesluit!
Kompas: Maak die beste van jou skoolvakansie 06.07.2026 21:45
6 Julie 2026: Is die skoolvakansie ‘n tyd om net terug te sit, niks te doen en jou duime te rol? Of moet dit jy dit produktief benut, en nuwe vaardighede te ontwikkel? Ons het ’n paar idees oor hoe jy die beste van jou skoolvakansie kan maak.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet