RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Education

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

16. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Kompas 18 Julie 2025 18.07.2025

Barrie Ferreira kyk na die impak van vaderloosheid op jongmense.

Kompas 17 Julie 2025 17.07.2025

Adriaan Havenga en Janco Nel gesels oor hulle gedagteprikkelende verhoogproduksie, Om skoon te wees, en oor die sterk temas wat jong gehore laat nadink.

Kompas 16 Julie 2025 16.07.2025

In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou sluit ons die reeks af met wat Lewenswetenskappe en Geografie as keusevakke behels van Graad 10 tot 12.

Kompas 15 Julie 2025 15.07.2025

Gian-Quen Isaacs is Suid-Afrika se ysprinses! Sy was die enigste figuurskaatser wat Afrika by die Vier Kontinente Kampioenskappe verteenwoordig het. Sy vertel hoe sy hierdie druk op só 'n jong ouderdom hanteer.

Kompas 14 Julie 2025 14.07.2025

Hommeltuigkenner Lyverne Prinsloo leer vir Chloè van Rooyen meer oor hommeltuie, wat die werksgeleenthede in hierdie veld is, en hoekom dit 'n loopbaan is wat skoliere moet oorweeg.

Kompas 11 Julie 2025 11.07.2025

In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou bespreek ons wat Wiskunde, Wiskunde Gelettertheid en Fisiese Wetenskap as keusevakke behels van Graad 10 tot 12.

Kompas 10 Julie 2025 10.07.2025

Karkoop is nie perdekoop nie! Gys Pitzer, ‘n motorhandelaar, help jongmense om die slaggate te vermy.

Kompas 9 Julie 2025 09.07.2025

In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou bespreek ons wat Geskiedenis en Rekeningkunde as ‘n keusevak behels van Graad 10 tot 12.

Kompas 8 Julie 2025 08.07.2025

Ons vier Wêreld Sjokoladedag met iemand wat sjokoladeprobleme vir ‘n lewe oplos. Haar naam is Minette Smith, en sy is ‘n trots Suid-Afrikaanse kok wat vir die afgelope drie jaar in België werk.

Kompas 7 Julie 2025 07.07.2025

Alicia Willemse het haar debuut vir die Vroue Springbokspan sowel as die Sewes-span vroeër vanjaar gemaak. Om die groen en goud te dra is 'n droom wat waar geword het, maar dit het nie maklik in haar skoot geval nie. Jare se opoffering en harde werk het gesorg dat sy vandag haar land kan verteenwoordig.

Kompas 4 Julie 2025 04.07.2025

In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou vind ons uit wat Ekonomie en Besigheidstudies as ‘n keusevak behels van Graad 10 tot 12.

Kompas 3 Julie 2025 03.07.2025

Reginald Hufkie, beter bekend as Reggie Peace, gesels oor sy boek, Vredemaker, en hoe mens die innerlike werk doen om te genees en te verbeter.

Kompas 2 Julie 2025 02.07.2025

Ons skop ons Graad 9-vakkeuseskou af deur uit te vind wat Drama, IT en RTT behels as ‘n keusevak van Graad 10 tot 12.

Kompas 1 Julie 2025 01.07.2025

Professor Christie Dorfling van die Universiteit Stellenbosch vertel wat chemiese ingenieurswese behels.

Kompas 30 Junie 2025 30.06.2025

Mnr. Suid-Afrika, Marcel Roux, en sy vrou, Simonè, kuier by Chloè van Rooyen. Vir dié twee is jeugontwikkeling uiters belangrik, en een van hulle grootste fokuspunte. Marcel vertel van Truly Able, 'n liefdadigheidsinisiatief, wat vlerke gekry het uit die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie.

Kompas 27 Junie 2025 27.06.2025

Het jy geweet dat selfmoord die vierdie grootste oorsaak is van dood onder jong mans tussen die ouderdom van 15 en 24? Barrie Ferreira kyk na die geestestoestand van jong mans in Suid-Afrika.

Kompas 26 Junie 2025 26.06.2025

Ons doen hersiening van Musiek Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Trudi van Wyk.

Kompas 25 Junie 2025 25.06.2025

Is die aarde te klein vir jou? Is die heelal iets wat jou prikkel? Ons praat met ‘n dosent oor beroepe wat met die ruimte te doen het.

Kompas 24 Junie 2025 24.06.2025

Leer jy hard, of leer jy slim? Juffrou Melanie vertel hoe ons breindominansie effektief kan gebruik en ‘n geïntegreerde, heelbreinbenadering kan bereik.

Kompas 23 Junie 2025 23.06.2025

Chloè van Rooyen vind meer uit van bemarkingbestuur as 'n studierigting. Sy hoor wat die toelatingsvereistes is, hoekom dit 'n goeie opsie is vir voornemende studente, en hoe die werksgeleenthede lyk.

Kompas 20 Junie 2025 20.06.2025

Is jy ‘n hoërskoolleerder wat nie te goed gedoen het in die Junie-eksamen nie? Wat van winterskool as ‘n manier om jou akademies te ondersteun?

Kompas 19 Junie 2025 19.06.2025

Annalize Thiart, ‘n entrepreneur wat haar passie in ‘n suksesvolle besigheid verander het, leer jongmense om te brei en hekel.

Kompas 18 Junie 2025 18.06.2025

Barrie Ferreira gesels met twee leerders wat aan ongewone sportsoorte deelneem.

Kompas 17 Junie 2025 17.06.2025

Forensiese ontleder Jason Jordaan leer jongmense om hulleself in die kuberruim te beskerm.

Kompas 16 Junie 2025 16.06.2025

Afrigter Ashley Louw het besef dat die sportstruktuur in Upington nie baie sterk is nie, en het die behoefte gesien vir ʼn rugbyklub vir jong manne. Die klub het 'n enorme impak gehad op en van die veld af. En, in die Cederbergstreek word kunstenaars tydens Jeugmaand bemagtig deur werkswinkels en loopbaanuitstallings.

Höre den Podcast Kompas in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet