RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Kompas 31 Oktober 2025 31.10.2025 23:40
Wat is die ekonomie? Ons vind uit wat dit allles behels, en hoe ’n loopbaan in hierdie rigting lyk.
Kompas 30 Oktober 2025 30.10.2025 19:39
Nelius du Preez van PinkDrive vertel hoe jongmense betrokke kan raak om Borskanker-bewusmakingsmaand te ondersteun.
Kompas 29 Oktober 2025 29.10.2025 22:21
Barrie Ferreira vind uit hoe jy ‘n beroep as ‘n butler kan volg, en hoe om ‘n goeie kelner te wees.
Kompas 28 Oktober 2025 28.10.2025 20:44
’n Tandarts praat oor die krag van ‘n glimlag en goeie mondhigiëne, om Wêreld Glimlagdag te vier.
Kompas 27 Oktober 2025 27.10.2025 25:45
‘n Opvoedkundige sielkundige gee praktiese raad oor hoe om stres te bestuur tydens die eksamen.
Kompas 24 Oktober 2025 24.10.2025 24:31
Is jy ‘n akademiese uitblinker? Het jy dit al ooit oorweeg om aan ’n olimpiade deel te neem?
Kompas 23 Oktober 2025 23.10.2025 23:56
Moreen Coetzee, ‘n dosent verbonde aan die fakulteit opvoedkunde by Akademia, hersien Fisiese Wetenskappe se Chemie-vraestel vir die matriekeksamen.
Kompas 22 Oktober 2025 22.10.2025 24:14
Barrie Ferreira praat met ’n kampioen-ysswemmer, en vind ook uit hoe jy ‘n kans kan staan om na Antarktika toe te gaan.
Kompas 21 Oktober 2025 21.10.2025 20:25
Juffrou Emma Wieman van Paul Roos Gimnasium hersien Afrikaans Huistaal Vraestel 2 vir die matriekeksamen.
Kompas 20 Oktober 2025 20.10.2025 25:17
Hoe kan jy KI gebruik as deel van jou studie-arsenaal? Ons hoor ook van Afrikaans.com se nuwe KI-platform.
Kompas 17 Oktober 2025 17.10.2025 22:34
Hoe lyk ‘n loopbaan in spraakterapie? Leer jy mense maar net praat, of is daar meer tot hierdie beroep?
Kompas 16 Oktober 2025 16.10.2025 22:26
Juffrou Annuscke Steyn, Departementshoof van Landbou en Lewenswetenskappe by Bothaville Hoërskool, hersien Landboubestuurspraktyk vir die matriekeksamen.
Kompas 15 Oktober 2025 15.10.2025 24:55
Daar is ‘n skool in Bloemfontein wat hulle eie pouse-potgooi vervaardig met hulle leerders.
Kompas 14 Oktober 2025 14.10.2025 23:50
Juffrou Clemizia Cupido, Ekonomie-vakadviseur vir die Eden en Sentraal Karoo Distrik, hersien Ekonomie vir die matriekeksamen.
Kompas 13 Oktober 2025 13.10.2025 24:05
Chloè van Rooyen gesels met ‘n 21 jarige aanbieder, filmmaker en akteur. Toe hy sy ma verloor, en boonop matriek druip, het baie mense gedink dis die einde van Joshua Uren se storie. Met deursettingsvermoë en baie gebede is Joshua besig om naam te maak, en sy toekoms by die horings te pak.
Kompas 10 Oktober 2025 10.10.2025 23:04
Om aktief na musiek te luister, kan ‘n doeltreffende manier wees om jou geestesgesondheid positief te beïnvloed.
Kompas 9 Oktober 2025 09.10.2025 20:10
Mnr. Jean Goliath hersien Lewenswetenskappe vir die matriekeksamen.
Kompas 8 Oktober 2025 08.10.2025 22:45
Is daar genoeg geleenthede vir jong Afrikaanse musikante om hulle talente ten toon te stel? Ons praat hieroor met die organiseerders van die Rockspaaider Herleef-kompetisie.
Kompas 7 Oktober 2025 07.10.2025 21:30
Marlene Prinsloo, vakadviseur by die Metro-Noord Onderwysdistrik, hersien Geografie vir die matriekeksamen.
Kompas 6 Oktober 2025 06.10.2025 24:20
Chloè van Rooyen gesels met die ATKV-debatwenners. Dié raakpraters en blitsdinkers gee wenke vir hoe om jou debatsvaardighede op te skerp. en jou woordeskat aan te vul.
Kompas 3 Oktober 2025 03.10.2025 21:46
Ons gesels met ‘n voormalige wenner van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie.
Kompas 2 Oktober 2025 02.10.2025 20:23
Meneer Freddie Mouton van Paul Roos Gimnasium hersien Afrikaans Huistaal Vraestel 1 vir die matriekeksamen.
Kompas 1 Oktober 2025 01.10.2025 24:01
Het jy ‘n liefde vir diere, en ‘n begeerte om ‘n veearts te word? Ons vind uit wat dit verg om veeartsenykunde te studeer.
Kompas 30 September 2025 30.09.2025 23:04
Moreen Coetzee van die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia hersien Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 vir die matriekeksamen.
Kompas 29 September 2025 29.09.2025 24:42
Minnette van der Walt, wat die dokkies, DEVILSDORP en TRACKING THABO BESTER, vervaardig het, vertel hoe ware misdaadinhoud ons denke beïnvloed, en hoekom dit meer is as net vermaak.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet