Memoire Books l Guided Journals

Jou Memoires

Education AF ↓ 9 Folgen

Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale.💌 Onthou. Genees. Verbind.✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TVwww.memoirebooks.co.za

Autor

Memoire Books l Guided Journals

Kategorie

Education

Podcast-Website

memoirebooks.co.za

Neueste Folge

20. Mai 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android 5 Mio.+ Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Army stories: Adjudant-offisier 1ste Klas (afgetree) Paul J. Els 20.05.2026

Paul het al 31 boeke gepubliseer en istussentyd besig met sy eie memoires, wat die bos-oorlog insluit. Dit is hierdie memoires wat my veral interesseer. Sy boeke kan bestel word by: Groep 7 Drukkers: epos@groep7.co.za I082 449 0574 I www.groep7-selfpublish-books.co.za Kontak Paul direk: paul@who-els.co.za I066 344 4154 I https://paul.who-els.co.za  Paul is ’n afstammeling van Boere-generaal Louis...

Memoire Skrywer: Juliana Coetzer 17.04.2026

Soms leef ’n mens ’n hele lewe… sonder om dit ooit werklik neer te skryf. Stories bly vasgevang in geheue       in stiltes in dit wat ons kies om te onthou en dit wat ons probeer vergeet. Maar wat gebeur wanneer ons begin skryf? Wanneer ons die moed het om woorde te gee aan dit wat ons gevorm het — die mooi die seer die onverstaanbare? Vandag gesels ons oor memoire-skryf nie net as ’n manier om te...

My pa se vloot stories 26.03.2026

Hierdie is 'n meer persoonlike episode. My pa; Stef van Rooy; hou nie van skryf nie en stuur elke week 'n storie via whatsapp se voicenote. Ek laai hierdie stories dan op 'n USB stokkie en hou dit veilig in my memoire boek se boeksakkie. Mag dit vir jou idees gee van hoe maklik dit regtig kan wees om jou storie te vertel (of skryf, ek verkies steeds skryf).

Michele van Loggerenberg - Dignity Therapy 05.03.2026

Waardigheidsterapie - Dignity Therapy Michele van Loggerenberg, ‘n vryskut teksredigeerder en proefleser, staan persone in palliatiewe sorg by deur waardigheidsterapie (dignity therapy). Dit behels ‘n gesprek van ongeveer twee ure, die transkribering van die opname en na die dood van die persoon, die oorgee van die voltooide memoire in boek-formaat aan die familie. Sy het verskeie kursusse in waar...

Army stories: Dr Roelf Schoeman 02.02.2026

Dr Roelf Schoeman, Pastorale- enTraumaberader, Narratiewe terapeut, voormalige lid van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. PhD, Praktiese Teologie (Universiteit van Pretoria) Bestel sy boek hier: Weermagstories deur Roelf Schoeman

Dr Nelia Drenth: Routerapie deur jou storie 14.01.2026

Nelia Drenth het Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen bekend as RAU) (BA Maatskaplike Werk), die Universiteit van Pretoria (MA Mediese Maatskaplike Werk) en die Noordwes-Universiteit (PhD) studeer. Die titel van haar PhD-proefskrif is: Gekompliseerde rou in die Suid-Afrikaanse konteks – ’n terapeutiese intervensieprogram. Nelia het ’n besondere belangstelling daarin om...

Memoire skrywer: Zarine Roodt 05.01.2026

Zarine Roodt het haar meestersgraad in Spelterapie voltooi, en haar verhandeling is getiteld: ‘Writing in Therapy’. https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/2445 In hierdie studie het sy haar toegespits op die terapeutiese waarde van skryfwerk. Dit is iets wat haar baie na aan die hart lê, en sy pas dit steeds self toe; daarby dra sy dit ook oor tydens haar werksessies en retreats. Zarine het twee mem...

Army stories: Albertus (Spir) & Elke Venter 09.12.2025

In sy boek 'Venter en sy ranglose trawante hou die PF's besig' skryf Albertus die volgende: Soos wat 'n mens ouer word is jou kop somtyds geneig om op ver paaie terug te loop. Hartseer en harde paaie wat vol dorings is maar ook die gappige en goeie paaie wat jy leer stap het met jou Army broers. Broers wat jy nooit sal vergeet nie. Opregte kamerade! Vroeg het ek gevoel om nie te sk...

Army stories: Generaal-Majoor (Afgetree) Roland en Dr Henriëtte de Vries 06.12.2025

Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul ‘Can Do attitude’. No-can-do En dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor – met soveel ‘NO CAN DO’ redes vorendag kom. Generaal de Vries In hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waard...

Höre den Podcast Jou Memoires in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet