RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 Folgen

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Science

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Hoe verklaar jy dit? 27.07.2019

Hoe gemaak met kransduiwe wat jou eiendom vir nesmaak gebruik? Hoe lank leef duiwe, en kan hulle ruik? Kan troetel-insekte 'n band met hulle eienaars vorm? Wat is die biologiese prosesse wat betrekking het op die vorm van dorings?

Hoe verklaar jy dit? 21.07.2019

Watter insek is die kampioen van pynlike byte en steke? Hoe kry diere soos ape en bobbejane wat op hakkies-grensdrade sit, dan nooit seer nie? Ons gesels oor die verouderde term: Idioot-savant. En, hoe kan ons dink sonder woorde?

Hoe verklaar jy dit? 13.07.2019

Kan diere van geslag verander? Onder watter omstandighede vind dit plaas en hoe wyd verspreid is dit? Kan 'n mens 'n renosterhoring vervang met ander diere se horings? Hoekom 'n passasiersvliegtuig bou met toiletvensters en dan word dit nooit oopgemaak nie? Wat is bokhorinkies?

Hoe verklaar jy dit? 06.07.2019

Kan 'n mens regtig 200 jaar oud word? Is daar rede om paniekbevange te raak oor die Asiatiese kewertjie; en ons vertel jou meer oor die slym-prik, alombekend as die snotvis.

Hoe verklaar jy dit? 29.06.2019

Is masels deesdae meer gevaarlik as jou kind dit opdoen of nie? Ons vertel jou meer oor slakpeste in jou tuin en oor die kombuismeelkewertjie. En is seeslange nou giftig of nie? Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton gee antwoorde.

Hoe verklaar jy dit? 22.06.2019

Wil jy meer weet oor Downs se Sindroom? Hoekom bondel duisendpote soms saam op 'n boomtak, en wat is die sogenaamde Asiatiese baskewertjie wat blykbaar 'n wesenlike bedreiging vir bome in ons land inhou? Met Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton.

Hoe verklaar jy dit? 16.06.2019

Die span kenners praat oor die ontstaan van die aarde; of seeslange hul eiers op land kom lê; en oor eendagsvlieë en hoekom jy nie 'n vlieg gedood sal kry as jy hom natspuit met skoon water nie.

Hoe verklaar jy dit? 08.06.2019

Is kreasionisme 'n lewensvatbare manier om die Bybel te interpreteer? Hoe werk Google nou eintlik? Wil jy meer weet oor die ineenstorting van biodiversiteit op aarde?

Hoe verklaar jy dit? 01.06.2019

Wat veroorsaak die onaangename prikkel-sensasies wat jy ervaar as jy aan byvoorbeeld deurhandvatsels raak? Hoe het evolusie voorsien dat die slang met gif toegerus moes word? Wat word van al die insekste wat nie deur vlermuise, miere of voëls geëet word nie?

Hoe verklaar jy dit? 25.05.2019

Paar platannas binne of buite die water? Kan diere soet en suur proe? Mag natuurliefhebbers ontslae raak van afval in die natuur?

Hoe verklaar jy dit? 18.05.2019

Herhaling van vorige week se program weens probleme met uitsending: Al gehoor van skuimnespaddas? Wat is die aard van die wedergeboorte? Waarom is daar geen oorgange tussen ape en mense nie?

Hoe verklaar jy dit? 11.05.2019

Al gehoor van skuimnespaddas? Wat is die aard van die wedergeboorte? Waarom is daar geen oorgange tussen ape en mense nie?

Hoe verklaar jy dit? 04.05.2019

Watter diere kan van geslag verander en in watter toestande? Is daar tekens in Suid-Afrika van die iridiumryke kleilagie te sien? Kom daar bergskilpaaie in die Boland voor?

Hoe verklaar jy dit? 27.04.2019

Hoekom swem goudvisse soms onderstebo? Hoe is plante droogtebestand? Hoekom verkrummel sekere bakstene soms? Boots diere mekaar soms na?

Hoe verklaar jy dit? 20.04.2019

Wag skilpaaie vir reën voor hulle eiers lê? Hoekom is daar soveel mooi in die natuur? En hoekom is daar weerstandige kieme in hospitale?

Hoe verklaar jy dit? 13.04.2019

Hoekom staan sekere voëls en slaap op een been? Hoe kry haelkorrels hulle vorm? Hoekom blaf 'n hond wanneer mense kom kuier? Hoekom skuur 'n kat teen jou been of pur en miaauw hy?

Hoe verklaar jy dit? 06.04.2019

Hoekom is jou hond soe danig met jou gaste se bene? Moet ons op ons hoede wees vir planeet Nibiru? Is daai toiletpapier-etery regtig goed vir jou kat? En is dit regtig moontlik dat mense in Bybelse tye werklik so oud kon word?

Hoe verklaar jy dit? 30.03.2019

Wil jy meer weet oor vliegkolle? Weet jy hoekom honde daar ruik as hulle ander honde ontmoet?

Hoe verklaar jy dit? 23.03.2019

Wat is daardie kleurvolle insekte wat in die Bela-Bela omgewing gevind is? Is dit vlieë, motte of brommers? Hoe klink die roep van die reenvoëltjie van Groot Marico en maak hy nes? Steek daar waarheid in beelde en vertellings van diere wat 'n knertsie vat?

Hoe verklaar jy dit? 16.03.2019

Hoe werk die wet van die behoud van energie? Hoekom is die grasuiltjie vir sommige mense so mooi? Hoe lank kan voetspore behoue bly in die sand of sneeu?

Hoe verklaar jy dit? 09.03.2019

Wat is daardie eienaardige verskynsel op 'n luisteraar se grasperk? Hoekom het haaitande wat in Bathurst in die Oos-Kaap gevind is, behoue gebly en nie verdwyn nie? As jy oor die see uitkyk, kan jy sien of die aarde rond is?

Hoe verklaar jy dit? 23.02.2019

Wat veroorsaak dat die see in Valsbaai soms donkerblou strepe vertoon? Het 'n mens werklik spesiale, duur grond nodig om dagga in te kweek? Wat het die goue era van die dinosouriërs beëindig? En wat veroorsaak dat 'n mens wolke met 'n plat basis tussen Strydenburg en Hopetown waarneem?

Hoe verklaar jy dit? 16.02.2019

Kan weerkundiges donderweer voorspel? Hoe raak 'n mens ontslae van swamme wat oornag in jou potplante se potte opkom? Wat kan 'n mens aflei uit die feit dat daar onlangs klipwerktuie in die Engelse kanaal opgegrawe is? Hoe het die San dit reggekry om gate deur klippe te boor? Hoekom skuif die magnetiese noordpool voortdurend, en watter invloed het dit op navigasie-toestelle soos GPS?

Hoe verklaar jy dit? 10.02.2019

Hoekom smelt botter in 'n mikrogolfoond van die middel af, en hoe kry 'n muggie dit reg om die sessie in die oond te oorleef? Wat veroorsaak 'n wit pitagtige voorwerp in 'n papaja? En hoe is die gate in klippe op Herzlia-strand in Israel gevorm?

Hoe verklaar jy dit? 10.02.2019

Hoekom smelt botter in 'n mikrogolfoond van die middel af, en hoe kry 'n muggie dit reg om die sessie in die oond te oorleef? Wat veroorsaak 'n wit pitagtige voorwerp in 'n papaja? En hoe is die gate in klippe op Herzlia-strand in Israel gevorm?

Höre den Podcast Hoe verklaar jy dit? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet