RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 Folgen

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Science

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Hoe verklaar jy dit? 19 Januarie 2020 18.01.2020

Het jy geweet 'n kameelperd kan in alle rigtings skop, kragtig genoeg om Oom Leeu dood te skop of selfs te onthoof as hy regtig wil? Hoe eet 'n kameelperd dorings sonder dat sy tong iets oorkom? Studies het getoon dat van die 200 000 rooivalke wat bering is sedert 1948, is net 3 ringe teruggekry. En van Dave se 550 rooivalke wat bering is, is een teruggekry. Sal 'n wyfie van Moskou na Suid-Afrika...

Hoe verklaar jy dit? 12 Januarie 2020 11.01.2020

Is daar lewe, soos ons dit ken, in die buitenste ruim? Hoe kry jy jou hande op brekfis-heuning sonder om die byekorf oop te maak? Ons gesels oor 'n oulike kontrêpsie wat 'n luisteraar daaroor ingestuur het.

Hoe verklaar jy dit? 5 Januarie 2020 04.01.2020

As 'n perdevlieg op jou harige vel kom sit, voel jy niks tot na hy jou gebyt het nie. Hoe is dit dan dat jy dadelik 'n huisvlieg voel? Het jy geweet dat 'n naaldekoker se oë oor tot 28,000 fassette beskik, en dat die insek se vier vlerke onafhanklik van mekaar beweeg? Hoe is dit moontlik dat die oseane se vlak met selfs een meter sal kan styg as die ys op die pole smelt. Hoeveel kubieke kilometer...

Hoe verklaar jy dit? 28.12.2019

Hoe werk die weerkaatsing van stemklank as jy in die middel van 'n sirkel staan, wat uitgelê is met klip, met net klipbankies en bossies rondom jou? Wat is die wetenskaplike verklaring daavoor? Al gehoor van visvangspinnekoppe, en kan spinnekoppe water drink? Het jy geweet as jy 'n insekdoder koop vir vlooie kan jy dit nie noodwendig op ander kruipende insekte gebruik nie?

Hoe verklaar jy dit? 21.12.2019

Wanneer is 'n klein knaagdier 'n muis, en wanneer 'n rot? Kry 'n mens rotgrootte-muise of muisgrootte-rotte? Hoekom ry ons nie fiets om brandstof te bespaar nie? Watter nuwe ontdekkings is daar na dese in die paleontologie? Watter belangrike fossielfondse is gekry?

Hoe verklaar jy dit? 14.12.2019

Al gewonder hoekom ons griep en verkoue kry? Wat is die verskil tussen die twee? En wat het kamele met dit als uit te waai? Hoekom is honde en katte se kleintjies by geboorte so hulpeloos teenoor die van beeste en skape wat by geboorte alreeds kan loop. Bestaan daar argeologiese bewyse dat Moses wel geleef het?

Hoe verklaar jy dit? 07.12.2019

Hoekom voel dit dae ná 'n baie lang vlug, of jy nog in die vliegtuig is en so effe van balans af is? Het dit iets te doen met jou ore of jou brein? Stem die biologie saam dat pedofilie nie as 'n seksuele orientasie soos homoseksualiteit beskou kan word nie? Het die kliplewende vorme aanpassings ondergaan wat hulle tot klippe beperk? En is daar ook ander diere wat uitsluitlik tussen klippe lewe?

Hoe verklaar jy dit? 30.11.2019

Weet jy wat 'n analemma is? Hoekom vreet motjies so lekker aan jou sierstene? Wat het die sweet op 'n troepie se arm met 'n nag-vlieënde mot te doen? En, hoe kry 'n kameel dit reg om 'n boom vol dorings te vreet sonder om iets oor te kom?

Hoe verklaar jy dit? 23.11.2019

Wanneer jy van Johannesburg na Sydney vlieg, hoekom voel dit of jy inderwaarheid eers Antartika toe vlieg? En wat het die wind daarmee te doen? Hoekom werk insekdoders nie op jeukmyte nie? Is dit waar dat witdoodhaaie se getalle net plaaslik afneem?

Hoe verklaar jy dit? 16.11.2019

Ons gesels oor lastige haarskeerderspinnekoppe wat gereeld in jou huis kom kuier, en bied raad oor hoe om van hulle ontslae te raak. Dan word die kwessie van die Asiatiese kewertjie en sy uitwerking op bome herbesoek, en ons bespreek die bewerings dat niemand op die maan geland het nie.

Hoe verklaar jy dit? 09.11.2019

Ons gesels oor 'n klipplaat met duisende kleiner klippies daarin vasgevang, vind meer uit van skerpioene en hoe jy hulle uit jou huis kan hou, en leer meer van die spoor onderaan 'n hoenderhaan se been.

Hoe verklaar jy dit? 02.11.2019

Hoekom wil die meeste mans urineer as hulle die klank van lopende water hoor? Spinnekoppies wat spring - is hulle giftig, en byt hulle? Waarvan leef hulle en hoe lank leef hulle? Dis meer as 2000 jaar ná die Bybelse tyd - wat het in 2,000 jaar verander aan mens en dier?

Hoe verklaar jy dit? 26.10.2019

Kan kwantumfisika regtig gebruik word om roofdiere te beheer? En ons vind meer uit van kontinentale ys, seevlakke en karate, en gesels oor akkedisse in woongebiede.

Hoe verklaar jy dit? 19.10.2019

Eet slakke spinnekoppe? Hoekom het manlike soogdiere tepels? Indien dit waar is dat 'n saunasessie onsuiwerhede uit jou bloed verwyder, word nutriënte in jou bloed ook dan verwyder deur die sweetproses? En help sweet dus om van afvalstowwe ontslae te raak?

Hoe verklaar jy dit? 12.10.2019

'n Krap lyk baie soos 'n kreef sonder 'n stert, maar 'n kreef gebruik sy stert om te swem. Kan 'n krap swem? Ons hoor van 'n haarskeerderspinnekop wat lyk of hy vyf paar pote het, en nie vier soos ander spinnekoppe nie. Hoe giftig is reënspinnekoppe, en sal hulle in jou huis nesmaak en broei as jy nie ontslae raak van hulle nie?

Hoe verklaar jy dit? 05.10.2019

Die span gesels oor die baard aan 'n man se gesig en testosteroon; die voorwaartse beweging van 'n outogiro; en beantwoord verskeie vrae oor suurstof.

Hoe verklaar jy dit? 28.09.2019

Ons gesels oor hoe voëltjies dit regkry om te praat, en waarom hulle dit doen. Ons vind meer uit van die afdruk van 'n fossiel in 'n klip, en wonder of dit dalk die vin van 'n vis kan wees. En ons hoor of die vrystelling van gasse soos metaangas en koolsuurgas deur beeste werklik aardverwarming bevorder.

Hoe verklaar jy dit? 21.09.2019

Ons gesels oor Kappertjies wat naby Jakob Regop-blomme groei, wat dieselfde kleurverskynsel toon. Het die kleurpatrone dalk iets met die grond te doen, of is dit geneties? Dan hoor ons meer oor klein ongemaklike insekte in jou huis, en vind uit watter slange die grootste is en die redes daarvoor.

Hoe verklaar jy dit? 14.09.2019

Ons gesels oor waterskilpaaie en of hulle op land of in water ontstaan het. Hout word met sekere chemikalië behandel, en ons vind meer uit oor die veiligheid daarvan vir mense.

Hoe verklaar jy dit? 07.09.2019

Hoekom is die Namakwalandse bloukopkoggelmander so groot in vergelyking met die soort wat in die Vrystaat voorkom? Is dit dalk 'n ander spesie? Ons vind meer uit oor die vertakte patroon op 'n klippie, en vind uit of dit 'n geologiese verskynsel of 'n plantfossiel is. Ons gesels oor evolusie en aanpassing, en vind meer uit oor Tafelberg-sandsteen.

Hoe verklaar jy dit? 31.08.2019

Hoe, of met wat, word die waterverbruik van 'n groot bloekomboom gemeet? Aan die Skedelkus van Namibië lê talle skeepswrakke, party lê baie ver van die huidige waterlyn. Hoe kom hulle daar? Hoekom spoeg eiervreterslange altyd die eierdop uit wanneer hulle klaar 'n eier se binneste verorber het? En hoe weet jy dat dit 'n wyfie- of mannetjieslang is?

Hoe verklaar jy dit? 24.08.2019

Hoe is dit moontlik dat 'n stukkie los mat wat bo-op 'n vloer of op 'n ander mat lê, die geneigdheid het om mettertyd oor die vloer te kruip? Hoe beweeg die wind 'n deur wat byna toe is, heen en weer? Het dit iets te doen met golflengte? En ons hoor meer oor nuwe mariene spesies op die bodem van die oseaanvloer, wat gelei tot groot entoesiasme oor die diepseelewe.

Hoe verklaar jy dit? 17.08.2019

Wat is die oplossing vir voëlpeste? En noudat Amerika weer wil maan of Mars toe, wat is die kanse dat jy daar deur 'n asteroïde getref kan word, siende dat daar minder van 'n atmosfeer is, en 'n kleiner voorwerp dit dus kan oorleef?

Hoe verklaar jy dit? 10.08.2019

Ons kenners gesels oor die ewolusie van voëlvere, en ons vertel jou meer van die roep van 'n blafgeitjie.

Hoe verklaar jy dit? 03.08.2019

Wat is die doel van melktande? Ons gesels ook oor wyfie-skerpioene wat kleintjies abba, en oerskilpaaie wat tande gehad het.

Höre den Podcast Hoe verklaar jy dit? in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet