RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Wat beteken al die datums op vleisverpakking? 10.08.2026 13:01
Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink hoe om die verskillende datums op vleisverpakking te interpreteer.
Dans vir afslag 10.08.2026 1:08
‘n Petrolstasie in die VSA gee mense die geleentheid om te dans, om tot 20% afslag te kry.
Joanie se agterplaas 07.08.2026 8:55
Joanie Combrink vertel vir Johan Rademan van Agterplaaas, die RSG-middagvervolgverhaal waarvan sy die regisseur was.
360 Speseryroete: Kosmites 07.08.2026 4:25
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor historiese kosmites, soos dat nachos Meksikaans is.
Niel vir rolstoele 07.08.2026 3:37
Niel Germishuys van die Living Large Stigting stap van Swakopmund in Namibië na Mouillepunt in Kaapstad om geld in te samel vir rolstoele.
'n Kort partytjie 07.08.2026 1:50
Op vlerksleeptoepassings kry mense langer as 6 voet by verre die meeste aandag. In Engeland word daar nou partytjies vir enkellopendes gehou, maar jy moet korter as 6 voet wees om in te kom.
Marno Meyer se rugby in Hongkong 06.08.2026 7:14
Op 1 Oktober 2027 is dit die opening van die Rugby Wêreldbeker-eindtoernooi in Perth, Australië. Die gasheerland se openingswedstryd is teen Hongkong – China. Johan Rademan gesels met die Direkteur van Rugby by Sandy Bay RFC in Hongkong, oud-Vrystater Marno Meyer, wat ook in die afrigtingspan van die Wêreldbekergroep ingesluit is. Die kanse dat selfs Paul Roos Gimnasium en Paarl Gimnasium ook op d...
Jonk: Anhedonie 06.08.2026 16:58
Dr. Jo-Marie Bothma praat oor anhedonie. Dit is wanneer jy nie meer plesier kry uit dinge wat voorheen vir jou lekker was nie.
Glips van €1miljoen 06.08.2026 2:34
‘n Italianer het sy loteryboodskap verkeerd verstaan. Van sy loterykaartjie is daar gesê: Nie betaalbaar. Dit was egter omdat die bedrag van €1 mijoen te groot vir by die winkel was. Toe gooi hy dit weg. Eindelik is dit uit die vullisvragmotor gered.
Basil en die kerk se leeshoekie 05.08.2026 6:37
Haidee Muller-Isaacs gesels met Basil May, oudrektor van die Wesley Onderwyskollege. Hy is steeds besig, en op een of ander manier betrokke by die jeug en die onderwys. Hy is bekommerd omdat vandag se kinders nie kan lees nie - selfs op sekondêre skool bly dit 'n uitdaging. Haidee vind meer uit oor die nuwe leeshoekie wat hy en 'n gemeentelede by hulle kerk begin het.
Marissa, The Rope Runner 05.08.2026 9:40
Marissa Groenewald vertel van haar vreemde sport. Sy staan bekend as The Rope Runner. Sy spring tou terwyl sy hardloop. Sy het vanjaar haar tweede Comrades só voltooi, en doen dit as ‘n aktivis teen mensehandel.
Polisie in die bos 05.08.2026 1:24
In New Jersey in die VSA het ‘n polisieman hom soos ‘n bos vermom om motorbestuurders op selfone te vang.
Êrens oorsee: Khorixas, Namibië 04.08.2026 10:39
Emmie Bedeker vertel vir Martelize Brink van Khorixas in Namibië waarheen hulle jare gelede as studente getrek het.
Ouma Ella se stories 04.08.2026 8:22
Ouma Elma Bloem van Mosselbaai se kleinkinders het aan haar lippe gehang as sy eers losgetrek het met haar stories. Almal van hulle is nou al groot, maar Ouma Elma vertel steeds die mees fassinerende stories van haar en Mia, haar hondjie, wat sy by die DBV "gered” het, se avonture.
Nieu-Seeland se nuwe amptelike taal 04.08.2026 1:06
Nieu-Seeland het pas sy derde amptelike taal gekry – Engels, wat deur 95% van die bevolking gepraat word. Snaaks genoeg is Engels nie ‘n amptelike taal in Engeland nie.
Wilde diere-rehabilitasiesentrum 03.08.2026 8:10
Dee Vos vertel van haar lewe langs wilde diere, en die Dee Vos vertel van haar lewe langs wilde diere, en die wilde diere-rehabilitasiesentrum by die Wild Rescue-natuurreservaat by Stilbaai. by die Wild Rescue-natuurreservaat by Stilbaai.
In die wêreld van landbou 3 Augustus 2026 03.08.2026 4:56
In hierdie week se landbounuus: Rooivleisbedryfsdienste kondig ’n samewerkingsooreenkoms aan met ‘n Argentynse dieregesondheidsmaatskappy om die bedryf se reaksie op bek-en-klouseer te versterk; Suid-Afrika is op koers om sy grootste kommersiële mielie-oes nóg te lewer; ‘n vroue-veeprodusent van die Noord-Kaap is as die 2026 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur aangewys; en onwettige handel in beskerm...
Hoe moet ek vleis in die winkelyskas kies? 03.08.2026 10:58
Prof. Phillip Strydom verduidelik hoe jy jou vleis in die winkel kies, en of dit waarna jy kyk ’n uitwerking het op die kwaliteit op jou bord.
'n Medalje sonder 'n wen 03.08.2026 1:34
Tarona Taafaki het Tuvalu se eerste Statebondspele-medalje gekry. Sy het ‘n bronsmedalje vir boks, hoewel sy nie ‘n geveg of selfs ‘n rondte in ‘n geveg gewen het nie.
Tienjarige Suid-Arikaner is wêreldkampioen-aktrise 31.07.2026 5:10
Haidee Muller-Isaacs gesels met die tienjarige Mischke Greyvensteyn, wat onlangs in Las Vegas gekroon is as die top junior jong aktrise in die wêreld by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Dis nie 'n sommerso pluimpie nie. Hulle noem dié talentkompetisie immers die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste. Boonop het Mischke opgetree op presies dieselfde verhoog in Las Vegas waar El...
Nuwe nasionale bruinpoeding-kompetisie 31.07.2026 5:52
Die wenner van Kokkedoor Son & See, Dirk van der Westhuizen, vertel vir Martelize Brink hoe hy al oor die vingers getik is oor bruinpoeding, en van ’n nuwe nasionale bruinpoeding-kompetisie.
360 Speseryroete: Bruinpoeding 31.07.2026 10:16
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor die verskeie vorme van bruinpoeding.
Beboet jouself 31.07.2026 1:03
‘n Britse fietsryer het ‘n verkeersoortreding aangemeld met ‘n video. Dit het egter ook gewys hoe hy twee oortredings begaan, waarvoor hy meer as R27 000 beboet is!
Blomme en bokkoms 30.07.2026 7:49
Namakwaland se blomme is vroeg vanjaar, en ‘n fees vir die oog. Die talle toeriste, aan veral die Weskus-Namakwaland, loop hulle soms vas in die skerp geur wat bo die branders en bamboes kan uitsweef - ‘n trossie bokkoms. Johan Rademan het met Heidie Boonzaaier van Lambertsbaai gesels oor dié kultuurhistoriese simbool van die Weskus en Namakwaland.
Jonk: Hoeveel water moet ek drink? 30.07.2026 7:39
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor water, en hoeveel ‘n mens behoort te drink. Dit verskil van mens tot mens.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet