RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Society

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

6. Nov 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,7+ iOS bald

Folgen

Êrens oorsee 24 September 2024 24.09.2024

Helené van Tonder gesels oor die lewe in Delhi, Indië. Die aanslag tot hofmaak is veral heelwat anders as wat op tuisbodem gebeur.

Oom Alfred se Dasjesdrift 24.09.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met oom Alfred Rademan oor die plaas Dasjesdrift, tussen Heidelberg en Witsand.

Speelgoed-heldesaal 24.09.2024

Die Strong Nasionale Museum van Speel in New York het ‘n heldesaal vir speelgoed. Vanjaar se 12 finaliste wat vir die heldesaal genomineer is, sluit My Litte Pony in, maar ook stokperde en ballonne.

Krokodilboerdery in die Paarl – Deel 2 23.09.2024

Kadys Prins gesels oor krokodilboerdery, en waarvoor die verskillende spesies se velle gebruik word.

Gaan op 'n padda-safari saam met Henry 23.09.2024

Jy loop letterlik die beste stories raak, het Mariska Spoormaker agtergekom toe sy op die Chokka Voetslaanroete vir Henry Maarman by die Dune Ridge Country House ontmoet, en hy haar op ‘n padda-safari geneem het.

Osoonverdunning en die weer 23.09.2024

Prof. Francois Engelbrecht praat oor die impak van osoonverdunning op die weerprosesse.

Heeljaar Kersfees 23.09.2024

Jane Malyon van Essex se kersboom staan heel jaar reg, ingeval haar 35 jarige en 40 jarige seuns by die huis opdaag. Daar is altyd ‘n kalkoen in die yskas, en die kerskouse is vol. Sy sê sy besef dis ‘n bietjie eksentriek.

Mostert se meul maal weer 20.09.2024

Andy Selfe vertel van Mostert se meul, die enigste werkende windmeul in Afrika.  Die Vriende van Moster se Meul sorg dat die stene bly maal.

360 Speseryroete - Deel 53 20.09.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sojasous, wat reeds sedert 1662 in Japan gemaak word.

Basil van Stilbaai 20.09.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Basil Koopman, plaasbestuurder van die Oudewerfskloof Olyfplaas op Stilbaai, wat onlangs die Agri-Werker van die Jaar-toekenning losgeslaan het.

Skei en vernietig alles 20.09.2024

In China maak mense op allerhande maniere geld uit egskeiding. Een so ‘n manier is om foto’s, gedruk op duursame bord, en huweliksmemorabilia te vernietig, en die proses op video vas te vang.

Louise se toeganklike kuns 19.09.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels kunstenaar Louise Kluyts op Heidelberg oor watter rol kuns behoort te speel, en hoe sy hand bysit op die dorp sodat kuns in openbare spasies vir almal toeganklik kan wees.

Jonk 19 September 2024 19.09.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor die redes vir haarverlies.

Buurkrag 19.09.2024

‘n Man in Amerika sukkel met ‘n kragrekening wat styg, al doen hy wat. Toe die diensverskaffer gaan kyk wat gebeur, besef hulle hy betaal al 18 jaar lank sy bure se krag.

Swemafrigter Rocco Meiring 18.09.2024

Swemafrigter Rocco Meiring vertel vir Martelize Brink van swem in Suid-Afrika. Verskeie Olimpiese swemmers, onder andere Tatjana Smith, Kaylene Corbett en Erin Gallagher, word deur hom afgerig.

Bloedneus brul nog voort 18.09.2024

Vyf jaar gelede het Mariska Spoormaker in die Kougaberge kennis gemaak met Bloedneus, ’n stokou Isuzu-bakkie wat met drade en genade aanmekaar gesit is. Sy het nie gedink Bloedneus sou vyf jaar later nog loop nie, maar toe vind sy uit dié bielie brul nog vasberade voort.

Wat is allulose? 18.09.2024

Dieetkundige Saskia Zietsman vertel van allulose se plek tussen al die suikervervangers en versoeters.

Lego langer as twee dekades in die neus 18.09.2024

As sesjarige het Andi Norton van Arizona ’n Lego-stukkie in sy neus gedruk. Ná 26 jaar is dié vergete blokkie eindelik uit.

Êrens oorsee 17 September 2024 17.09.2024

Reinhardt van Zyl vertel van die eilandlewe op Mauritius, en hoe hy daar beland het.

Watter slange is die gevaarlikste? 17.09.2024

Dr. Simo Sauer vertel vir Johan Rademan van die vier hoofgroepe waarin slange gegroepeer word, en watter die gevaarlikes is.

Eko-toeganklikheid 17.09.2024

Therina Wentzel praat oor eko-toeganklikheid, soos rolstoeltoeganklike strande en staproetes.

Hoër koffiepryse is 'n stink storie 17.09.2024

Een van die redes vir hoë koffieprys is droogte. Dit veroorsaak dat Viëtnamese boere eerder durian vir die Chinese mark verbou. Dié vrug stink so, dat dit op openbare vervoer verbied word in Thailand, Japan, Singapoer en Hongkong.

Krokodilboerdery in die Paarl - Deel 1 16.09.2024

Kadys Prins gesels oor die wêreld se krokodilspesies, en hoe hy met krokodille boer.

Voetslaan maak skoonma’s vriendinne 16.09.2024

Sy is ’n Oos-Kaapse sakevrou en boervrou wat reeds ure op haar voete deurbring, maar noem net voetslaan in die berge, en Reneè Scheepers is daar. Vanjaar het sy vir die vyfde keer die uitdagende Baviaans Camino oor 95 km in vier dae aangepak, en sy sal dit weer doen, het sy aan Mariska Spoormaker gesê.

Herstel van die osoonlaag 16.09.2024

Prof. Francois Engelbrecht praat op Wêreld-Osoondag oor die verdunning en herstel van die osoonlaag.

Höre den Podcast Driesestig in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet