RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Groen Kouga beloon rolspelers 07.07.2025 6:44
Om sy toekenning as groenste munisipaliteit in die Oos-Kaap te vier, het die Kouga-munisipaliteit besluit om erkenning te gee aan belangrike groen rolspelers in die onderskeie gemeenskappe. Mariska Spoormaker het ná die funksie gepraat met Christa Venter, bestuurder omgewingsake en herwinning van die Kouga-munisipaliteit.
Hoe het julle ontmoet? 7 Julie 2025 07.07.2025 7:13
Ina Goosen vertel vir Johan Rademan hoe Landbouweekblad se Hoekie vir Eensames gesorg het dat sy en Willem ontmoet het.
Musiek vir die pad 07.07.2025 2:25
By Fujairah in die Verenigde Arabiese Emirate is daar ‘n installasie op ‘n deel van die hoofweg, wat maak dat jy ‘n stuk van Beethoven se negende simfonie speel as jy oor die rubberstroke ry.
Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2025 04.07.2025 6:20
Prof. Nina Schumann is die stigter en tans artistieke bestuurder van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Sy vertel van die afgelope twee dekades se sukses.
360 Speseryroete - Deel 88 04.07.2025 10:37
Isabella Niehaus het pas ‘n tweede jaar in ‘n ry die Gourmand-prys vir die beste veganistiese kookboek ter wêreld gewen. Sy vertel van haar gunsteling spesery.
19-Jarige vlieg na Antarktika 04.07.2025 1:32
'n 19-Jarige Amerikaner wat poog om alleen na al sewe kontinente te vlieg, is deur owerhede in Chili aangehou nadat hy na bewering sonder toestemming in Antarktika geland het.
Anienke se plattelandse droom 03.07.2025 9:14
Anienke Jordaan het eers in die noorde van Australië in Darwin die inheemse mense en hulle kuns leer ken, voor sy in Wes-Australië, buite Perth, as jong veraarts gaan werk het. Sy het die kookabaras, kangeroes en koalas net so laat staan om haar drome in die platteland van Suid-Afrika te kom uit leef. Johan Rademan het met haar op Prins Albert gesels.
Jonk 3 Julie 2025 03.07.2025 9:35
Dieetkundige Valpré Huisamen verduidelik wat “binge”-eet is, en hoekom dit anders as ooreet is.
Generasie-trauma 03.07.2025 3:51
Martelize Brink praat oor trauma wat van generasie na generasie oorgedra word in jou DNS.
Erns Grundling oor "Aanskou die mens" 02.07.2025 7:55
Erns Grundling is lief vir reis, letterkunde en die teater. Dit het uitgeloop op die produksie, AANSKOU DIE MENS, met Johann Nel (stem) en sy broer Winand (orrel).
Is jou elektriese installasie geaard? 02.07.2025 11:07
Wynand Visser praat oor die belangrikheid daarvan dat 'n elektriese installasie geaard moet wees, en hoekom jy moet aandag gee wanneer jou krag gereeld uitskop.
Êrens oorsee 1 Julie 2025 01.07.2025 11:12
Politieke kommentator Jan-Jan Joubert werk aan sy doktersgraad by die Universiteit van Leiden. Hy vertel vir Martelize Brink van die lewe in Nederland.
Die wolsalon 01.07.2025 8:45
Haidee kuier by 'n reusagtige wolsalon in die Paarl, waar Stefan Gerber haar meer vertel oor die proses om wol direk van die plaas af skoon te maak, nes ‘n haarsalon. Sy vind ook meer uit van die wolfees op Middelburg in die Oos-Kaap.
Verstaan jou kat 01.07.2025 3:34
‘n Nuwe KI-toepassing help jou om jou kat se “taal” beter te verstaan.
Ken paddas uit met 'n toep 30.06.2025 8:33
Prof. Louis du Preez vertel van 'n gratis toepassing vir padda-identifikasie.
Van wattelbos tot protea-koninkryk 30.06.2025 7:38
Dertig jaar gelede het Pierre Malan se vriende gesê hy is mal toe hy ’n wattel-oortrekte plaas tussen Kariega en Thornhill gekoop het. Maar, Pierre, toe nog ‘n musiekdosent in die Baai, het ‘n Protea-droom gehad wat hy nie sou laat vaar nie, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die plaas Berg en Blom besoek het.
Hoe het julle ontmoet? 30 Junie 2025 30.06.2025 9:38
Willem en Christolene Agenbag se liefdespad het op 23 Junie 1973 begin op ‘n pawiljoen by ‘n rugbywedstryd.
Kouga se kanniedood-kerkbasaar 27.06.2025 7:30
Selfs Wes-Kapenaars ry soontoe om dit te beleef. Mariska Spoormaker het die bykans 40 kilometer grondpad met sy passe en afgronde na die plaas Nooitgedacht hoog in die Kougaberge aangepak, na die kerkbasaar wat al 80 jaar lank gehou word.
360 Speseryroete - Deel 87 27.06.2025 7:12
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor speserye wat ekstra geur aan sop gee.
Trougeld word dobbelgeld 27.06.2025 1:44
‘n Man in Singapoer is tronk toe nadat hy $39 000 se geskenkgeld by ‘n bruilof gesteel, en gou-gou die meeste uitgedobbel het.
Bokke pak Baabaas op eie bodem 26.06.2025 6:44
Die viermalige Wêreldbekerkampioene, die Springbokke, pak die Barbarians die naweek vir die eerste keer op tuisbodem. Die span word op uitnodiging saamgestel, en Robbie Deans van Nieu-Seeland is die afrigter. Wanneer jy vir die Barbarians uitdraf, is hardlooprugby jou voorland. ‘n Hele paar internasionale spelers is in aksie teen die Bokke, en Johan Rademan het die sportskrywer en joernalis, Alber...
Jonk 26 Junie 2025 26.06.2025 6:11
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die alkaliese dieet, en wanneer dit gevaarlik kan wees.
Pandas doen bedbesoek 26.06.2025 1:05
‘n Hotel in China moet hulle praktyk stop, waar rooipandas op versoek vir jou in jou bed kom kuier.
16-Jarige se stoeisukses 25.06.2025 7:13
Eryn Marais gesels oor haar stoeisukses. Dié 16-jarige stoei as nasionale onder-17 onder 69 kg kadet, asook vir die nasionale onder-20 span in die onder 72 kg afdeling.
Sjef Ashley se kosdrome 25.06.2025 8:41
Kosblogger en sjef, Ashley Wynand, het al op agtjarige ouderdom begin kook. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy kosdrome. Deesdae is hy ook op TV in ’n kos-werklikheidsprogram.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet