RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Society

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

30. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Sokkerhare 05.09.2025

Manchester United-ondersteuner Frank Ilett het in Oktober verlede jaar sy hare kort geskeer, en gesê sy hare word eers weer geskeer wanneer sy span vyf wedstryde in ‘n ry wen. Sy vooruitsigte vir ‘n haarsny lyk nie goed nie...

'n Plek vir penne 04.09.2025

Hendrik Theron praat oor die verbintenis wat mense met penne het. Hy is ‘n penentoesias wat uitsien na die naweek se SA Penskou in Kaapstad.

Bakkievrag-oorlewing 04.09.2025

In Covid-19 se grendelperiode is Shawn Wilken se salaris met tweederdes gesny. Sy vrou, Louise, se inkomste het ook verklein, en finansiële oorlewing het ’n noodsaak geword. Dis nou jare later, en ’n bakkievrag vol van enigiets – van ‘n Grandpa tot ’n brood - help steeds om die gate toe te stop, het Mariska Spoormaker gevind.

Jonk 4 September 2025 04.09.2025

Dr. Alida Naudé sê dat balans jou onafhanklikheid, jou veiligheid en jou lewenskwaliteit bepaal.

Batman vang 'n inbreker 04.09.2025

In Florida in Amerika was Kyle Myvett reg vir aksie in sy Batman-nagklere toe ‘n inbreker sy bakkie besoek het.

Dwaine se droom word waar 03.09.2025

Haidee Muller gesels met 'n talentvolle jong sanger van haar tuisdorp, Oudtshoorn, wat in die Kaap in die kunste gaan studeer het. Hy het lank daarvan gedroom om sy talent op 'n verhoog met ander te kan deel, en vandeesweek word daardie droom uiteindelik waar. Dwaine Jansen sing sy hart uit in die musiekblyspel, Jacques Brel is Alive and Well and Living in Paris, by die Kunstekaap. Dit word aangeb...

Kaapstad Fotografiefees 03.09.2025

Heidi Erdmann prtaat oor erfenis wat vasgevang word in fotografie. Die Kaapstad Fotografiefees wys mense se ervarings. Foto’s is ‘n manier om oor identiteit, geheue en plek te besin.

$150 per brander! 03.09.2025

In Abu Dhabi is daar ‘n plek waar jy die langste kunsmatige brander in die wêreld kan ry. Daardie 690 m-lange brander ry jy vir sowat ‘n minuut lank, en betaal $150 per brander.

Êrens oorsee 2 September 2025 02.09.2025

Anné Nieuwoudt vertel vir Martelize Brink in van die lewe in Phuket, Thailand.

Eerste blinde Kaapse Wynmeester 02.09.2025

Jacques Lombard is na ons wete die enigste blinde persoon ter wêreld wat as Kaapse Wynmeester gekwalifiseerd is. Johan Rademan het met hom gesels ná dié akademiese prestasie wat hy vanjaar ontvang het, en sommer met die intrapslag by hom gehoor waar hy grootgeword het en waarom hy sy sig verloor het.

Fees van rooikoppe 02.09.2025

Die afgelope naweek het Tilburg in Nederland hulle jaarlikse fees vir mense met natuurlike rooi hare gehou.

Katverslanking 01.09.2025

Veearts dr. Elizna Boag vertel van ‘n dieet om katte volhoubaar te laat verslank.

Huldeblyk aan Dawie Botha 01.09.2025

Chris Hattingh doen ‘n huldeblyk aan Dawie Botha, wat onder andere driesestig se spesialisgas was vir die reeks, So is die land gebou.

Merle se liefde vir tuinbou 01.09.2025

Haidee Muller-Isaacs se pad het op Goedverwacht met dié van Merle Dietrich gekruis. Merle vertel van haar liefde vir tuinbou, en dat sy tog op die ou end daai BComm-graad van haar gebruik, selfs al werk sy nie in die korporatiewe wêreld waar almal dink sy behoort te wees nie.

Hoe het julle ontmoet? 1 September 2025 01.09.2025

Cathy van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe sy en Jan bymekaar uitgekom het. Op 3 September 2025 is hulle 70 jaar getroud!

KI deur mense vervang 01.09.2025

Kunsmatige Intelligensie word in die pad gesteek by deurry-restaurante, waar bestellings verkeerd geneem word - soos 18 000 glase water!

"In Dubai wil ons bly" 29.08.2025

“Koebaai Dubai”, wil baie Saffas sê as hulle ’n ruk lank daar gewerk het. Fritz en Ingrid Pistorius vind dit só kultureel verrykend dat hulle eerder nog 'n rukkie wil aanbly. Johan Rademan het hulle in Mongolië raakgeloop.

360 Speseryroete - Deel 96 29.08.2025

Sjef Odette Olivier praat oor koljander en biltongspeserye.

'n Slak wat links is? 29.08.2025

In Nieu-Seeland is iemand op soek na ‘n tuinslak. Nie sommer enige een nie. ‘n Slak genaamd Ned se dop spiraal na links in plaas van regs, soos byna alle ander slakke s’n. Nou word daar gesoek vir nog ‘n slak met ‘n dop wat links spiraal, anders is daar nie ‘n nageslag vir Ned nie.

Die land se oudste redaksie? 28.08.2025

Straks hou Nelson Mandelabaai die rekord vir die oudste redaksie in die land, want die gemiddelde ouderdom van die Hello-o-o Echo-nuusbrief met sy tien verslaggewers is 80 jaar! Die oudste redaksielid, Margaret Horn, het onlangs 92 geword. Die nuusbrief word versprei onder die inwoners van die Echo-Stigting se verskeie wooneenhede in Gqeberha. Mariska Spoormaker het gaan inloer by ‘n redaksieverga...

Jonk 28 Augustus 2025 28.08.2025

Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe jy donker kringe en sakke onder die oë kan laat verdwyn.

Winkelwedlope 28.08.2025

In Abu Dhabi word winkelsentrums ingespan vir wedlope!. Jy kan deelneem aan die 2,5 km, 5 km of 10 km items. Dit het begin om mense steeds te laat oefen wanneer dit in die somer net te warm is om buite aktief te wees.

Haidee sing... 27.08.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by die klankateljee van André Hartman op Stellenbosch, waar hy vir haar wys wat hy alles meet klank kan doen. Hy gesels ook oor kunsmatige intelligensie, wat in sy opinie besig is om musiek te vermoor. André sê as jy 'n stem het, kan jy sing. Haidee wou dit eers self beproef…

Paarl se Toringkerk 27.08.2025

Sumien Symington vertel vir Martelize Brink van Paarl se Toringkerk wat onstaan het omdat die gemeente in Afrikaans wou kerk hou. Ironies is die kerk se horlosie ‘n replika van Big Ben se horlosie, en dit lui op Westminister se klok se wysie.

Ringe in die kompos 27.08.2025

‘n Kanadees het 18 ton kompos aangevat om sy vrou se verlore ringe op te spoor. Hy is toe darem nie met leë hande huis toe nie.

Höre den Podcast Driesestig in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet