RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Boeke in die hand 23.04.2026 6:54
Sylvia Kleynhans vertel vir Martelize Brink van die Wêreld Boekedag vieringe by Laerskool Generaal Nicholaas Smit in Pretoria. Die Afrikaanse Taalraad is saam met die Vriende van Afrikaans ook daar betrokke.
Jonk 23 April 2026 23.04.2026 9:34
Dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe dermatoloë lasers inspan in behandelings soos haarverwydering, pigmentverwydering en teenveroudering.
Verwarring tussen natuur en nudis 23.04.2026 1:35
In Engeland bied die organiseerders van die Cumbria-natuurfees aan om kaartjiegeld terug te gee vir mense wat onder die indruk was dat dit ‘n fees vir naturiste is. ‘n Naturis verkies ‘n leefstyl van naaktheid.
Jacki se roei-avontuur 22.04.2026 8:30
Die lewenslustige 63-jarige ouma en juffrou, Jackie Loubser, het die avontuur van 'n leeftyd aangepak, en op die Oranjerivier gaan roei. Sy het min ingepak, maar daar was oorgenoeg aksie, adrenalien en opwinding. En nou nooi sy almal uit om volgende keer saam te gaan. Haidee Muller-Isaacs het in haar klaskamer gaan kuier.
Wat kan ons leer by... 22 April 2026 22.04.2026 13:19
Dr. Mandie Uys praat oor die Heilige Romeinse Ryk en Charlemagne, die eerste keiser ooit wat regeer het met die goedkeuring van die kerk.
Wat sien ek daar op die radar? 22.04.2026 1:17
Kadette in Finland se lugmag is in die warmwater nadat hulle tydens ‘n opleidingsessie só gevlieg het dat hulle vlugte die vorm van manlike geslagsorgane op die vlugradar aangeneem het.
Êrens oorsee 21 April 2026 21.04.2026 12:52
Stéphan van der Watt vertel vir Martelize Brink van die lewe in Kobe, Japan, en hulle belewenis daar die afgelope 16 jaar.
Johnny Davids (29 Mei 1977 – 16 April 2026) 21.04.2026 7:09
Johnny Davids, ons oud-kollega by RSG, is onverwags van ons weggeneem. Johan Rademan gaan terug na die begin van die millenium toe RSG by die KKNK die ZING-wenners, Johnny en Vivian, op die verhoog verwelkom het. Hulle het per bus van Namibië deur die Noord-Kaap gery, en langs die Snyman-broers op die RSG-verhoog beland. Hulle eerste album is 20 jaar gelede opgeneem en vrygestel deur Snyman Musiek...
'n Sterk eindpoging 21.04.2026 1:37
By die Delaware Marathon Hardloopfees is ‘n heldhaftige eindpoging op video vasgevang toe die voorloper Carson Mello te vroeg begin vier het. ’n Volspoed-eindpoging het Joshua Jackson met 0,02 van ‘n sekonde laat wen.
Waadvoël-migrasieprojek 20.04.2026 11:37
Cassie Carstens van BirdLife SA vertel vir Martelize Brink van ‘n waadvoël-migrasieprojek, waar GPS-monitors ingespan word om twee waadvoëlspesies se migrasieroetes na Europa en Asië te bepaal.
In die wêreld van landbou 20 April 2026 20.04.2026 5:39
In die landbounuus: Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging; die jongste oor bek-en-klouseer; trekkerverkope; en 'n bedreigde voëlspesie.
Jou naam se komvandaan 20 April 2026 20.04.2026 8:41
Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Francois, afgelei van Franciskus, en Hercules. Op navraag word Hugo en Hugh ook bespreek.
Transito-toilet 20.04.2026 1:38
‘n Chinese motorvervaardiger het ‘n patent geregistreer vir ‘n toilet in ‘n voertuig. Dit word met jou stem geaktiveer en skuif dan onder die passasiersitplek uit.
Fynbosbolplante 17.04.2026 9:04
Matt Prinsloo praat oor fynbosbolplante en ‘n goeie grondmengsel vir die bolle, veral buite ‘n Meditereense klimaatstreek.
360 Speseryroete - Deel 125 17.04.2026 10:26
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor veelsydige vanielje.
Juanita se liefde vir woorde 17.04.2026 9:31
Juanita Oostendorp vertel van haar dae as ‘n pastoriekind. Sy was lief vir Afrikaans, en het geleer dat woorde krag dra. Die gedigte het sommer lukraak posgevat in haar kop. Haidee het by haar gaan koffie drink.
Daggaverrassing by nuwe huis 17.04.2026 1:37
Huiskopers in Engeland is verras met ’n daggakwekery tydens hulle eerste besoek aan hulle nuwe huis.
Nuwe eikebome vir die Eikestad 16.04.2026 13:39
Francé Beyers en Liesl van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek op Stellenbosch om die Eikestad se eikebome te herplant nadat die stomkopkewer onder die bome gemaai het.
Bosoorlog se 60e herdenking 16.04.2026 9:09
Die Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog, en sy nalatenskap is onlosmaaklik steeds met ons. Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die oorlog deur die SA Weermag opgelei, en bykans elke huishouding is daardeur geraak. Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, asook om fondse vir sy werksaamhede in te samel, bied die SA We...
Jonk 16 April 2026 16.04.2026 8:22
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor gesond eet op ‘n knap begroting.
Ou nuwe oupa 16.04.2026 1:33
Charles Smith van Australië het op 91 jaar en 209 dae die eerste keer oupa geword. Hy het nou die Guiness-wêreldrekord as die oudste man om die eerste keer oupa te word. Sy seun, Ashley, het op 55 pa geword.
HTS Drostdy se toutrekkampioene 15.04.2026 13:14
Toutrekafrigter Morné Visser vertel vir Johan Rademan van HTS Drostdy se 560 kg-seunsspan wat op die nasionale kampioenskappe goud gewen het. Kaptein Francois Keyser en onderkaptein Brendon de Beer gesels oor hulle voorbereiding vir die wêreldkampioenskappe later vanjaar op Mosselbaai.
Wat kan ons leer by... 15 April 2026 15.04.2026 14:49
Dr. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan van die Bisantynse Ryk wat gestig is toe die Romeinse Ryk in twee verdeel het.
PowerPoint-vlerksleep 15.04.2026 2:07
Enkellopendes kom deesdae in pubs bymekaar, waar ‘n vriend of vriendin hulle met ’n PowerPoint-aanbieding bekendstel as iemand om mee uit te gaan. Hulle noem dit Date My Mate.
Êrens oorsee 14 April 2026 14.04.2026 10:57
Riana van der Westhuizen vertel vir Ignatius Vlok hoeveel van die wêreld sy al gesien het in die 14 jaar wat sy op plesierskepe werk.
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet