RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Society

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

6. Nov 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,7+ iOS bald

Folgen

Winkelpop-vermomming 20.10.2023

‘n Man in Pole het tussen winkelpoppe in die winkelvenster gestaan en gewag tot die winkel sluit, voor hy juwele gesteel het.

Ivor Swartz oor geestesgesondheid die vlieërfees 19.10.2023

Ivor Swartz gesels oor geestesgesondheid, en die jaarlikse vlieërfees in Kaapstad, wat om die draai is.

Willy se stories 19.10.2023

Willy Mathys is op Calvinia gebore, en woon al jare lank in Kuilsrivier. Hy hou van stories vertel, en is al jare lank afgetree. Hy belsuit toe om 'n boek met sy stories saam te stel. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind oor die stories, wat Willy so smaaklik vertel.

Elsa Joubert se seun dink terug 19.10.2023

Prof. Nico Steytler gesels oor sy ma, die skrywer Elsa Joubert, wat vandag 101 jaar oud sou wees.

Wat is 'n kerk sonder 'n kruis? 19.10.2023

Die Russiese Ortodokse Kerk is ontevrede met die nuwe 1000 Roebel-noot. Die kerk op die noot word sonder ‘n kruis op die koepel uitgebeeld, hoewel die werklike kerk ook nie ‘n kruis op die koepel het nie. Die verspreiding van die noot is vir eers gestaak.

Hempies kyk terug, en vorentoe na Bokke se vertoning 18.10.2023

Oudspringbok Hempies du Toit gesels oor sy speeldae, en die Springbokke se vertoning in vanjaar se Rugbywêreldbeker.

Die veelsydige maroela 18.10.2023

Die Maroela is inheems aan Suider Afrika, en amper elke deel van die boom kan vir menslike verbruik benut word. Jacqui January het gaan hoor hoe die lekkerste drankie of bredie van die skille van die vrugte gemaak word. Sy gesels met Petra Terblanche, wat werk met landelike vroue in Limpopo. Hulle leer mekaar van die gebruike van hierdie besonderse boom.

Cronjé Lemmer se modes en kuns 18.10.2023

Cronjé Lemmer deel staaltjies uit sy loopbaan as modeontwerper en kunstenaar.

Stoeiers te swaar vir die vliegtuig 18.10.2023

‘n Groep Sumo-stoeiers was te swaar om in een vliegtuig te vlieg. Japan Airlines moes toe 14 stoeiers na ‘n ander vlug skuif.

'n Eeu van graansilo's in SA 17.10.2023

Johannes Haarhof vertel vir Martelize Brink van die eerste Suid-Afrikaanse graansilo’s, wat vanjaar 'n eeu gelede gebou is.

Sussie Kotze vier 90 jaar 17.10.2023

Martelize Brink gesels met die skrywer, E. Kotze, op haar 90e verjaarsdag.

Haidee en die viskrappers 17.10.2023

Haidee Muller-Isaacs het op ’n winderige dag die viskrappers by Kalkbaai se hawe besoek. Sy hoor by hulle hoe hulle vis skoonmaak en hoe lank hulle dit al doen.

Stories van 'n forensiese patoloog 17.10.2023

Hestelle van Staden vertel vir Martelize Brink van haar werk as 'n forensiese patoloog. Sy het al meer as 7 000 outopsies gedoen.

Kos kos 'n man sy werk 17.10.2023

‘n Finansiële misdaadontleder het sy werk by Citibank verloor omdat hy tydens ‘n werksreis sy en sy lewensmaat se etes as ’n uitgawe geëis het, en later daaroor gejok het. Die bank betaal slegs vir werknemers se eet- en drinkgoed.

Steriliseer om dieresiektes te voorkom 16.10.2023

Dr. Bennie Grobler vertel van die siektes wat voorkom kan word deur diere te steriliseer. Hy verduidelik ook die proses van sterilisasie.

Praktiese tuinwenke 16.10.2023

Ria Moolman gee vir Martelize Brink praktiese tuinwenke uit Bedford in die Oos-Kaap.

Gemeenskapsondersteuning vir Knysna Hospies 16.10.2023

Adele du Plessis vertel vir Martelize Brink hoe ‘n groep vroue sorg dat die Knysna Hospies die nodige geld het om hulle goeie werk voort te sit.

Kameelperdmis vir 'n halsnoer 16.10.2023

‘n Vrou van Iowa het kameelperdmis uit Kenia na die VSA probeer neem om vir haar ‘n halssnoer daarvan te maak!

Ry e-fiets in Stellenbosch 10.10.2023

Severiano Tamboer vertel van die e-fietstoere wat die Adventure Shop in die Stellenbosch-omgewing aanbied.

Die Kaappunters by die Woordfees 10.10.2023

Jackie en Riku Lätti vertel van die musiek wat hulle maak as deel van die Kaappunters.

Anton Kannemeyer by die Woordfees 10.10.2023

Anton Kannemeyer gesels oor sy kunswerke by die Woordfees, Bitterkomix en die skrapkultuur wat hom dwars in die krop steek.

Danie Malan vereer by Dagbreek Straatmyl 10.10.2023

Francois Fouché en Danie Malan gesels oor die Dagbreek Straatmyl, en Danie se prestasies 50 jaar gelede.

Koos van der Merwe - Die kuns van trane 10.10.2023

Koos van der Merwe gesels oor sy Woordfeesproduksie, DIE KUNS VAN TRANE, en sy digbundel wat tydens die produksie bekendgestel word.

US Botaniese tuin vier eeufees 10.10.2023

Donovan Kirkwood en Annerie Senekal vertel van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese tuin, wat vanjaar 100 jaar oud is, en die Stellenbosch Flora Fest wat hulle aanbied.

Jacques Buys se bronsbeelde 09.10.2023

Jacques Buys vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan met bronsbeelde, wat hom oral oor die wêreld neem.

Höre den Podcast Driesestig in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet