AGS Dinamika

AGS Dinamika Preke

Preke van AGS Dinamika

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.agsdinamika.co.za

Autor

AGS Dinamika

Kategorie

Religion

Podcast-Website

www.agsdinamika.co.za

Neueste Folge

22. Nov 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android 10 Mio.+ Downloads · Bewertung 4,7+ iOS bald

Folgen

Natuurlik Bonatuurlik 04.08.2024

Die bonatuurlike is veronderstel om vir kinders van God natuurlik te wees. Ons mis ontmoetings met die Here omdat ons wag vir groot, snaakse en emosionele dinge terwyl die Here in die aandwindjie met ons wil gesels. Die Here wil elke dag deur die bonatuurlike Heilige Gees wat in jou woon en Sy Woord met jou praat.

Hoe lief is ons vir die Here? 28.07.2024

Die Bybel is baie meer as net 'n groot, swaar swart boek wat ons van kleins af ken. Die Bybel is belangriker vir ons lewens as wat ons ooit sal verstaan. Jesus meet ons liefde vir Hom op 'n ander manier as wat ons dink. Hoe lief is jy vir Jesus?

Skoon & Sterk 21.07.2024

In die Bybel is daar 22 verwysings na die kerk as Bruid van Christus. Ons is in 'n liefdesverhouding met Jesus en die Woord hou ons verhouding SKOON en STERK! Die Bybel is ons geestelike wasmasjien.

Wat is in 'n Naam? 14.07.2024

Wat is so wonderlik en so belangrik in die Naam van die Here dat jy dit nie mag misbruik nie? Hoekom is Sy Naam so groot? Wat maak dit so spesiaal?

Love Like That 07.07.2024

Die voorbeeld wat ons stel word direk bepaal deur die voorbeeld wat ons volg, kom ons as God se kinders maak seker ons volg Jesus se Perfekte voorbeeld. Kom ons wees lief soos Jesus ons gewys het!

Verteenwoordigers van God 30.06.2024

Ons is God se kinders, daarom is ons Sy VERTEENWOORDIGER's. Kom ons verteenwoordig God orals waar ons teenwoordig is en deel Sy WOORD met ander.

Learning the Ropes 23.06.2024

Waar kry jy jou antwoorde? Soms het die lewe meer vrae as antwoorde. Hoe leef ons met wysheid as daar soveel onsekerheid is? Wat is wysheid? Jesus het ons God se wysheid kom wys. "Learning the ropes of life" vir 'n kind van God beteken dat ons met die wysheid van oorgawe leef. Ons vertrou die Here al verstaan ons nie alles nie!

Wanneer die lewe jou das trek. 16.06.2024

Hierdie lewe het ? manier om jou lewe in een oomblik skeef te trek. Onverwags en vanuit nerens kan ons lewens verander. In sulke tye het ons die wete dat ons ? Hemelse Vader het wat altyd daar is vir ons.

Verskoning koning 09.06.2024

Wanneer ons verskonings maak is ons fokus net op onsself, op ons eie vermoë, MAAR mag ons die fokus skuif na God toe want HY IS BY ONS! Dit is SY KRAG nie ons krag nie. Ons kyk na die storie van Moses die "Verskoning Koning" en hoe al sy verskonings hom sy geneesing gekos het.

Wat is jou 'BERG'? 02.06.2024

Wat is jou verwagting vir die lewe of die toekoms? Het jy nog ? verwagting of kyk jy maar wat gebeur? Ons verwagting moet in die Here wees. Daar is ALTYD hoop!

Eendag lank, lank gelede... in die jaar 2024 26.05.2024

Wanneer mense aan jou en my dink: Is ons die weerspieëling van wat Jesus gedroom het Sy volgelinge moet wees? Kom ons leef met waagmoed soos Hy wil hê.

Pinkster 19.05.2024

Die Here het vir ons die Heilige Gees gegee met Pinkster sodat ons as mens deur Hom 'beheer/gelei' kan word. Die natuurlike uitvloeisel en gevolg van die Heilige Gees in ons lewens is ALTYD liefde!

Ek ken jou storie 12.05.2024

Al voel jy niemand sien die dinge wat jy doen, jou opofferings, jou struggle raak nie, deur Rut se storie vind ons uit dat God ken jou Storie! God sien jou raak & Jy maak saak vir Hom!

Wie is ONS? 05.05.2024

Die Here het ‘n baie spesifieke plan en droom oor elke mens so ook oor Dinamika. Die belangrikste is om dit te doen en wees wie die Here ons geroep het. Dit gaan ALTYD oor die Here se eer.

In die pad 28.04.2024

Die Here wil dit wat IN jou pad is UIT jou pad sleep sodat jy OP die pad na Sy wil kan kom. Die lewe is te kort om te talm of langs die pad te gaan stil staan, daar is werk om te doen vir ons Koning.

Groet die grot 21.04.2024

Ons almal beleef sekere dinge in ons lewens wat maak dat ons net erens wil wegkruip, wegkom en dan maar hoop dinge sal verander. Dis amper soos om in ? grot weg te kruip. Dis nie waar die Here jou wil hê nie. Daar is altyd hoop!

'n Ontmoeting met Jesus 14.04.2024

Daar is baie dinge wat ons lewens verander, maar ‘n Ontmoeting met Jesus los jou nooit weer dieselfde nie. Saulus se ontmoeting met Jesus het sy hele lewe verander, alles wie hy was, is deur ‘n nuwe filter gesit.

Wat is op jou skouers? 07.04.2024

Wat is op jou skouers? Ons dra swaar pakkies op ons skouers en dit maak ons moeg. Laste en jukke was nooit bedoel vir jou skouers nie, Jesus se skouers het reeds al jou pakkies gedra! Jou skouers is gemaak om God se troon te wees!

Hy leef 31.03.2024

Jesus se Opstanding is die fondasie van ons geloof... En sonder dit, beteken Christenskap niks! Ons kan so dankbaar wees vir dit wat Jesus kom doen het, en dat HY LEEF!

Goeie Vrydag 29.03.2024

Ons geestelike "lockdown" is verby! Jesus het die deur oopgesluit na die troonkamer van ons Vader. Die voorhangsel is van bo na onder geskeur toe Jesus Sy laaste asem uitblaas! Dit is volbring! Die prys is betaal vir ons vryheid, vergifnis en vrede met God.

Die Donkie 24.03.2024

Palm Sondag is die begin van Jesus se laaste week voor Sy kruisiging op Goeie Vrydag. Al die detail rondom die gebeure wys net weereens hoe God in beheer is van alles - ook van jou lewe!

Klippe kou 17.03.2024

Ons het al almal klippe gekou in die lewe. Klippe kan groei; wat as ‘n klein klippie in jou skoen begin, kan as ‘n rots in jou hart eindig. In plaas daarvan om klippe in jou hart te dra, kies liewer om te staan op die rots van die eeue. Ps. 95:1 sê: “Laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind”.

OUD...NUUT! 10.03.2024

Jesus het gekom met die NUUT... maar hou ons nie dalk teveel vas aan die OUD nie? Jesus die VOLHEID van God het alles namens ons gedoen sodat ons naby aan God kan wees.

Minder as wat jy dink... 03.03.2024

Ons kan so maklik dink ons lewens is lank. Die Bybel leer ons om ons dae te tel en te doen wat ons moet. Daar is minder dae oor as wat ons dink, kom ons los ons merk, kom ons raak mense se lewens aan met Sy liefde.

Woestyn Journey 25.02.2024

Dis in die Alleen in die Woestyn tye wat die Here ons ontmoet... Maar die ontmoeting is nie altyd soos ons verwag nie. God kom stoei met Jakob, en in die proses verander sy identiteit.

Höre den Podcast AGS Dinamika Preke in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet