RSG
Sterre en Planete
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Sterre en planete 3 November 2024 03.11.2024 27:48
Jim Adams en Matie Hoffman bespreek van die vele opwindende ruimtesendings die afgelope tyd. Ons praats uitgebreid oor die Europa Clipper-lansering, SpaceX se ongelooflike toetsvlug van Starship- waar ‘n vuurpyl vir die eerste keer uit die lug gevang is. Ons praat ook oor die geweldige tempo waarmee SpaceX-lanserings doen, en die verskillende maniere hoe terugkerende bemande kapsules op die aarde...
Sterre en planete 27 Oktober 2024 27.10.2024 28:20
Lafras Smit vertel het van al die opwinding in die naghemel die afgelope tyd, en wat ons in November kan verwag. Professor Matie Hoffman en Willie Koorts beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die lewe in die Internasionale Ruimtestasie. Ons hoor ook van ’n satelliet wat moontlik ontplof het, en die bedreiging wat dit vir ander satelliete kan inhou.
Sterre en planete 20 Oktober 2024 20.10.2024 27:38
Ons verrassingsgaste is Charles Allen, Dalena Enslin en advokaat Gerrie Nel. Hulle het uiteenlopende belangstellings, en elkeen bring dus iets anders na die spreekwoordelike tafel. Ons luister ook na die oorkondetoekenning van die Stellenbosch Universiteit se konvokasie, wat postuum aan dr. Japie van Zyl toehgeken is.
Sterre en planete 13 Oktober 2024 13.10.2024 27:57
Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein, en dr. Stefan Lotz van SANSA op Hermanus gesels weer sonsake, veral ná die onlangse aurora, veroorsaak deur intense sonaktiwiteit. ‘n Luisteraar wil weet hoe die temperatuur van die son bepaal word. In ruimteraai vra ons hoekom sonvlekke swart vertoom op foto’s. Lafras Smit praat oor die komeet wat saans gaan herverskyn.
Sterre en planete 6 Oktober 2024 06.10.2024 27:40
Jim Adams deel opwindende nuus oor twee vuurpyllanserings wat hy binnekort gaan bywoon. Ons praat oor die baie verkeer na en van die Internasionale Ruimtestasie, die onlangse Polaris Dawn-sending, en die gevare wat suiwer suurstof en die hoë vakuum in die ruimte vir sowel mens as tegnologie inhou.
Sterre en planete 29 September 2024 29.09.2024 28:11
Lafras Smit praat oo die hoogtepunte van Oktober se hemelruim. Ons luister na ’n paneelbespreking wat vroeër vanjaar by die Vrystaat Kunstefees opgeneem is, waar ons gesels het oor robotiese teleskope en gamma-knalle. In Ruimteraai verduidelik Lafras wat newels is.
Sterre en planete 22 September 2024 22.09.2024 27:37
Prof. Matie Hoffman van Bloemfontein en dr. Nic Erasmus van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium in Kaapstad vertel van die Aarde se nuwe mini-maan wat in Sutherland ontdek is. Ons beantwoord luisteraarsvrae oor die ratwerk van die sonnestelsel en hoe sterrekundiges teleskoopfoto’s verwerk. In Ruimteraai vra ons hoekom party komete dubbeldoorname het en ander nie?
Sterre en planete 15 September 2024 15.09.2024 28:25
Auke Slotegraaf dra soveel hoede, ons kon nie eens by alles uitkom nie. Nie net is hy ’n gesoute amateursterrekundige nie, maar ook ’n rekenaarwetenskaplike, historikus, argivaris en redakteur. Hy het selfs kliniese sielkunde en psigometrika studeer!
Sterre en planete 8 September 2024 08.09.2024 27:28
Ons bespreek die jongste bevindings van die onlangse daglig-meteoor wat oor die Oos-Kaap geval het. Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hy en prof. Matie Hoffman beantwoord twee interessante luisteraarsvrae oor planeetbane en die gedrag van verskillende kleure lig. In Ruimteraai vra ons of sterre ook GPS-koördinate het.
Sterre en planete 1 September 2024 01.09.2024 27:01
Jim Adams en Prof. Matie Hoffman praat oor die groot gebeurtenis toe ’n dagligmeteoor die Oos-Kaap geskud het. Daar is uiteindelik ’n besluit geneem oor die twee gestrande ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie, en ons kyk met groot afwagting na die Polaris Dawn-sending se rits eerstes vir private ruimtevaart.
Sterre en planete 25 Augustus 2024 25.08.2024 26:35
Prof. Matie Hoffman en Lafras Smit vertel wat in September se naghemel gesien kan word. Ons praat oor die verskillende maniere waarop die datums van die bloumaan bereken word. Na aanleiding van Hydrosat se onlangse lansering van hulle VanZyl-1 satelliet, luister ons hoe dr. Japie van Zyl destyds hiervan vertel het. In Ruimteraai vra ons wat die oorsprong van Planeet-X is.
Sterre en planete 18 Augustus 2024 18.08.2024 25:58
Ons verrassingsgas vertel breedvoerig wat die ontplooiing van radioteleskope by SKA behels. Die persoon het in Namibië grootgeword het, en ná skool Meganiese Ingenieurswese op Stellenbosch gaan studeer, en was later toetsingenieur daar. Hy/sy het aanvanklik optiese stelsels vir satelliete ontwerp, was daarna vir 14 jaar by die SALT-teleskoop werksaam, en is tans 'n domein-spesialis by SKA-internas...
Sterre en planete 11 Augustus 2024 11.08.2024 26:26
Prof. Matie Hoffman praat oor die vreemde konsep van kosmologiese tydrekking, en hoe sterrekundiges ’n slim manier ontwikkel het om dit te meet. Nog ‘n ongewone term is helioseismologie. Dr. Stefan Lotz verduidelik hoe sterrekundiges die binnekant van die Son met hierdie tegniek kon ontleed. Ons luister ook na vreemde klanke afkomstig van die Son.
Sterre en planete 4 Augustus 2024 04.08.2024 26:12
Prof. Matie Hoffman en Jim Adams vertel van ’n grot wat op die maan ontdek is. Ons hoor ook van 2 000 van die wêreld se sterrekundiges wat in die Kaap bymekaarkom het, en van twee ruimtevaarders wat al vir langer as ’n maand op die Internasionale Ruimtestasie gestrand is.
Sterre en planete 28 Julie 2024 28.07.2024 26:32
Nadat Lafras Smit vertel het wat in die Augustus nagte te sien is, herleef ons die gebeure van 30 jaar gelede toe daar ‘n regstreekse TV uitsending van Sutherland was toe 21 brokstukke van ’n komeet Jupiter getref het. Daar word voorspel dat ’n nova binnekort kan verhelder tot blote oog helderheid. In Ruimteraai vra ons: Word die fases op die maan veroorsaak deur die aarde se skaduwee?
Sterre en planete 21 Julie 2024 21.07.2024 25:01
Sterre en Planete het by die Vrystaat Kunstefees gekuier, waar ons ’n program voor ’n gehoor opgeneem het, wat ons met allerhande vrae bestook het. Ons gesels onder andere oor teleskope en weerlig, en ’n krisis in kosmologie wat die James Webb ruimteteleskoop moontlik nog sal kan oplos.
Sterre en planete 14 Julie 2024 14.07.2024 25:53
Ons praat oor ruimteweer en die son se manewales. Daar het onlangs twee asteroïedes só naby die aarde verbygekom dat radarbeelde van hulle geneem kon word. En ons verduidelik hoekom die oppervlak van die son wasig, amper harerig, lyk in hoëresolusie foto’s.
Sterre en planete 7 Julie 2024 07.07.2024 26:01
Jim Adams en prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor China wat deesdae uitstyg as ’n reus in ruimteprogramme, asook ’n voorstel vir ’n innoverende meganisme wat die stof van die sonpanele van marskarretjies kan skoonvee. Hydrosat lanseer binnekort VanZyl-1, vernoem na die satellietmaatskappy se medestigter, dr. Japie van Zyl. Het jy geweet die rede hoekom die pendeltuig altyd op sy rug...
Sterre en planete 30 Junie 2024 30.06.2024 28:50
Lafras Smit vertel wat sigbaar is in Julie se naghemel. Dr. Cobus van Breda van die Universiteit van die Vrystaat vertel van sy plan om Sterre en Planete na die Vrystaat Kunstefees uit te nooi. Hy vertel ook van interessante aanbiedings wat gesien en beleef kan word by Sci-Ed.
Sterre en planete 23 Junie 2024 23.06.2024 27:26
Het jy al van swerfplanete gehoor? Die span bespreek die onlangse ontdekkings van vryswenende eksoplanete. Hulle verduidelik hoekom die fopnuus boodskap oor die sogenaamde aphelion-verskynsel in jou e-pos se snippermandjie hoort, en beantwoord ’n luisteraarsbrief oor hoekom die aarde se kern ná al die eeue nog nie gestol het nie, en wat die gevolge is noudat die Hubble-ruimteteskoop met slegs een...
Sterre en planete 16 Junie 2024 16.06.2024 29:06
Ons het twee verrassingsgaste, albei passievolle onderwysers van plattelandse skole wat ongelooflike potensiaal uit leerders haal deur middel van sterrekunde. Ons hoor ook van hulle leerders, en hoe hulle hierdie unieke aanslag geniet.
Sterre en planete 9 Junie 2024 09.06.2024 27:00
Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die aktiwiteite van die son, veral oor die terugkeer van die sonvlekgroep wat in Mei die skouspelagtige Moedersdag-aurora veroorsaak het. Professor Matie Hofman vertel van antieke ysteritems wat meer waardevol is as hulle goud- en silwer eweknieë. Die rede hiervoor is dat die yster uit die ruimte afkomstig was. Ons kyk ook na al die onlangse geskiedenismakende v...
Sterre en planete 2 Junie 2024 02.06.2024 28:05
Ons hoor van ’n onlangse besoek van Jim Adams aan Suid-Afrika, Matie Hoffman aan Kaapstad en Willie Koorts aan Namibië. Hulle bespreek twee interessante ruimtesendings - een waar ’n miljardêr in samewerking met SpaceX, vir ’n privaatsending wil betaal om die Hubble Ruimteteleskoop te diens om sodoende weer sy lewe te verleng. Ons gesels ook oor ’n nuwe sonseil, so groot soos ’n woonstel, wat onla...
Sterre en planete 26 Mei 2024 26.05.2024 27:59
Prof. Matie Hoffman beantwoord ’n luisteraarsvraag oor hoe dit moontlik is om die seevlakmeting met ’n akkuraatheid van tot 1 mm te meet. Soos gewoonlik op die laaste Sondag van die maand, vertel Lafras Smit wat ons in Junie se naghemel sal kan sien. Ons hoor ook hoe sy sterrewag werk, en watter kameras hy deesdae die mees fantastiese astrofoto’s mee neem. In ruimteraai wou ons by Lafras hoor wat...
Sterre en planete 19 Mei 2024 19.05.2024 28:08
Ons verrassingsgas het eers ‘n kursus in kinder en jeugsorg gedoen, toe teologie studeer, en uiteindelik ’n meestergraad in hoër onderwys verwerf. Hy is ’n ensiklopedie van die geskiedenis van die enigste stad ooit wat twee internasionale sterrewagte gehuisves het, waarvan een in ’n wildreservaat. Ons praat ook met dr. Stefan Lotz van SANSA oor die rare skouspel wat verlede naweek in die hemelrui...
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.