RSG

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Science

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

11. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Sterre en planete 27.07.2019

Saturnus staan bekend as die koning van die ringe. Ringe wat soms oop of toe is. Wat beteken dit presies? Daar is ook inligting oor 'n onderhoud wat op TV uitgesaai is dat die maanlanding nie regtig plaasgevind het nie. Die span verduidelik waarom hierdie gebeurtenis nie fopnuus is nie. En een van die luisteraars het gevra waarom daar seisoene is. Die span verduidelik hoe dit werk.

Sterre en planete 20.07.2019

Hoe ruik maanrots? Die program word gewy aan die maanlanding 50 jaar gelede. Daar is 'n paar interessante feite oor die maanlanding waaroor daar nie elke dag gepraat word nie, byvoorbeeld dat Neil Armstrong tydens 'n toetsvlug op aarde byna sy lewe verloor het, en dat die bekende woorde “One small step for man, one giant leap for mankind” onbepland was. Armstrong het die woorde sommer opgemaak. Oo...

Sterre en planete 13.07.2019

Die son het 'n magnetiese polariteitsiklus van ongeveer 11 jaar. Kobus Olckers praat oor nuwe inligting oor die siklus, en hoe sekere planete 'n rol hierin speel. Tot dusver het voertuie wat op die maan en Mars rondbeweeg het van tradisionele aandrywing gebruik gemaak, met ander woorde vierwielaandrywing. Die Europese Ruimte-agentskap het nou 'n ander metode ontwikkel wat 'n tuig as't ware van een...

Sterre en planete 06.07.2019

Die datum, 20 Julie, waarop die eerste mens sy voet op die maan gesit het kom nou nader. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die tegnologie wat destyds bestaan het en hoe die Amerikaners dit tog reggekry het om hulle tuig, die “Eagle” op die maanoppervlak te laat land. Daar is ook inligting oor die “Dragonfly”-projek van Nasa om 'n tuig na een van Saturnus se mane, Titan, te stuur.

Sterre en planete 29.06.2019

Die span het al voorheen gepraat oor die teenwoordigheid van metaangas op Mars. Dit het onlangs bekend geword dat daar 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van die gas op die planeet was. Dis een van die onderwerpe waaroor gesels word in die program. 'n Mylpaal is bereik toe 'n Falcon Heavy vuurpyl met 'n hele handvol satelliete die ruimte in geskiet is en boonop is die meeste dele van di...

Sterre en planete 22.06.2019

Wat presies is die verskil tussen 'n sterrekundige, astrofisikus en kosmoloog? Dit is een van die sake wat bespreek word in die aflewering van Sterre en Planete. Kobus Olckers bespreek ook wat presies 'n atoomklok is en hoe so 'n klok ruimtetuie kan help om rigting te bepaal. Die ster Canopus het in die verlede 'n belangrike rol gespeel in die navigasie van ruimtetuie. Daar is ook meer inligting o...

Sterre en planete 15.06.2019

Prof Matie Hofmann praat oor supernovas en hoeveel van hulle al deur die Subaru teleskoop van Japan gesien is. In die ruimtenuus is daar 'n berig dat die internasionale ruimtestasie aanstaande jaar vir ruimtetoeriste oopgestel kan word maar as u beplan om daar besoek te gaan aflê gaan dit u 'n hele paar miljoen rand uit die sak jaag. Hydrazine is 'n spesiale soort brandstof wat gebruik word om stu...

Sterre en planete 08.06.2019

As 'n mens saans opkyk na die sterre wonder jy hoeveel sterre daar is. Prof Matie Hofmann verduidelik na aanleiding van 'n luisteraarsvraag hoeveel sterre daar na berekening is. Dit is nou sterre waarvan die mens weet. Werk word steeds gedoen aan die James Webb ruimteteleskoop en die instrument het onlangs 'n sogenaamde termiese vakuumtoets geslaag. Willie Koorts verduidelik hoe so 'n toets presie...

Sterre en planete 01.06.2019

Wat is die definisie van niks? Die span beantwoord hierdie vraag na aanleiding van 'n luisteraarsvraag - Is daar iets soos niks in die ruimte? Daar word ook gepraat oor die duisende satelliete wat om die aarde wentel, en of die satelliete se aktiwiteit nie die werking van die SKA-radioteleskope kan beïnvloed nie. En dr. Japie van Zyl vertel wat gedoen moet word as jy 'n plek vir jou satelliete in...

Sterre en planete 25.05.2019

Wat is die verskil tussen klank- en liggolwe? Wat gebeur wanneer twee sterrestelsels met mekaar bots? Ruimtewetenskaplikes het vasgestel dat Andromeda, 'n galaksie wat 2,4 miljoen ligjaar van ons af is, stadig besig is om nader aan ons eie sterrestelsel, die Melkweg, te beweeg.

Sterre en planete 18.05.2019

Kobus Olckers, 'n ruimteweerkenner, praat hy oor begrippe wat dikwels in sy ruimteweervoorspelling gehoor word. Dit is allles verskynsels wat op die son waargeneem kan word. Wat is 'n koronagat? Hoe lyk 'n filament? En hoe word sonvlekke gevorm? Hy praat ook oor 'n koronamassa-uitbarsting.

Sterre en planete 11.05.2019

Waarom is ruimtewetenskaplikes en sterrekundiges nou al gaande oor 'n asteroïed wat eers oor 'n dekade by die aarde sal verby kom? Daar word ook gepraat oor 'n satellietprogram wat onderaardse water kan meet. Die tyd van die jaar is dit, wat die sterrehemel betref, die oorgangsfase. Die Orion-konstellasiegroep is stadig besig om saans in die weste te sak, terwyl die winterkonstellasie met die Sker...

Sterre en planete 04.05.2019

Die span kyk na nuwe navorsing wat daarop dui dat die ruimte vinniger uitdy as wat aanvanklik verwag is. Dr Japie van Zyl gesels ook oor die groot aantal satelliete wat om die aarde wentel, en hoe daar bepaal word op watter hoogte sekere satelliete moet wentel. Dis ook belangrik om te weet of die satelliet 'n sirkelvormige of elliptiese baan moet hê.

Sterre en planete 27.04.2019

Een van die tergende vrae oor die ruimte is of dit grense het. Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar is 'n gesprek oor die probleem van ruimterommel en watter oplossings daar is. Die span praat ook oor die wêreld se grootste vliegtuig wat pas sy eerste toetsvlug onderneem het. Die vliegtuig gaan ingespan word om vuurpyle uit die lug te lanseer.

Sterre en planete 20.04.2019

Daar was groot opgewonderheid verlede week oor 'n eerste in ruimtewetenskap toe 'n gravitasiekolk “afgeneem” is. Is dit werklik afgeneem? Die span verduidelik presies hoe dit gedoen is. 'n Luisteraarsvraag word ook beantwoord oor wat die aarde laat roteer. Nog 'n vraag oor 'n voorwerp op die maan, word ook beantwoord.

Sterre en planete 13.04.2019

Die meeste planete in ons sonnestelsel het dieselfde rotasierigting. Daar is egter twee wat heeltemal anders roteer as die res. Daar is ook inligting oor waar die Parker-sonsatelliet hom bevind, en of daar al resultate is. Een van die luisteraars het 'n vraag gevra oor 'n helder voorwerp wat hy gesien het. Die voorwerp het helder geflits en toe verdwyn. Willie Koorts prrobeer die vraag beantwoord.

Sterre en planete 06.04.2019

Die span praat oor Indië se jongste satelliet. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe moeilik dit is om swaar vragte op Mars te laat land. Hy praat ook oor satelliettegnologie om die waterbehoeftes van plante te monitor sodat water betyds gegee kan word. Die span kyk ook na 'n “oorvol” satellietgebied om die aarde wat in die toekoms probleme kan skep, veral met die kleiner kubersatelliete wat nou meer...

Sterre en planete 30.03.2019

Ligo is 'n baie sensitiewe instrument wat gebruik word om gravitasiegolwe te meet. Hoor hoe sensitief die instrument is en hoe Ligo presies lyk. Daar is ook inligting oor die stigtingsvergadering van die Afrika Planetarium Vereniging wat in Kaapstad plaasgevind het. Prof Matie Hofmann het die vergadering bygewoon en hy vertel wat die doelstellings van die organisasie is. Willie Koorts beantwoord o...

Sterre en planete 24.03.2019

Tyd is 'n begrip wat moeilik is om te definieer. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die verskil tussen Sideriese, of sterretyd, en sontyd. Willie verduidelik hoekom daar by Sutherland net met sterretyd gewerk word. 'n Ander luisteraar het gevra of swaartekrag beteken se trekrigting altyd na die middel van die aarde is, al staan jy waar op die aarde.

Sterre en planete 16.03.2019

'n Luisteraars wil weet hoe die son se energie-uitset vergelyk met die opwekking van elektrisiteit op aarde. Prof. Matie Hofmann verduidelik dat die sone elke sekonde 5000-miljoen Gigawatt uitsit! Daar is nog 'n luisteraarsvraag wat beantwoord word oor totale sonsverduisterings, en hoe dikwels dit voorkom. Willie Koorts verduidelik ook hoe die Orionkonstellasie lyk wat tans reg bo ons koppe te sie...

Sterre en planete 09.03.2019

Heelwat luisteraars vra dikwels wat die opppervlaktemperatuur van ons ster, die son, is. Die span beantwoord die vraag, verduidelik waarom die korona van die son baie warmer is as die oppervlak. Daar is ook inligting oor Insight op Mars wat 'n rots raak geboor het, en planne word nou beraam om die boor verby die rots te stuur. Willie Koorts praat ook oor die grootte van sensors wat op teleskope en...

Sterre en planete 02.03.2019

Dr. Japie van Zyl praat oor sy toekomsplanne, en hoe satelliete die landbousektor gebruik kan word, veral die spesialis-satelliete meer dikwels om die aarde wentel. Daar word ook gesels oor nuwe tegnologie waar X-strale vir beter kommunikasie in die ruimte gebruik sal word. Die span praat ook oor die welslae wat die Japanse Ruimte-agentskap gehad het met die Hyabusa-tuig wat op die Ryugu-asteroïed...

Sterre en planete 23.02.2019

Een van die vrae wat ons van 'n luisteraar gekry het, handel oor 'n helder voorwerp wat vanuit die weste al helderder geword het en toe na die noorde oor die horison verdwyn het. Die span bespiegel oor die moontlikheid dat dit 'n vliegtuig was wat reg op die luisteraar afgepeil het. Hy kon dus nie beweging sien nie, maar wel dat die voorwerp helderder word. Die feit dat die Mars 1-projek gelikwide...

Sterre en planete 16.02.2019

'n Luisteraar wil weet hoe mens die spoed van lig kan meet as daar nie duidelikheid is oor wat presies lig is nie. Willie Koorts verduidelik ook meer oor die skeppingsverhaal en die ruimte na aanleiding van 'n luisteraarsvraag. En Matie Hoffman praat oor die komeet Iwamoto wat wat tans in die omgewing van die aarde met 'n verkyker te sien is.

Sterre en planete 09.02.2019

Wat is lig? Dis een van die tameletjies wat bespreek word. 'n Luisteraar, Pieter Smith, wil weet of dit moontlik is dat 'n maan ook 'n maan kan hê. En sterrekundiges daarin geslaag om konveksievlekke op 'n ander ster as ons son raak te sien. Heelwat inligting is beskikbaar oor die aktiwiteit van ons son, maar baie gevorderde optika word vereis om op 'n ander son aktiwiteit waar te neem.

Lyt til podcasten Sterre en Planete i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.