Stellenbosch Gemeente
Stellenbosch Gemeente Preke
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe. Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: sg-preke.castos.com
Forfatter
Stellenbosch Gemeente
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
27. sep. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
27 September 2026 || Moedertaal || André Serfontein 27.09.2026 29:26
"Instructions for living a life: Pay attention. Be astonished. Tell about it.” - Mary Oliver
20 September 2026 || Vertaal || Pieter Roeloffse 20.09.2026 45:31
Hoe sou jou perspektief op jou werk verander wanneer jy ook daar bid “laat U naam geheilig word, laat U koninkryk kom, laat U wil geskied”? Hoe sou dit lyk wanneer hierdie gebed beantwoord word? Kom gee saam met ons ’n volgende tree om die koninkryk van God na die res van ons lewe te vertaal.
6 September 2026 || Taal Van My Hart || Pieter Roeloffse 06.09.2026 33:09
Wat is die hart van Jesus se taal? Hy vertel ons met Sy eerste woorde in Markus 1:14-15. Markus 1 begin met Johannes die doper wat mense nooi om krities na die lewe en hul hartstaal te kyk; te erken dat die lewensdrama en hulle leef daarin, uit pas is met die lewegewende oertaal en dat dit is hoekom die wêreld so lyk. Hy nooi hulle uit om die horison dop te hou, hulle ore te spits, want iemand is...
30 Augustus 2026 || Hier Omgevou Deur Genade || André Serfontein 30.08.2026 31:27
Genade is soms verbasend alledaags. “ I do not understand the mystery of grace - only that it meets us where we are but does not leave us where it found us. ” - Anne Lamott
23 Augustus 2026 || Heiligheid Om Die Tafel || Deon Botha 23.08.2026 27:54
Jesus vertel van ’n gasheer wat sê: ‘Kom, alles is gereed.’ Een van die moeilikste dinge om te aanvaar van die Christelike geloof, is dat dit nie begin by wat ons vir God doen nie, maar by dit wat God vir ons voorberei het. Ons is gaste by ‘n feesmaal. Ons moet net opdaag en dit ontvang. Jesus is die gasheer wat aan ’n tafel sit, brood neem, dank, dit breek en vir sy dissipels uitdeel. God nooi en...
16 Augustus 2026 || Selfs Hier || Pieter Roeloffse 16.08.2026 45:35
“The Christian shoemaker does his duty not by putting little crosses on the shoes, but by making good shoes - because God is interested in good craftsmanship.” — Martin Luther
09 Augustus 2026 || Hier Binne 'n Groter Storie || André Serfontein 09.08.2026 33:30
Die storie van Josef is ’n voorloper tot die storie van Jesus. Dit vertel van ’n Vader wat verbind is daartoe om Josef se storie te verweef met ’n veel groter narratief: om lewe te skep uit dood. Ons deelname vra vir die geloof en vertroue dat dít God se hart is vir ons ook; dat dít is wat Hy steeds doen. Hy is die tipe outeur wat elke hoofstuk van ons lewens wil verweef tot ’n storie wat lewegend...
02 Augustus 2026 || Kyk Hier || Heinrich Dry 02.08.2026 31:40
Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus. • 2 Korinthiërs 4:6 AFR20
26 Julie 2026 || Reeds Hier || André Serfontein 26.07.2026 26:51
God werk selde deur kitsoplossings of onmiddellike antwoorde. Hy is teenwoordig in die stadige ritmes van die alledaagse lewe – in gesprekke, maaltye, werk, mense, wandelings, stilte, gebed en seisoene wat dag vir dag ontvou. Ons moet net ontwaak. Hy skip ook nie liedjies nie. Hy vra eerder dat ons sal vertrou dat Hy in elke hoofstuk van ons lewens betrokke is, en dat Hy dit als kan herskryf as ’n...
19 Julie 2026 || Skoonheid • Eenvoud || Pieter Roeloffse 19.07.2026 29:56
’n Duisend stemme skreeu soos markplein-verkopers vir ons aandag. Die nuutste guru’s vertel ons hoe ons moet dink. Sosiale media vertel ons waarvoor ons moet omgee. Christelike boeke belowe die vyf stappe na geestelike groei. Invloedryke Christelike stemme verduidelik wat "ware Christenskap" nou eintlik is. Politieke stemme vertel ons hoe die Koninkryk behoort te lyk. Elke dag ontvang ons meer inl...
12 Julie 2026 || Skoonheid • Vriendskap || Deon Botha 12.07.2026 27:05
Ons is geskep na die beeld van God, in verhouding — Vader, Seun en Heilige Gees Gesonde vriendskappe ly gereeld onder die illusie dat romantiese verhoudings belangriker is, selfs al is wat nodig is. Dit doen my huwelik goed dat ons goeie vriende het, ons doen afsonderlik goed saam met vriende maar ook saam. Ware, diep vriendskappe is waarskynlik van die mees onderskatte van alle verhoudings. Geluk...
28 Junie 2026 || Skoonheid • Lig || André Serfontein 28.06.2026 27:06
As ek jou sou vra om ’n bietjie dieper te kyk as die behoeftes op die oppervlak van jou lewe. Wat is die drie dinge waaraan jy ’n diep behoefte het, jou diepste begeertes. Wat sou dit wees? Die skrywer NT Wright verwys na drie begeertes of behoeftes van die mens: spiritualiteit (’n verhouding met God), geregtigheid en skoonheid. Watter rol speel die soeke na ‘skoonheid’ in jou lewe? Dit wat ons ve...
21 Junie 2026 || Die Gees Lei || Heinrich Dry 21.06.2026 29:14
Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is?
14 June 2026 || Die Gees Dra || Deon Botha 14.06.2026 27:15
Soms breek planne of drome. Soms breek vriendskappe. Soms breek harte. Jesus het dit so goed verstaan - die aand toe Jesus saam met sy vriende geëet het, het Hy die brood geneem, dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit om my te onthou.” Ons onthou vandag dat Jesus se liggaam ook gebreek is wanneer ons saam die nagmaal gebruik. Kry gerus vir jou tekens van die...
7 June 2026 || Die Gees Verruim || Pieter Roeloffse 07.06.2026 37:04
Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak daar in die begin van Handelinge dan sal jy sien daar staan “Die Handelinge van die apostels”. Tog, as jy Handelinge lees, kom jy agter dat dit eintlik Die Handelinge van die Gees is en die apostels (gestuurdes) en die kerk moet die heeltyd skarrel om by te bly by die uitk...
31 Mei 2026 || Die Gees Stuur || André Serfontein 31.05.2026 26:23
Die Gees stuur ons nie uit die wêreld uit nie, maar eerder ’n tree of twee nader aan die realiteit van ons wêreld. - André
24 Mei 2026 || Die Gees Vorm || André Serfontein 24.05.2026 32:06
Waar begin jou storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
17 Mei 2026 || Die Gees Gee || Heinrich Dry 17.05.2026 22:56
Ons begin vandag ’n reeks oor die Gees, ons hoop jy kom saam met ons op reis om God se Gees opnuut te ontdek en iets van die misterie te verstaan.
10 Mei 2026 || Herken Die Opstanding Kom Tuis || Pieter Roeloffse 10.05.2026 31:50
Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? - Pieter
03 Mei 2026 || Herken Die Opstanding In Die Alledaagse || Deon Botha 03.05.2026 30:38
“Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” - Deon
26 April 2026 || Herken Die Opstanding In Wonde || Pieter Roeloffse 26.04.2026 31:50
’n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie - dit is net vertraagde verweer. ’n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees ni...
19 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik Deur Sy Woorde || Heinrich Dry 19.04.2026 25:09
"En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?"Lukas 24:30
12 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik || Pieter Roeloffse 12.04.2026 32:26
In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe G...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.