RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
RSG Landbou 6 April 2026 06.04.2026 21:26
Ons praat met Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie se jaarlikse veeskool, en vind meer uit oor die Federasie van Saadverhandelingsverenigings se kongres in Kaapstad.
RSG Landbou 4 April 2026 04.04.2026 13:08
Ons vier boere-humor. Ons stel ondersoek in oor idiome met ’n landbouherkoms - van “‘n gegewe perd in die bek bek kyk” tot “varkies op hok”, saam met dr. Willem Botha, uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
RSG Landbou 3 April 2026 03.04.2026 20:50
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, sluit by ons aan met ‘n belangrike boodskap oor bek-en-klouseer en die vervoer van diere oor die Paasnaweek.
RSG Landbou 2 April 2026 02.04.2026 22:57
Dink aan ‘n gesonde, smaaklike aartappel – gesondheid uit die grond uit! Dis wat Aartappels SA se navorsingwerk verseker. Annemarie van der Merwe is dié organisasie se nuwe bestuurder van navorsing en innovasie. Sy praat ons oor nuwe planne vir hierdie bedryf. Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree 'n opwindende nuwe hoofstuk, gedryf deur innovasie, samewerking en nuwe generasie produsente. Ca...
RSG Landbou 1 April 2026 01.04.2026 24:43
Kunsmis is een van die grootste veranderlike insetkostes vir graanprodusente. Dit maak 30% tot 40% van totale produksiekoste uit. Graan SA monitor prystendense en gehalte. Die minister van landbou het onlangs die nuwe lede van die Nasionale Landboubemarkingsraad bekendgemaak. Die voorsitter, prof. André Jooste, verduidelik wat die funksie van dié instansie is. Ons praat met die wêreld se grootste...
RSG Landbou 31 Maart 2026 31.03.2026 22:05
Ons hoor hoe Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit toekomstige landbouers oplei. Rassies Landbou het ‘n paar jaar gelede met net 15 leerders en een onderwyser begin. Vandag het hulle op meer as 200 leerders en sewe onderwysers. Heinrich Victor is terug met die jongste wolveilingnuus. Ons vertel jou van ‘n watersuiweringsprojek in die Hartenbos-omgewing. Water vanaf Papkuil en Fluitjiesriet word ge...
RSG Landbou 30 Maart 2026 30.03.2026 22:54
Is jy as plaaseienaar bewus van die feit dat seisoenale werkers vroegtydig in kennis gestel moet word indien hulle diens vir die een of ander rede nie benodig word nie? Dit is een van ‘n aantal wysigings in arbeidswetgewing wat op die landbou van toepassing is. Arbeidspesialis André Bloem praat hieroor en ander kwessies soos vrywaring van die minimumloon en ouerskapverlof. Wat is die eienskappe va...
RSG Landbou 28 Maart 2026 28.03.2026 13:39
Daneel Rossouw, hoof van verkope in landbou by Nedbank, praat oor die aanwending van skuld, en hoe om groei te finansier. Hy praat ook oor tariefverhogings en die ontwrigting van wêreldmarkte.
RSG Landbou 27 Maart 2026 27.03.2026 24:17
Professor Johann Strauss van die departement van landbou in die Wes-Kaap werk op uiteenlopende stelselproewe waar verskillende gewasrotasies getoets word. Hy praat oor die inspan van biostimulante en navorsing wat in dié verband gedoen word.
RSG Landbou 26 Maart 2026 26.03.2026 24:51
Volgens die voorsitter van Bonsmara SA, Nelius Ferreira, het bek-en-klouseer die bedryf ‘n goeie les geleer, maar hy is optimisties oor die pad vorentoe. Christoff Lourens van die Overberg Jongooiklub praat oor die ontstaan en doel van dié klub. Vrystaatse boere het verlede week in Bloemfontein byeengekom vir ‘n landbou-indaba wat deur Vrystaat Landbou gefasiliteer is. Tydens die byeenkoms was dit...
RSG Landbou 25 Maart 2026 25.03.2026 24:45
Waarom word herlewingslandbou en volhoubare praktyke toenemend ‘n besigheidsvereiste vir produsente? Zhann Meyer van Nedbank verduidelik hoe dié praktyke landbou-uitvoere raak. Aartappels SA vertel wat in Februarie met aartappelpryse en markte gebeur het. Moet ook nie ons maandelikse internasionale landbounuus misloop nie.
RSG Landbou 24 Maart 2026 24.03.2026 23:49
Koringproduksie, veral in die Wes-Kaap, is onder geweldige druk, en produsente trek swaar. Ons hoor wat José de Kock hieroor gesê het by die wintergraan-werkgroepsessie by Graan SA se kongres. Heinrich Victor vertel wat by die wolveilings gebeur het. Boere in die Noord-Kaap is bekommerd oor hidrobreking in die Karoo, omdat dit watervlakke erg sal beïnvloed. Die Vaalputs kernkrag-stortingsterrein n...
RSG Landbou 23 Maart 2026 23.03.2026 23:07
Wildbedryf SA vier vanjaar hulle 20e bestaansjaar. Dit is ‘n organisasie wat onder meer volhoubare grondgebruik en etiese wildboerdery bevorder. RSG Landbou het die vieringe bygewoon, en daar met hulle voorsitter, Colin Engelbrecht, gesels. TLU SA se jongboere het onlangs naby Pretoria vir hulle jaarlikse konferensie bymekaargekom. Ons hoor wat ‘n paar van hierdie jongboere te sê gehad het. Die we...
RSG Landbou 21 Maart 2026 21.03.2026 12:59
Ons ontmoet Livingstone Stanley. Hy is ‘n geliefde landbouleier, en glo in generasionele oordrag van kennis. Hy is ook hoof by die Breerivier Bottelerings koöperasie. Hy verduidelik waarom landbou in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het.
RSG Landbou 20 Maart 2026 20.03.2026 20:31
Die winsgewende verbouing van koring kom onder die soeklig. Ons bespreek die funksie van korter rotasies, met ‘n verduideliking waarom produsente liefs nie canola op canola moet plant nie. Kunsmis in korter rotasiestelsels, asook die plantdatum en blomdatum van canola, is iets waarvan navoringstegnikus Piet Lombard heelwat weet.
RSG Landbou 19 Maart 2026 19.03.2026 24:41
Die Bloemskou is bekend vir hulle veeprogram, maar hulle was vanjaar genoodsaak om ander planne te maak. Volgens Elmarie Prinsloo staan die landbouprogram egter steeds nie terug nie. Het jy geweet die Willistonskou se melkbokskou is, sovêr bekend, die enigste melkbokskou in die land? Ons gesels met die wenner van vanjaar se skou, Philip van Schalkwyk. Hy vertel onder meer dat melkbokke vir skaap-...
RSG Landbou 18 Maart 2026 18.03.2026 23:15
Die veebedryf word dikwels uitgewys as ’n groot sondaar wat klimaatsverandering betref. Navorsing deur prof. James Blignault van die Universiteit Stellenbosch wys egter dat die modelle wat die veebedryf se koolstofvoetspoor en bydrae tot klimaatsverandering bepaal, ernstige gebreke het. As jy landbou-opleiding oorweeg, is dit belangrik om kennis te neem van veranderinge in die Seta-omgewing. Shaun...
RSG Landbou 17 Maart 2026 17.03.2026 24:14
Wees trots op jou produk ,en wys wat jy kan doen. Dít is die raad wat die 2025 Lamb Champs-wenner, Hennie Jonker, met vanjaar se kompetisiedeelnemers wil deel. Ons praat met hom oor die Hampshire Down-skaapras waarmee hy boer, en hoe die kompetisie tot sy boerdery bygedra het. Agrifusion is besig om ’n ESG-kaart in samewerking met Rooivleisbedryfsdienste te ontwikkel met die oog op risikobestuur i...
RSG Landbou 16 Maart 2026 16.03.2026 22:01
Wat maak veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik om op te los? Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum. Volgens kenners aard koffiebome nie op die Weskus nie. Tog het ‘n druiweboer van Lutzville, Riaan Engelbrecht, besluit om dit aan te plant. Ons gesels met hom oor sy sukses. ‘n Klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel is onlangs in Pretoria aangebied...
RSG Landbou 14 Maart 2026 14.03.2026 12:27
Dr. Jeanne Brand, ’n dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is een van twee navorsers in die land wat protokolle vestig oor die inspan van viervoetnatneuse wat nuttige take op plase verrig. Ons vind ook uit hoe wynterminologie meer verstaanbaar gemaak word deur kunsmatige intelligensie, op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.
RSG Landbou 13 Maart 2026 13.03.2026 21:40
’n Onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof sê dat produsente slegs sekere beperkte landboumiddels mag aankoop en aanwend sonder om as plaagbeheeroperateurs geregistreer te wees. Dit plaas die kollig op verantwoordelikheid in die landbouwaardeketting. Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor langlewendheid en moedereienskappy by vleisbeesrasse. Ons vind ook uit wat ‘n kalfie-kleuterskoo...
RSG Landbou 12 Maart 2026 12.03.2026 24:04
Tertia Castelyn van Struisbaai vertel van die hoenderrasse waarmee daar by die Swellendamskou geskou is. Keith Coetzee praat oor die toekoms van die jeugskou in die Noord-Kaap, en een van die organiseerders van die Williston-skou se slaglamkompetisie, Herlus le Roux, vertel hoe dié kompetisie tot veeverbetering in die distrik bydra. Johan van den Berg is terug met landbou-weernuus, en Chris Derkse...
RSG Landbou 11 Maart 2026 11.03.2026 25:06
Het jy geweet gebruikte sampioene kan as veevoer gebruik word? Dr. Klaas-Jan Leeuw van die Landbounavorsingraad is by navorsing hieroor betrokke. Die produksiestelsel wat Stompie Olivier van Hotspot Cattle naby Ventersdorp met sy Boran-stoetkudde gebruik, staan in talle opsigte uit. Dit is veral sy streng seleksiekriteria wat sy stoetkudde in die regte rigting lei. Die Noordwes Departement van Lan...
RSG Landbou 10 Maart 2026 10.03.2026 21:13
Die landboumaatskappy, BKB, werk die afgelope jaar saam met SA Stamboek om dieregenomika vir Merino-skaapboere meer prakties uitvoerbaar te maak. Isak Staats verduidelik wat hierdie projek behels. ‘n Nuwe geval van Afrika-varkpes is in November 2025 op ‘n plaas in Gauteng aangemeld, en sedertdien het die siekte op ‘n verdere vyf plase voorgekom. Dr. Marlene Louw van die SA Varkprodusente-organisas...
RSG Landbou 9 Maart 2026 09.03.2026 23:29
Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur? Wendy Petersen van SA Olive verduidelik hoe pryse beïnvloed word. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingraad praat oor die rol wat die bees se vel in die dier se aanpasbaarheid speel. Watter velkleur dink jy is die meeste bestand teen hitte? Ceres Fruit Growers het onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang. Dié erkenning beklemtoon hierdie app...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.