Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
14. okt. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Die nuus om 14:00 12.10.2026 3:58
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 13:00 12.10.2026 5:01
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
12:00 Nuus 12.10.2026 3:47
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan 12.10.2026 0:20
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land is sonder dat hulle om asiel aansoek gedoen...
Kabinet vra vir gestandaardiseerde verslagdoeningsvorm vir regeringsdienste 12.10.2026 0:32
Die kabinet het die ministerie van inligting- en kommunikasietegnologie beopdrag om ’n gestandaardiseerde verslagdoeningsvorm te ontwikkel vir regeringsdienste wat aanlyn beskikbaar is. Die minister van IKT, Emma Theofelus, het meer:
Namibië se voorste veeprodusente vereer by Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks 12.10.2026 0:40
Namibië se voorste veeprodusente is tydens die gala van Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks vereer, na afloop van 'n landwye kompetisie wat oor 22 plekke en meer as 12 000 kilometer gestrek het. Met meer as 11 000 speenkalwers wat verkoop is en 139 pryse wat toegeken is, het die kampioenskap uitnemendheid in veeproduksie gevier, asook die boere wat help om Namibië se beesvleisbedryf te verste...
Zimbabwe worstel ook hoë plaaslike brandstofkostes 12.10.2026 0:40
En dis nie net in Namibië en Suid Afrika waar oor ons die hoë brandstof-pryse kla nie: Zimbabwe worstel ook tans met hemel-hoë plaaslike brandstofkostes wat van die hoogste in die streek is. Die land se hewige petrol- en diesel-pryse word grootliks aangedryf deur voortdurende geopolitieke spanning. Die Zimbabwiese sakeman en ekonoom Eddie Cross sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Zimbabwe se tesourie en d...
Olie- en brandstofpryse kan nog lank hemelhoog bly 12.10.2026 0:38
Oliepryse kan vir langer as verwag hoog bly, met 'n stadiger as normale daling selfs wanneer pryse begin afneem. Ekonoom Dawie Klopper sê in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd sal neem om olievoorrade weer op te bou en bedrywighede by raffinaderye te herstel. Die vooruitsigte kan egter teen 2027 aansienlik verbeter.
Lamb Champs kondig nuwe span aan ná Namibië-onttrekking 12.10.2026 0:17
Intussen het Lamb Champs ’n nuwe span van tien skaapboere, bekend as die "Baa-Barians", aangekondig wat op 31 Oktober tydens die eerste Lamb Champs-uitnodigingstoernooi in Pretoria met Span Suid-Afrika sal meeding. Die verandering volg op Namibië se onttrekking aan die kompetisie weens bek-en-klouseer. Die stigter van die kompetisie en uitvoerende hoof van die landbou-organisasie Saai, Francois Ro...
Landbou-ministerie werk aan nasporing van BKS-uitbreking in Zambezi-streek 12.10.2026 0:40
Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir die vee-siekte getoets. Ministeriewoordvoerder, Romeo Muyunda, sê die bewegin...
11:00 Nuus 12.10.2026 4:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Eskom se energie-beskikbaarheidsfaktor bereik ses-jaar-hoogtepunt 12.10.2026 0:23
Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbetering...
Rivers International vra duidelikheid rondom Baynesdam-projek 12.10.2026 0:40
OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe en die omgewingsorganisasie International Rivers doen 'n beroep op die Namibiese regering om te verduidelik waarom 4 miljard Namibiese dollar se finansiering vir transmissielyne gekoppel aan die voorgestelde Baynesdam goedgekeur is voordat omgewingsevaluerings en gemeenskapskonsultasies voltooi is. Hans-Christian Mahnke van International Rivers het aan Kosmos 94...
10:00 Nuus 12.10.2026 4:13
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
DA bevraagteken Landbank-ondersoeker se moontlike botsende belange 12.10.2026 0:21
Die DA dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na 12 betwiste insolvente boedels wat deur die Landbank hanteer word, met moontlike botsende belange vir die ondersoeker Angelena Poole. Sy is een van twee persone wat aangestel is om die geskille te ondersoek en het verskeie bestaande professionele bande met die Landbank. Igor Scheurkogel van die DA sê boere verdien 'n ondersoek wat die optrede van pr...
N$1,000 basiese inkomstetoelaag kan armoede verlig en werksgeleenthede skep 12.10.2026 0:37
Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah steun 'n voorstel vir 'n basiese inkomstetoelaag en voer aan dat 'n maandelikse betaling van 1 000 Namibiese dollar kan help om armoede te verlig, klein besighede te ondersteun en toegang tot onderwys en gesondheidsorg te verbeter. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat befondsing van sleutelbedrywe en maatskaplike sekerheidsinstellings die voorstel in 'n redd...
09:00 Nuus 12.10.2026 3:48
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Zuma se gesondheid mag nie in ‘n nasionale spektakel ontaard nie 12.10.2026 0:22
Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as "media-waansin" beskryf, en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die voormalige president se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal behandel. Die stigting se woordvoerder Mzwanele Manyi sê Zuma verdien dieselfde...
9de Nasionale IKT-beraad skop in Ongwediva af 12.10.2026 0:28
Die Ministerie van inligting en kommunikasietegnologie sê alles is in plek vir die negende Nasionale Inligting en en Kommunikasie Tegnologie Beraad wat vandag in Ongwediva by die Ongwediva-handelssentrum afskop. Die vyf-daagse beraad kom Vrydag, 16 Oktober tot ‘n einde. Adjunkdirekteur vir Publieke Betrokkenheid, Shasimana Uugulu, het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die beraad sal fokus...
Cran: Digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internet-toegang beweeg word 12.10.2026 0:30
Pascal Haingura, uitvoerende hoof van Cran, sê Namibië se digitale toekoms vereis dat daar verder as basiese internettoegang beweeg word na die bou van plaaslike menslike en berekeningsvermoë. Haingura het beklemtoon dat hoewel breëbandinfrastruktuur fundamenteel is, langtermyngroei afhang van onderwyshervormings in KI en datawetenskap, tegnologiese leierskap en privaatsektor-innovasie om ware dig...
08:00 Nuus 12.10.2026 3:38
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sokker: Manchester City maak sy merk met oorwnning teen Liverpool 12.10.2026 0:19
Manchester City het Liverpool, wat met net tien man gespeel het, met 3-0 op Anfield geklop om sodoende hul voorsprong van drie punte boaan die Premierliga-punteleer te behou. Dit was City se eerste wedstryd sedert 'n onafhanklike kommissie die klub skuldig bevind het op alle aanklagte wat verband hou met ernstige oortredings van die Premierliga se finansiële reëls. Die klub het teen die uitspraak...
SA binnelandse sake loods biometriese aanlynplatform vir asielaansoeke 12.10.2026 0:18
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement ontwikkel 'n biometriese aanlynplatform om asielaansoeke te bespoedig, identiteitsverifikasie te versterk en te verhoed dat aansoekers wie se aansoeke afgekeur is, herhaaldelik eise indien om hul verwydering te vertraag. Na verwagting sal die platform teen 10 November vanjaar in werking wees. Schreiber sê die hervormings sal voor...
Sport: FNB Wanderers klop FNB Kudus, Namibiese vroue-binnenshuise hokkie-span klop SA 12.10.2026 0:33
FNB Wanderers is nou weer die NRU-Permierliga-kampioene na die span Saterdag die FNB Kudus platgeloop het met 'n eind-telling van 52–27 by die Hage Geingob stadion hier in Windhoek. Jean-Louis gesels om 8:15 met Wanderers-afrigter, Darryl de la Harpe, om uit te vind hoe die span hul oorwinning gevier het en hoe dit voel om weer die beker in hul besit te het. Die Namibiese vroue-binnenshuise hokkie...
Vyf vas vir dronkbestuur, meer as N$7,2m se dwelms in Sept gekonfiskeer 12.10.2026 0:35
Die polisie sê hulle het oor die naweek vyf bestuurders vir dronkbestuur gearresteer: een in Mariental, drie in Rehoboth en een in Outjo. Die Mariental- en Rehoboth-verdagtes verskyn vandag in die hof. In Outjo het beamptes ‘n 20-jarige man aangekeer nadat hy glo roekeloos gery het. In Otjiwarongo is ‘n 30-jarige man gearresteer omdat hy ‘n drankwinkel sonder lisensie bedryf het... en glo ‘n omkoo...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.