Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
14. okt. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
06:00 Nuus 13.10.2026 4:04
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gedagte vir die dag met Johan Els 13 Oktober 2026 13.10.2026 1:33
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop 13.10.2026 0:20
Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle partye moet dieselfde reëls volg om regverdigheid en sekerheid te verseker. Hy sê...
Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud 13.10.2026 0:16
Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad...
Op'ie Kantlyn, 12 Oktober 2026 12.10.2026 3:40
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die Dag Wat Was, 12 Oktober 2026 12.10.2026 5:36
Kry die nuus soos dit breek.
Die nuus om 18:00 12.10.2026 4:22
Kry die nuus soos dit breek.
Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas 12.10.2026 0:15
Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng D...
Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters 12.10.2026 0:38
Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker sê blywende vooruitgang sal d...
Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help 12.10.2026 0:23
Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag vir ingevoerde spesiale melkpoeier. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:
Die hoofnuus om 17:00 12.10.2026 4:08
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die nuus om 16:00 12.10.2026 3:32
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'Moenie skuldbelaaide belastingbetalers droogmelk nie' 12.10.2026 0:24
Finansminister Ericah Shafudah het die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, gewaarsku om nie belastingbetalers met skuld, met minder as hul wetlik beskermde inkomste te laat wanneer agterstallige belasting ingevorder word nie. In reaksie op die Swanu-leier Evilastus Kaaronda het Shafudah beklemtoon dat belastinginvordering met menslikheid hanteer moet word. Sy het NamRA aangemoedig om bekostigbare...
BKS: Boere moet waaksaam in Zambezi wees 12.10.2026 0:36
Die landbouministerie doen 'n beroep op boere in die Zambezi-streek om waaksaam te wees en vermoedelike tekens van bek-en-klouseer by vee aan te meld. Dit volg op die jongste opsporing van die siekte in die streek. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 gesê dit is belangrik, aangesien die oorsaak van die uitbreking in die gebied nog onbekend is.
VSA-ekonome palm Nobelprys in 12.10.2026 0:16
Die Amerikaanse ekonome Robert Hall en Michael Woodford is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vir hul werk oor ekonomiese bestendiging. Hul navorsing het gelei tot die ontwikkeling van raamwerke wat regerings en sentrale banke help om ekonomiese hoogte- en laagtepunte te bestuur deur rentekoerse, staatsbesteding en ander beleidsmaatreëls. John Hassler van die Nobelkomitee sê...
Verdagte vas in massaskietery in Wes-Kaap 12.10.2026 0:13
Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie verwelkom die inhegtenisneming van 'n man in verband met 'n massaskietery in Lwandle in die Strand op 27 September. Elf mense is dood en tien beseer. Die 32-jarige verdagte is Vrydag in Lwandle aangekeer. Polisiewoordvoerder André Traut sê die man verskyn vandag in die Landdroshof in die Strand op elf aanklagte van moord en tien van poging tot moord:
Die nuus om 15:00 12.10.2026 3:45
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vyf vermeende dwelmvervaardigers in hof in Gauteng 12.10.2026 0:13
Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium a...
Intercape se wiele sal bly rol 12.10.2026 0:40
Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus...
Die nuus om 14:00 12.10.2026 3:58
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 13:00 12.10.2026 5:01
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
12:00 Nuus 12.10.2026 3:47
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan 12.10.2026 0:20
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land is sonder dat hulle om asiel aansoek gedoen...
Kabinet vra vir gestandaardiseerde verslagdoeningsvorm vir regeringsdienste 12.10.2026 0:32
Die kabinet het die ministerie van inligting- en kommunikasietegnologie beopdrag om ’n gestandaardiseerde verslagdoeningsvorm te ontwikkel vir regeringsdienste wat aanlyn beskikbaar is. Die minister van IKT, Emma Theofelus, het meer:
Namibië se voorste veeprodusente vereer by Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks 12.10.2026 0:40
Namibië se voorste veeprodusente is tydens die gala van Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks vereer, na afloop van 'n landwye kompetisie wat oor 22 plekke en meer as 12 000 kilometer gestrek het. Met meer as 11 000 speenkalwers wat verkoop is en 139 pryse wat toegeken is, het die kampioenskap uitnemendheid in veeproduksie gevier, asook die boere wat help om Namibië se beesvleisbedryf te verste...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.