Huisgenoot
Huisgenoot Ware Lewensdramas
Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.netwerk24.com
Forfatter
Huisgenoot
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
19. okt. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Episode 41: Lauren Dickason vermoor haar drie dogtertjies 19.10.2026 33:59
Lauren Dickason het haar drie kinders vermoor nadat die gesin na Nieu-Seeland verhuis het – en toe ontvou 'n tragiese verhaal in die hof
Episode 40: Die diamantsmous Louis Liebenberg 12.10.2026 32:31
Sakeman, smous, skelm – dit als is hy al genoem. Die vreemde verhaal van 'n omstrede diamanthandelaar
Episode 39: Die reeksmoordenaars Shaun Oosthuizen en John du Plooy 05.10.2026 33:52
Hulle het kwesbare bejaardes landwyd aangeval, beroof en vermoor
Episode 38: Aangeneem, toe vermoor hy sy ouers 28.09.2026 32:48
Barnie en Magda van Heerden het Ruan kleintyd aangeneem, maar toe draai hy later teen hulle.
Episode 37: Die ontvoering van Gerco van Deventer 21.09.2026 31:56
Hy was sewe jaar lank weg nadat hy in Libië ontvoer is – en sy vrou het bly wag vir hom
Episode 36: 'n Slikramp vernietig die dorpie Jagersfontein 14.09.2026 30:00
Dit was soos iets uit 'n rampfliek toe slik die plattelandse dorpie Jagersfontein insluk.
Episode 35: Boksburg se aspoestertjie steel 'n halfmiljard rand 07.09.2026 30:00
Hildegard Steenkamp is vasgetrek nadat sy 'n berg geld by die werk gesteel het en alte luuks daarmee kon leef.
Episode 34: Die polisieman Richard "Makka" Smith jag sy lewensmaat 31.08.2026 30:00
Hul verhouding is gekenmerk deur besitlikheid en jaloesie, en toe vermoor die polisieman sy lewensmaat.
Episode 33: Die vergassing van die paartjie Mari Hoon en Jéan Vosloo 24.08.2026 30:00
Die jong verloofdes Mari Hoon en Jéan Vosloo is vergas tydens 'n romantiese wegbreeknaweek.
Episode 32: Die skokmoord van ds. Liezel de Jager 17.08.2026 30:00
Die geliefde predikant Liezel de Jager is buite die pastorie vermoor – en toe kom haar man se geheime op die lappe.
Episode 31: Die sluipmoord op Kiernan "AKA" Forbes 10.08.2026 30:00
Kiernan Forbes, oftewel AKA, was een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante toe hy op straat doodgeskiet is.
Episode 30: Die gesinsmoord deur Karl Greyvensteyn 03.08.2026 30:00
Wanneer Karl Greyvensteyn se ouers en broer in hulle beddens doodgeskiet word, dui alle bewyse na hom. Karl word wel deur kennisse as 'n patologiese leuenaar beskryfen dit kompliseer die ondersoek.
Episode 29: Die gruwels van reeks-verkragter en moordenaar Johannes Britz 27.07.2026 30:24
Ongelukkig was Johannes Britz tot op sy laaste oomblikke vir menigte vrouens ’n nagmerrie van ‘n man.
Episode 28: Die gastenkwa-tragedie in Boksburg 20.07.2026 30:00
Op Oukersdag 2022, is talle Suid-Afrikaners se lewens onherroeplik verander toe 'n gastenkwa in Boksburg ontplof het. 41 mense het as gevolg van die tragedie hulle lewens verloor.
Episode 27: Die raaisel oor die Willem Kruger se dood 13.07.2026 30:00
Willem Kruger se skielike verdwyning na ‘n vrolike kuiery het die hele land se aandag aangegryp. Wanneer sy voertuig later in die Vaalrivier ontdek word, is daar skielik baie meer vraagtekens as antwoorde en gerugte van vuilspel steek dadelik kop uit. Wat het daardie aand gebeur?
Seisoen 2: Die moord van Charl Munnik deur diamantdiewe 08.04.2025 30:48
Dit was ’n juweeldiefstal soos uit ’n rolprent, maar toe die skote begin klap lei dit tot die dood van ’n geliefde Worcester-juwelier.
Episode 25: Naamgenote, pa en seun, én albei vermoor hul vroue... 18.12.2023 28:29
Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.
Episode 24: Die tragiese dood van die bokskampioen Leighandre "Baby Lee" Jegels 11.12.2023 32:39
Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.
Episode 23: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma 04.12.2023 34:17
Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
Episode 22: Die wrede kindermoord van Poppie van der Merwe 24.11.2023 31:37
Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?
Die Podcast – Episode 21: Die bylmoord van Sonia Schwarz 20.11.2023 31:28
Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?
Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie Venter 09.11.2023 36:05
In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.
Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster 06.11.2023 32:42
Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.
Episode 18: Huurmoord op Pofadder 26.10.2023 33:08
Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.
Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg 19.10.2023 30:12
Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.