Hoe verklaar jy dit?
RSG
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 11 Januarie 2026 11.01.2026 21:51
Hoe algemeen is dit om ‘n perdehaarwurm in ‘n bidspringkaan te vind? Hoekom moet ons ons selfoonbatterye vol laai voor eerste gebruik, en is dit nodig om altyd jou battery vol te laai daarna?
Hoe verklaar jy dit? 4 Januarie 2026 04.01.2026 22:43
Watter stappe moet jy doen wanneer ‘n slang jou hond pik? Hoekom is katte minder die slagoffer van slange? Wat is die verhouding tussen insekte en plante? Wanneer suig die insek, en wanneer kou hulle?
Hoe verklaar jy dit? 28 Desember 2025 28.12.2025 21:25
Tydens die wintermaande is sekere swaeltjies in die Vrystaat gewaar. Het hulle die emigrasiebus verpas? Hoe kwaak ‘n padda? Is daar stembande, of is dit ‘n klank wat die ly produseer?
Hoe verklaar jy dit? 21 Desember 2025 21.12.2025 22:45
Waarom het teleskope geboë spieëls of lense om voorwerpe in die verte te vergroot? Hoe is dit dat die Piet-my-vrou so skielik uit die niet verskyn, en aanhoudend roep? Waar is hulle tydens die wintermaande?
Hoe verklaar jy dit? 14 Desember 2025 14.12.2025 22:54
Hoekom verander ‘n springkaan van kleur nadat hy die blom van ‘n sterlizia gevreet het? Hoe is dit vir geitjies moontlik om teen mure, selfs plafonne, te hardloop?
Hoe verklaar jy dit? 7 Desember 2025 07.12.2025 23:10
Wat is die verhouding tussen plante en insekte – wie voed eintlik die ander? Wat is die doel van die vagus-senuwee?
Hoe verklaar jy dit? 30 November 2025 30.11.2025 23:40
Die boomslang het ‘n slegte reputasie, maar is al die gruwelstories waar? Wat sou gebeur as ons nooit weer tuin sou maak nie, en ons los alles om self te groei en oorleef?
Hoe verklaar jy dit? 23 November 2025 23.11.2025 22:52
Hoe hoog vlieg voëls? Hoe dra die bergskilpad by tot saadverspreiding in die Suid-Afikaanse ekostelsel?
Hoe verklaar jy dit? 16 November 2025 16.11.2025 22:58
Hoe beïnvloed die hoek van 'n oprit die beweging van 'n voorwerp wat daar af rol? Wat is die mees fassinerende voorbeeld van simbiose wat Dave Pepler in sy navorsing teëgekom het? Wat kan dit ons oor die natuurlike wêreld leer?
Hoe verklaar jy dit? 9 November 2025 09.11.2025 22:42
‘n Luisteraar het ‘n videogreep ingestuur waar ‘n kewer ‘n ander laat ontplof! Waar gaan daar aan? Hoe verander sekere spesies van geslag? Watter omstandighede veroorsaak hierdie verandering?
Hoe verklaar jy dit? 2 November 2025 02.11.2025 23:06
Hoe verskil waterkewers van landlewende kewers? Wat presies is ryp, onder watter weersomstandighede vorm dit, en wat is die verskillende soorte ryp?
Hoe verklaar jy dit? 26 Oktober 2025 26.10.2025 23:06
Die wonder van vlug – mense vra gereeld hoe dit moontlik is vir vliegtuie om op te styg en in die lug te bly. Hoe is dit moontlik dat ‘n klip van 100 x 55mm en ‘n gewig van 160 gram, in ‘n bosbok se maag gevind is. Eet hulle klippe?
Hoe verklaar jy dit? 19 Oktober 2025 19.10.2025 20:41
Wat maak Suid-Afrika se orgedieë só spesiaal teenoor spesies in ander lande? Hoe pas sekere insekte in die ekostelsel in?
Hoe verklaar jy dit? 12 Oktober 2025 12.10.2025 22:27
Mannetjie-voëls is gewoonlik meer kleurvol as die wyfie. Is dit dieselfde geval by reptiele? Wat is die mees verrassende of teen-intuitiewe bevinding wat uit die navorsing oor insek/plant-interaksies kom?
Hoe verklaar jy dit? 5 Oktober 2025 05.10.2025 23:03
Hoe kry die sypikslang dit reg om van die kant van sy kop te kan pik? Hoe vorm sinkplaat-oppervlaktes op grondpaaie?
Hoe verklaar jy dit? 28 September 2025 28.09.2025 21:23
Hoekom is daar apies wat na Potchefstrooms se universiteit toe gaan? Hoe lank kan brulpaddas onder die grond bly voor hulle moet uitkom? Waarvan lewe dassies, en hoe het gebeur dat hulle in woongebiede voorkom, en nie net op berge en koppies nie?
Hoe verklaar jy dit? 21 September 2025 21.09.2025 22:38
Hoekom jeuk ‘n mens? Wat is ’n paar merkwaardige voorbeelde van inseknavigasie en insekmigrasiepatrone?
Hoe verklaar jy dit? 14 September 2025 14.09.2025 21:49
Papegaaie kan soms so duidelik praat, maar hoekom reageer die honde en katte nie op hulle stemme, of unstriksies nie? Wat is fassinerend aan die Nylmonitor-likkewaan in Suid-Afrika, en hoe speel hulle 'n deurslaggewende rol in hulle ekostelsels?
Hoe verklaar jy dit? 7 September 2025 07.09.2025 21:57
Is dit waar dat ‘n nuwe stokinsek in Australië ontdek is? Hoe is dit moontlik dat niemand dit al vroeër opgelet het nie? Waarom kry seekoeie en krokodille so min sepsis met sulke diep oop wonde wat tydens gevegte opgedoen word, in die vuil water waarin hulle leef? Kan ons iets daaruit leer?
Hoe verklaar jy dit? 31 Augustus 2025 31.08.2025 22:54
Is die jag van diere ʼn goeie of slegte ding vir die ekologie, en hoe kan iemand seker wees? Hoekom word sodawater van koolsuurgas en CO2 gemaak, en nie van suurstof en O2 nie?
Hoe verklaar jy dit? 24 Augustus 2025 24.08.2025 22:44
Is dit so dat insekte mekaar kan naboots, en indien wel, wat sou die rede hiervoor wees? Voed muskiete op paddas?
Hoe verklaar jy dit? 17 Augustus 2025 17.08.2025 22:57
‘n Slang en ’n voël - watter een is die predator? Hoe het vervloë dae se kristalradios gewerk?
Hoe verklaar jy dit? 10 Augustus 2025 10.08.2025 23:11
Daar is ‘n droë dam, bietjie reën en die babers is vollop, waar kom hulle vandaan? Wat beïnvloed die tyd wanneer bome uitloop, en hoekom is dit nie altyd dieselfde tyd nie?
Hoe verklaar jy dit? 3 Augustus 2025 03.08.2025 23:11
As duiwe so volop is, hoekom vang valke en arende selde of ooit een? Moes daar, in terme van evolusie, nie 'n aanwas van roofvoëls plaasgevind het teen hierdie tyd nie? Hoe kommunikeer walvisse en dolfyne met behulp van klank onder die water?
Hoe verklaar jy dit? 27 Julie 2025 27.07.2025 21:27
Hoe werk aposematisme by insekte om d.m.v. kleure en geure roofdiere af te skrik? Wat maak die Namib-duinadder uniek?
About the podcast
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
717
Latest episode
5. jul. 2026
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.