Hoe verklaar jy dit?
RSG
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? 05.07.2026 22:16
5 Julie 2026: Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef? Ons vind uit hoe insekte uiterste hitte, ysige koue en droë omgewings trotseer. En, ons beantwoord 'n luisteraarsvraag: As mikroskopiese lewe op Aarde onder ongelooflike omstandighede kan oorleef, kan daar dalk ook lewe op die Maan of Mars wees?
Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef sommige insekte in uiterste omstandighede? Word slange meer aggressief? 28.06.2026 22:53
28 Junie 2026: Hoe oorleef sommige insekte toestande wat vir die meeste lewe onmoontlik sou wees, soos vrieskoue, uitdroging en selfs suurstoftekorte? En, is dit waar dat slange al hoe meer aggressief word namate die aarde warmer word?
Hoe verklaar jy dit? Is diere selfbewus? 21.06.2026 22:40
21 Junie 2026: Is diere werklik selfbewus, of lyk dit net so vir ons? Hoekom voel dit asof ’n draaiende fietswiel of tol weerstand bied wanneer jy dit probeer omkantel?
Hoe verklaar jy dit? Waarom voer ’n houtkapper oorlog met sy spieëlbeeld? 14.06.2026 22:47
14 Junie 2026: Waarom vlieg ’n kuifkophoutkapper herhaaldelik teen ’n venster vas, asof hy doelbewus die glas aanval? En, hoekom vloei ’n rivier vinniger in die middel van die stroom as langs die oewer?
Hoe verklaar jy dit? Wat gebeur met jou liggaam in uiterste toestande? 07.06.2026 22:43
7 Junie 2026: Wat gebeur met jou liggaam wanneer dit aan uiterste toestande blootgestel word? En, kan ’n mens regtig vlieë wat in water verdrink het weer lewendig kry?
Hoe verklaar jy dit? Vreemde diertjie wat in droë dorsland oorleef; Insekte wat skielik in getalle toeneem 31.05.2026 22:30
31 Mei 2026: Wat is daardie vreemde diertjie wat in die droë dorsland oorleef? En, hoekom vermeerder sekere insekte skielik in groot getalle, terwyl ander amper verdwyn?
Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2026 24.05.2026 22:30
Hoe bly ’n papie lewendig binne sy omhulsel, en hoekom sterf hy as dit te vroeg breek? Hoekom sien ’n mens kilometers se voëlneste aan kragdrade tussen Britstown en Upington, maar amper niks tussen Britstown en Kaapstad nie?
Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2026 17.05.2026 22:18
Het jy al ooit gewonder hoe klank diere se gedrag, kommunikasie en hulle oorlewing beïnvloed?En hoe sekere organismes kan leef in plekke waar niks anders kan oorleef nie - van ys tot kookwater? Ons ontbloot die ongelooflike maniere waarop die natuur aanpas en oorleef.
Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2026 10.05.2026 23:07
Sommige diere kan klank “sien” deur vibrasies. Harde, mensgemaakte geraas kan hulle navigasie en oorlewing ernstig ontwrig. En, daar is organismes wat in toestande leef wat vir ons onmoontlik is - van yskoue poolstreke tot byna kookpuntwarm water.
Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2026 03.05.2026 21:42
Jou eie immuunstelsel kan soms jou liggaam aanval asof dit die vyand is. En, in die natuur kan plante insekte wegstoot met gifstowwe, maar sonder daardie insekte kan hulle nie voortplant nie. Ons verduidelik hoe hierdie skynbare teenstrydighede werk.
Hoe verklaar jy dit? 26 April 2026 26.04.2026 21:02
Oorlog vernietig nie net menselewe nie, maar kan hele ekostelsels vir dekades lank ontwrig, van besoedelde grond en water tot diere wat permanent uit gebiede verdwyn. Ons kyk na die onsigbare impak van oorlog op die natuur, en hoekom die skade baie langer bly as wat ons dink. Daar is paddas met deursigtige velle, sogenaamde glaspaddas, waar jy regdeur hulle lyf kan sien, selfs hulle kloppende hart...
Hoe verklaar jy dit? 19 April 2026 19.04.2026 22:56
Het jy al ooit gewonder hoekom ’n hond reageer op mense se stemme, maar nie op ’n papegaai wat presies dieselfde naam roep nie? En, kan paddas rêrig vlieg, of is dit net ’n wolhaarstorie?
Hoe verklaar jy dit? 12 April 2026 12.04.2026 23:01
Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken. Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê...
Hoe verklaar jy dit? 5 April 2026 05.04.2026 23:05
Miljoene jare gelede het iets begin, wat vandag nog die Kaap en Namakwaland uniek maak — ’n landskap só ryk aan plantedat dit nêrens anders op aarde bestaan nie. Wat lyk soos ’n slang wat oor sement beweeg, maar nie ’n slang is nie? Dis duisende larwes wat saam migreer! Hoekom? Waarheen? En wat gebeur volgende?
Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2026 29.03.2026 22:47
Ons vind uit hoe fyn verweef jou lewe met die natuur is, en hoekom die gesondheid van ekostelsels eintlik oor jou toekoms gaan. Wat gebeur wanneer diere oor generasies selektief geteel word? Watter onbedoelde biologiese nadele ontstaan so?
Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2026 22.03.2026 22:39
Nie alle insekte wat jy in jou tuin sien, eet jou plante nie. Sommige, soos bidsprinkane en sekere kewers, is roofinsekte wat ander insekte jag en opvreet. Hulle werk dus soos klein natuurlike plaagbeheeragente, wat help om plantvreters in toom te hou. Ons kyk na die rol wat sekere insekte speel in ’n tuin of ekosistelsel, en hoekom sommige insekte eintlik jou plante se beste beskermers kan wees....
Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2026 15.03.2026 22:46
Wanneer ’n kolonie roosluise oorvol word, of die plant swak word, ontwikkel sommige rooiluise vlerke, en vlieg na nuwe plante om ’n nuwe kolonie te begin. Het jy geweet dat ongeveer 90% van Madagaskar se plante en diere endemies is? Dit beteken hulle kom nêrens anders op aarde voor nie. Dis omdat die eiland al sowat 88 miljoen jaar geïsoleer is van ander kontinente.
Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2026 08.03.2026 22:55
Onder watter omstandighede byt slange droog? Hoekom lyk dit of sekere voëls en diere beter aanpas by veranderende omgewings as ander?
Hoe verklaar jy dit? 1 Maart 2026 01.03.2026 22:59
Hoekom is die mure van grotte, waar daar gewoonlik geen sonlig is nie, groen? Kan swaartekrag uitgeskakel word deur lug of atmosfeer te verwyder?
Hoe verklaar jy dit? 22 Februarie 2026 22.02.2026 20:20
Kan diere morele keuses maak, of lyk dit net so vanuit ’n menslike perspektief? Hoe affekteer menslike geraas, soos verkeer en konstruksie, diere se gedrag in die natuur?
Hoe verklaar jy dit? 15 Februarie 2026 15.02.2026 22:25
Wat is die verskillende stadiums van gedaanteverwisseling by insekte? Hoekom word daar gereeld slange in huise gevind? Wat is die aantrekkingskrag?
Hoe verklaar jy dit? 8 Februarie 2026 08.02.2026 22:55
Kan paddas vlieg? Hoekom kan narkose gevaarlik wees vir mense wat vetinspuitings gebruik? Wat is ‘n laser-geïnduseerde afbreekspektroskopie?
Hoe verklaar jy dit? 1 Februarie 2026 01.02.2026 23:06
Waarom dryf bote op water, maar rotse sink? Wat het simbiose te doen met die maak van parfuum?
Hoe verklaar jy dit? 25 Januarie 2026 25.01.2026 19:32
Wat is die kikkervis-garnaal, en watter rol vervul dit in sy ekostelsel? Wie het die grootste impak gehad op die benaming van diere en insekte in Suid-Afrika?
Hoe verklaar jy dit? 18 Januarie 2026 18.01.2026 23:14
Wat is die mag van kamoflering by insekte en diere? Hoe produseer sonbesies hulle klank, en hoe is dit moontlik dat sonbesies elke x-hoeveelheid jare klokslag verskyn en verdwyn?
About the podcast
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
717
Latest episode
5. jul. 2026
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.