Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: christianityworks.co.za

Forfatter

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategori

Religion

Podcastens hjemmeside

christianityworks.co.za

Seneste episode

1. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

‘n Nuwe Lewe Ontvang 23.04.2025

Send us Fan Mail Romeine 8:11 Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. (NLV)  Daar is 'n paar mense op ons dierbare planeet, aarde, wat ek seker is dat nie een van ons in die hemel sal wil ontmoet nie. Mense wat so gemeen, so boos...

‘n Geboorte tot ‘n Nuwe Lewe 22.04.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop  Het jy jouself al ooit in sulke moeilike omstandighede bevind, dat jy desperaat was en gewonder het of jy selfs die volgende dag gaan oorleef? Of het jy al vir...

Beslis ‘n Oorwinningsdag 21.04.2025

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sa...

Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek 20.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”  Ek ken twee soorte mense in...

Saterdag - Wagdiens 19.04.2025

Send us Fan Mail Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is...

Die Finale Oordeel 18.04.2025

Send us Fan Mail Markus 15:12-15 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelew...

Die Komplot Vererger 17.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 11:49-53 Een van hulle, 'n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.” Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die n...

‘n Persoonlike Aanval 16.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”  Ons k...

Suiwer en Eenvoudig 15.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 7:45-48 Daarna het die wagte na die priesterhoofde en die Fariseërs toe teruggegaan, en dié het vir hulle gevra: “Waarom het julle hom nie gebring nie?” Die wagte het geantwoord: “Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.” Die Fariseërs sê toe vir hulle: “Is julle tog nie ook mislei nie? Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van di...

Wat Verwag Jy? 14.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.  Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir...

Wat Beteken Dit Vir Jou? 13.04.2025

Send us Fan Mail Markus 8:36 Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?  Hoe kan jy 'n waarde op 'n menselewe plaas? Op die oomblik is daar immers meer as 8,1 miljard mense op hierdie aarde van ons. Dis nogal baie. So, hoeveel is net een mens werd as jy die sommetjies maak?  Wel dit hang af. In sommige kulture heg mense baie minder waarde aa...

Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie 12.04.2025

Send us Fan Mail Deuteronomium31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie,...

In die Skadu van die Allerhoogste 11.04.2025

Send us Fan Mail Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”  Dit lyk deesdae asof die wêreld permanent op die rand van die een of ander groot ramp is. Of dit die Koue Oorlog van die vorige eeu is, waar Rusland en Amerika mekaar gedreig het dat hulle duisende...

Stop Vloeke van die Voorgeslag 10.04.2025

Send us Fan Mail Johannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.  He...

Moenie Jou Geloof gebruik as verskoning vir Aggressie Nie 09.04.2025

Send us Fan Mail Sagaria 7:9-10 So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; moenie bose planne teen mekaar bedink nie.  As daar wel 'n God in die hemel is, wil jy sekerlik hê dat Hy 'n God van liefde, 'n God van geregtigheid en 'n God van h...

Die Here is Getrou 08.04.2025

Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)  Dit is maklik om so baie dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Neem byvoorbeeld jou vyf sintuie – reuk, smaak, sig, tas en gehoor. Stel jou voor as jy een daarvan verloor het. Of beter nog: stel jou voor dat jy twee daarvan verloor het - kom ons sê: sig en gehoor. Ewe skielik is jy...

Net Omdat Jy Kán … 07.04.2025

Send us Fan Mail Spreuke 12:18 Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woord bring eerder genesing. (NLV)  Dit lyk vir my of daar twee kategorieë mense in hierdie wêreld is. Diegene wat slim genoeg is om stil te bly en om hulleself te gedra wanneer iets onverwags gebeur. En diegene wat nie kan briek aandraai nie, wat dikwels, tot hul eie nadeel, die eerste ding wat in hul kop...

Smag na Meer 06.04.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus 2;2-3 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is. (NLV)  Wanneer jy terugstaan en daaroor nadink, besef jy dat dit ‘n enorme groot belegging is wat ons in ons kin...

Op die Skouers van Reuse 05.04.2025

Send us Fan Mail Levitikus 19:32   “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.  Hoe ouer ek word – en ek is nou nie eintlik so oud nie – hoe meer besef ek hoe noodsaaklik dit is om ons voorgeslag te respekteer en te eer. Daar is iets wat binne-in jou hart gebeur, wanneer jy besef dat die suksesse wat jy in die lewe behaal het, nie aan jo...

Droog die Trane Af 04.04.2025

Send us Fan Mail Jeremia 31:16-17 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word, sê die Here, jou kinders sal uit die vyand se land terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here, jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom.  Dit is 'n wrede feit van die lewe: jy kan jouself afsloof en jou heel beste lewe...

Onsekerheid en Hoop 03.04.2025

Send us Fan Mail Prediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.  Terwyl ons aan die toekoms dink, bevind ons onsself in ietwat van 'n dilemma. Aan die een kant smag ons na sekerheid. Ons wil regtig weet hoe dinge vir ons gaan verloop. Maar aan d...

‘n Onveranderbare Lewensbeginsel 02.04.2025

Send us Fan Mail Spreuke 11:25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.  Sekere natuurwette is onveranderbaar. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer; hoe hard jy op hulle skree en skree nie, of wat jy ook al doen nie, hulle sal nie buig nie, hulle sal nie verander nie. Op 5 Julie 1687 het die fisikus en wiskundige, Isaac...

Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid 01.04.2025

Send us Fan Mail Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV)  Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie …...

Onverdiend, Onbeperk 31.03.2025

Send us Fan Mail Efesiërs1:7-8 Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.  Daar is twee soorte vergifnis in hierdie wêreld. Die eerste soort is die een wat jy ontvang wanneer jy jou fout regstel. Maar dan is daar die vergifnis wat vryelik gegee word, ten spyte van die fe...

‘n Nuwerwetse Ingesteldheid 30.03.2025

Send us Fan Mail 1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV)  Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, ka...

Lyt til podcasten God se Woord VARS vir jou Vandag i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.