RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Geestesgesondheid 13 Februarie 2024 13.02.2024 44:10
Johan van Lill praat met psigiater dr. Chris van den Berg oor die merkers en mylpale wat belangrik is vir mans se geestesgesondheid. Wat is die padkaart waarop mans hulle geestesgesonheid kan bou?
Geestesgesondheid 6 Februarie 2024 06.02.2024 41:10
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die hantering van die onophoudelike druk en eise wat die moderne lewe op ons plaas. Wat is die impak daarvan op ons mees intieme kring – ons geliefdes, gesinne en familielede? En meer nog, op ons geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 30 Januarie 2024 30.01.2024 41:09
Johan van Lill praat met lewensafrigter, dr. Jan Niemand, oor mense se gesindheid, houding en ingesteldheid. Watter rol speel dit in jou geestesgesondheid en sukses in die lewe? Hoe verander ‘n mens jou houding of ingesteldheid?
Geestesgesondheid 23 Januarie 2024 23.01.2024 51:13
Johan van Lill praat met kliniese pastorale berader, Fanie Kriel. Ons begin so maklik die jaar met voorspoedige nuwejaar, maar wat beteken dit? Wat beteken voorspoed in jou lewe, en wat is die impak op jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 16 Januarie 2024 16.01.2024 44:19
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor positiewe manlikheid en die impak wat dit op mans se geestesgesondheid het. Wat is die algemene wanopvattings oor manlikheid wat veral met geestesgesondheidsuitdagings gepaard gaan.
Geestesgesondheid 9 Januarie 2024 09.01.2024 45:27
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige, dr Elzette Fritz, oor hoe ‘n vrees vir mislukking jou geestesgesondheid kan beinvloed? Waar kom hierdie vrees vir mislukking vandaan en hoe kan ‘n mens dit hanteer?
Geestesgesondheid 2 Januarie 2024 02.01.2024 44:55
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lynette Beer, motiveringspreker en -skrywer oor hoe om goed te wees vir jouself en die impak wat dit op jou geestesgesondheid het. Hier aan die begin van die nuwe jaar het baie van ons die idee dat ons ‘n nuwe kans het om van voor af te begin – hoe realisties is dit?
Geestesgesondheid 26 Desember 2023 26.12.2023 41:16
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met lewensafrigter, Jan Niemand, oor hoekom dit belangrik is dat ons nooit ophou om persoonlik te ontwikkel nie. Wat is die impak van persoonlike ontwikkeling op jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 19 Desember 2023 19.12.2023 40:51
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor “wat is ‘n man sonder sy werk?”. Ons fokus op manlike geestesgesondheid en praat oor mans wat hulle identiteit rondom hulle werk bou en hoe ons op nuwe manière na manlikheid moet kyk om mans se geestesgesonheid te bevorder.
Geestesgesondheid 12 Desember 2023 12.12.2023 40:31
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizelle de Bruin, radiojoernalis en kenner van ekspressiewe kunsterapie. Hoe en wanneer kan kunsterapie ‘n bydrae maak tot jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 5 Desember 2023 05.12.2023 43:05
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met kliniese pastorale terapeur, Fanie Kriel, oor die familie-dinamika en geestesgesondheid. Oor die feestye kom families byeen om saam te kuier en die interaksie tussen familielede kan ‘n groot impak hê op jou geestesgesondheid.
Geestesgesondheid 28 November 2023 28.11.2023 45:30
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizette Volkwyn oor kwesbaarheid. Lizette is ‘n lewensafrigter wat in 2023 besluit het om haar kwesbaarheid aan te spreek deur iets aan te pak wat sy altyd gedink het sy kan nie doen nie en dis om voor mense te sing. Sy vertel vir ons van die pad wat sy gestap het om haar eie kwesbaarheid te oorkom.
Geestesgesondheid 21 November 2023 21.11.2023 45:29
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op post-traumatiese stresversteuring. Wat veroorsaak dit? Hoe word dit behandel?
Geestesgesondheid 14 November 2023 14.11.2023 44:49
Johan van Lill met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat om te doen wanneer die lewe bietjie kleurloos raak. Hoekom het ons gesonde stres nodig?
Geestesgesondheid 7 November 2023 07.11.2023 40:45
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor hoe om lig te skep in tye van swaarkry. Hoe hanteer ek swaar tye? Hoe kan ek “ligtyd” in sulke tye vir my gesin, vriende en familie skep sodat alles nie net oor die swaarkry gaan nie?
Geestesgesondheid 31 Oktober 2023 31.10.2023 42:33
Johan van Lill praat met Simone Hieradien oor die pad wat sy gestap het as ‘n transgender vrou. Hule gesels oor die uitdagings, die proses en hoe sy haar lewe elke dag leef.
Geestesgesondheid 24 Oktober 2023 24.10.2023 41:25
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om jou volle potensiaal te bereik en om die maksimum vermoë te behaal. Hoe vind jy jou nering in die lewe?
Geestesgesondheid 17 Oktober 2023 17.10.2023 42:49
Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor hoe om uit jou groef te kom en positief na dinge te kyk. Watter impak het ‘n positiewe ingesteldheid op jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 10 Oktober 2023 10.10.2023 42:53
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor seksualisering by kinders. In 'n era waar die media en sosiale netwerke wemel van geseksualiseerde beelde en boodskappe, is dit noodsaaklik om te besin oor 'n gesonde manier om volwasse te word.
Geestesgesondheid 3 Oktober 2023 03.10.2023 44:29
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor verhoudingsafrigting. Hoe verskil verhoudingsafrigting van huweliksberading, en wanneer kan paartjies daarby baat? Watter verskil kan verhoudingsafrigting maak aan jou geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 26 September 2023 26.09.2023 45:00
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor angs by mans. Wat is angs? Hoe manifesteer dit by mans? Hoe kan dit behandel word?
Geestesgesondheid 19 September 2023 19.09.2023 42:23
Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n kliniese pastorale terapeut, oor delirium. Mense met LangCovid ly dikwels hieraan. Wat is die simptome, en hoe kan mens dit hanteer?
Geestesgesondheid 12 September 2023 12.09.2023 43:09
Johan van Lill praatmet opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor uitbranding by kinders. Wat is die tekens, en hoe word dit behandel?
Geestesgesondheid 5 September 2023 05.09.2023 43:05
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om by mislukkings verby te beweeg. Hoe moet ek dit hanteer wanneer dít waarvoor ek so hard gewerk het, nie gebeur soos ek dit voorsien het nie?
Geestesgesondheid 29 Augustus 2023 28.08.2023 42:34
Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor positiewe manlikheid. Hoe beïnvloed die “goeie ou sindroom” en verskillende argetipes mans se geestesgesondheid?
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.