RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Soetmelksvlei se erfenis 30.09.2026 6:25
Adele Johnson staan aan die hoof van Soetmelksvlei, en deel hulle erfenis uit 1897 se uitbeelding van die plaas wat eers as Donkerhoek bekend gestaan het in die Franschhoekvallei. Johan Rademan het met haar in die Jonkershuis oor die handvaardighede en gedeelde erfenis gesels.
Grafversorging 30.09.2026 6:59
Tanya Klopper vertel vir Martelize Brink hoe sy en ‘n vriendin grafte skoonmaak en onderhou. Hulle maak ‘n verskil, een graf op 'n slag.
Dorpsgeheime: Bothaville se motormuseum 30.09.2026 8:24
Freek de Kock vertel vir Martelize Brink van Bothaville se Nissan en Datsun Erfenismuseum met meer as 200 voertuie.
Waarvoor jaag jy? 30.09.2026 1:01
In die VSA is verskeie mense in die nuus oor jaag, of dit nou is vir ontbyt, of omdat hulle nie langer kon knyp nie.
Êrens oorsee: Shenzhen, China 29.09.2026 16:38
Braam Gerber vertel vir Martelize Brink van sy 18 maande in Shenzhen, China. Veral die Chinese se werksetiek en 12 uur werksdae is opvallend.
Magda se sopkombuis 29.09.2026 8:54
Magda Meyer van die Paarl vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe dit gebeur het dat sy deesdae weekliks 'n heilsame maaltyd vir 2 000 mense uit haar industriële sopkombuis kan aanbied.
Daar gaan die brandweerwa! 29.09.2026 1:10
‘n Man in New Hamshire in die VSA het ‘n brandweerwa gesteel terwyl die brandweer besig was om die brand by sy huis te probeer blus.
Eerste nuwe katspesie in 100 jar ontdek 28.09.2026 5:48
Dr. Gabriella Leighton vertel vir Martelize Brink van die Tilcayo-katspesie wat onlangs in Bolivië ontdek is.
In die wêreld van landbou 28 September 2026 28.09.2026 5:12
In die landbounuus: Kwalifiserende privaatmaatskappye kan bek-en-klouseer-entstof vir die Landbounavorsingraad vervaardig; Plaaslike melkproduksie styg effens in Augustus; Nuwe tegnologie kan boere help om rooijakkalse se gedrag beter te verstaan; en Winterstorm Kuilvoer skenk 1,5 ton per maand aan Kultuurtuiste.
Wetenskapwonder: Die Stanford-eksperiment 28.09.2026 5:51
Felix Spies vertel van die Stanford-eksperiment. ‘n Weergawe van dié omstrede navorsing in nagebootste gevangenisomstandighede sal binnekort op Netflix te sien wees.
Indië se vet hond-kompetisie 28.09.2026 1:18
Geïnspireer deur Alaska se vet beer-week waar die publiek vir die vetste beer kan stem, het Indië nou ’n weergawe vir honde, Fat Dogs of Delhi.
Jufrou Cynthia floreer ondanks teenkanting 25.09.2026 8:58
Destyds, toe sy in haar vroeë veertigs 'n pos as hoof van 'n laerskool op Heidelberg gekry het, is daar omtrent gegons en gefrons. Haidee Muller-Isaacs hoor Cynthia Roberts het haar goed van haar taak gekwyt, ten spyte van die teenkanting.
360 Speseryroete: Die kos en kultuur aan die Kaap in die 1800’s (Deel 2) 25.09.2026 3:10
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die opmerkings van ‘n Engelse dame in haar boek, Life At The Cape A Hundred Years Ago, oor kos aan die Kaap in die 1800’s.
Stanford se koraalboom 25.09.2026 4:53
Kalika Redelinghuys vertel vir Martelize Brink van die koraalboom in Stanforf met sy rooi blomme op kaal takke.
KI-maat 25.09.2026 1:47
In Suid-Korea gons dit oor ’n tv-realiteitsprogram, My AI Partner: Strange Love. Glanspersoonlikhede kry die geleentheid om ‘n kunsmatige intelligensie-metgesel saam te stel en tyd daarmee te spandeer.
Ouma Sue se demensie-reis 24.09.2026 9:16
Innes en Greta Benadé stap die pad saam met 'n geliefde wat aan demensie ly. Hulle versorg al jare lank hulle moeder, Sue, wat met demensie leef. Uit eie pyn en liefde, het hulle harte gegroei vir families op dieselfde reis. Innes dien ook as gekoöpteerde lid van die Demensie en Alzheimersverening (ADASA), wat fokus op die bewusmaking, opvoeding en ondersteuning van mense, familie en versorgers wa...
Jonk: Die vagus-senuwee (Deel 1) 24.09.2026 10:43
Dr. Lana Bouwer praat oor oor die vagus-senuwee, hoe dit werk, en die invloed wat kroniese spanning daaarop het.
Vyf geslagte - een verjaarsdag 24.09.2026 0:45
In Iowa, VSA, is daar ‘n gesin wat virvyf5 geslagte na mekaar ‘n verjaarsdag op 14 September deel. Die geboortes strek van 1907 tot 2025, en hou nou die Guiness-wêreldrekord.
Tannie Louise bak plaasbrood 23.09.2026 7:47
Verlede week het ons by Jan die Meulenaar op Soetmelksvlei gekuier. Johan Rademan het daarna oorgestap na Tannie Louise Johannes om mooi broodjies in die plaaskombuis van 1897 te bak.
Dorpsgeheime: Loxton se Bome 23.09.2026 6:24
Danie Snyman vertel van Loxton se bome. In 1899 met die onstaan, het mnr. N.J.H. Theunissen meer as 400 bome langs Loxton se nuwe strate geplant, en weekliks van sy plaas ingery dorp toe om die boompies nat te maak.
'n Oog vir voetbal 23.09.2026 0:58
Toe Steve Prater sy oog verloor, vervang hy dit met ‘n prostese met die logo van die Amerikaanse voetbalspan, Kansas City Chiefs, daarop.
Êrens oorsee: Figuira da Foz, Portugal 22.09.2026 11:00
Corné Gaspar vertel vir Martelize Brink van die lewe in Figuira da Foz in Portugal. Ons hoor onder andere van palings in hulle restaurante.
Gemeenskapsbou met dans 22.09.2026 6:11
Talitha de Klerk vertel vir Martelize Brink van Rhythm of Hope Outreach, wat met dans vreugde bring. Sy is vereer deur Nation Builder in hulle Proteas of Mzansi-inisiatief.
90-jarige liggaamsboukampioen 22.09.2026 1:21
Japan se Toshisuke Kanazawa is op 90 ‘n liggaamsboukampioen. Hy wil nog aan die Wêreld Liggaamsboukampioenskappe deelneem in die bo 60-kategorie, en vir Arnold Schwarzenegger wys wat hy kan doen.
Aanneming tussen spesies 21.09.2026 9:13
Marine bioloog Maryke Musson praat oor langtermyn-aanneming tussen spesies, soos ‘n narwal wat by baloegawalvisse woon.
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.