Driesestig

RSG

Society AF 5345 episodes

Where to listen?

Listen in your browser Replaio Web Available today
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Hent den på Google Play

Install now - 5M+ downloads, 4.8 rating

Episodes

Rouan, die tuiemaker 10.07.2026

Rouan Ontong is ‘n tuiemaker by Soetmelksvlei, waar ‘n 19de eeuse werkende interaktiewe plaaswerf uitgebeeld word. Hy lewer daagliks demonstrasies. Rouan is een 1 van slegs 5 tuiemakers in die land, en hy is die jongste van ‘n handvol vakmanne wat nog die masjiene systap en self hand aan die ploeg slaan. Johan Rademan het by hom gaan inloer.

360 Speseryroete: Die verwerking van wildsvleis 10.07.2026

Annatjie Reynolds gee praktiese wenke oor die verwerking van wildsvleis.

Vlieg sonder papiere 10.07.2026

‘n Vlieënier het vir 17 jaar lank by Air Canada as kaptein gewerk, sonder die regte lisensie. Sowat 900 vlugte later kom hulle dit toe agter.

Die verpleegsters van Karl Bremer 09.07.2026

Die Karl Bremer-hospitaal in Bellville in Kaapstad se noordelike voorstede is vanjaar 70 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het drie van die heel eerste bruin verpleegsters opgespoor wat desjare daar begin werk het, nadat die hospitaal oopgestel is vir almal.

Jonk: Geprosesseerde kos 09.07.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe moderne geprosesseerde kos ontwerp word in laboratoriums.

Grondboontjiebotterkuns 09.07.2026

Die Nederlandse konseptuele kunstenaar, Wim T. Schippers, is verlede maand oorlede. Ter herdenking stal Museum Boijmans Van Beuningen sy werk, Pindakaasvloer, uit. Dit is 263 kg se grondboontjiebotter, wat 2 cm dik in die vorm van ‘n 25 vierkante meter heksagoon gesmeer is.

Sandra op 78 08.07.2026

Op 78 is die bekroonde aktrise, Sandra Prinsloo, nog aan die gang in die vermaakbedryf. Trouens, soms kan sy self nie glo dat sy al sterk op pad 79 toe is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels oor nuwe dinge in 2026, en oor die ou dae in die bedryf.

Wat kan ons leer by… Die Koningin van Skeba 08.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel van die Koningin van Skeba wie se seun by koning Salomo die eerste van sy bloedlyn was, wat vir byna 3 000 jaar in Ethiopië regeer het.

Tweedehandse borsinplantings 08.07.2026

In Rusland druk die ekonomie, en vroue verkoop hulle borsinplantings aanlyn op die tweedehandse mark nadat dit verwyder is. Jy kan egter nie die prostese weer vir iemand anders inplant nie.

Êrens oorsee: Roemenië 07.07.2026

Casper Kruger gesels oor die lewe in Băbana, naby die stad Pitești in Roemenië.

Sorgverlatersprogram vir jongmense 07.07.2026

Alda Fourie vertel vir Martelize Brink van Engo Vrystaat se sorgverlatersprogram wanneer jongmense te oud word om in jeugsorgsentrums te bly.

Besteel terwyl hy steel 07.07.2026

Jalen Godard het in Maryland in die VSA sy rieme styfgeloop toe sy motor gesteel is terwyl hy inbreek by ‘n winkel. Toe hy die diefstal by die polisie aangee, sit hulle een en een bymekaar, en vir Jalen in boeie.

Troeldiere se tandgesondheid 06.07.2026

Dr. Elizna Boag praat oor troeldiere se tandgesondheid, en veral die aandag wat gegee moet word aan klein hondjies en katjies.

In die wêreld van landbou 6 Julie 2026 06.07.2026

In vandeesweek se landbounuus berig ons onder meer oor pogings om die prestasie van die Kaapstad hawe te herstel; AgriSA se kommentaar op ‘n verslag van die Nasionale Energiereguleerder; die prestasie van Suid-Afrika se melkbedryf; en ‘n kommerwekkende verslag oor plaagdoderreste in talle alledaagse kossoorte.

Joanie Voss oor RSG se matriekafskeidprojek 06.07.2026

Joanie Voss gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as begunstigde van RSG se 2025 matriekafskeidveldtog saam met die Elizabeth Galloway Academy of Fashion.

Troeteldier se as om jou oë? 06.07.2026

Grimeerkunstenaar Claire Hobson het haar hond se as met pigment gemeng, en semipermanente oogomlyner daarmee laat tatoeër, met die idee dat hy steeds die wêreld deur haar oë kan ervaar.

'n Stukkie Arabië in die Karoo 03.07.2026

Tradisionele Arabiese markte verkoop dikwels speserye, tekstiele, leerware, juweliersware, handwerk en kos. Dit dien ook as 'n sosiale bymekaarkomplek, en staan bekend as ‘n Souk. Jy hoef nie na Marrakesj, Tunis of Fez te reis nie, want in Prins Albert is daar ‘n Karoo Souk, waar Johan Rademan met ‘n wolspinner en -wewer gesels het, wat dié kuns al amper vier dekades lank beoefen.

360 Speseryroete: Braaikos 03.07.2026

Cornelle Minie vertel van die braaikos wat hulle voorsit by die Boerebraai Restaurant op Middelvlei.

Huur 'n hond 03.07.2026

Wangfu is ‘n aanlynplatform in China waar jy ‘n hond bestel om mee te gaan stap. Eienaars registreer hulle honde op die platform met inligting en ‘n foto, en dan kies die kliënt die hond wat hulle wil huur per uur.

Rico, die skaap 02.07.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Marietjie Brink oor Rico, ‘n skaap wat vir sewe jaar alleen en

Jonk: Kou jou kos behoorlik 02.07.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink dat kou sowel ‘n sielkundige as fisiologiese rol het.

Skildery van miljoene rand op straat gekry 02.07.2026

‘n Man het in Sevilla in Spanje ‘n skildery op straat opgetel. Vir hom was die raam mooi. Later vind hy uit dat die skildery R2,84 miljoen werd is… maar ook as gesteel aangegee is.

Brümilda se vol lewe 01.07.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die bekroonde aktrise, Brümilda van Rensburg, oor loopbaandinge en die lewe ná 40 jaar in die bedryf.

Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 3) 01.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van Middeleeuse ridders en die idee van ridderskap in die moderne lewe.

Stompies vir poffertjies 01.07.2026

WasteBar is ‘n kostrok in Nederland waar jy sigaretstompies kan ruil vir poffertjies. Dis ‘n inisiatief om mense anders te laat dink oor rommel.

About the podcast

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Language

AF

Episodes

5345

Latest episode

10. jul. 2026

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Hent den på Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.