Maroela Media

Die pad na selfbestuur

Arts AF ↓ 23 episoder

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: maroelamedia.co.za

Forfatter

Maroela Media

Kategori

Arts

Podcastens hjemmeside

maroelamedia.co.za

Seneste episode

20. maj 2024

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

‘Die pad na selfbestuur’: Daar is altyd ’n toekoms 20.05.2024

Flip Buys kom by die slotsom dat die verlede ons wys daar is altyd ’n toekoms. Dit is dus die grondslag waarop Buys sy hele filosofie bou. Kom luister hier na 'n voorlesing uit sy boek.

‘Die pad na selfbestuur’: ‘Hulle, julle en ons’ 23.09.2021

Flip Buys omskryf in die slothoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, ’n gesprek wat hy met ’n groep sakemanne gehad het oor die toekoms van die land.

Die padkaart na kulturele selfbestuur 16.09.2021

In die 34ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, sit Flip Buys ʼn raamwerk uiteen wat as ʼn vertrekpunt kan dien vir ʼn moontlike staatkundige plan vir kultuurgemeenskappe soos Afrikaners.

‘Die pad na selfbestuur’: Skep omstandighede vir voortbestaan 10.09.2021

Hierdie visie kom in die praktyk daarop neer dat die omstandighede geskep moet word sodat Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig hier kan bly.

‘Die pad na selfbestuur’: Misdaad kan met goue driehoek verslaan word 03.09.2021

Wat is dan die oplossing? Buys reken dat daar ʼn goue driehoek bestaan wat veilige samelewings oor die wêreld verseker.

‘Die pad na selfbestuur’: Plan A, B en C – ’n boer maak ’n plan 26.08.2021

Plan B gaan oor selfbesluitneming. Waar plan A oor sukkelende staatsinstellings gaan, gaan plan B oor selfhelp-gemeenskapsorganisasies. Waar plan A oor volledige meerderheidsbestuur gaan, gaan plan B oor groeiende selfbestuur. Met plan B raak ons staatsbestand en selfstandig.

‘Die pad na selfbestuur’: Die Solidariteit Beweging se hoofstroomplan 19.08.2021

Die aanname by die Solidariteit Beweging was dat Afrikaners ’n toenemende behoefte aan doeltreffende beskerming sou benodig. Dus is beplan om dit tot ’n hedendaagse Helpmekaarbeweging uit te brei om noodsaaklike dienste aan die Afrikanergemeenskap, asook ander gemeenskappe te lewer.

Kultuur: ’n Westerse suksesresep 13.08.2021

“Kultuur is nie net braaivleis, rugby en lekker musiek nie.”

‘Die pad na selfbestuur’: Bevolkingsriviere 05.08.2021

"Westerlinge sal vroeër of later uit die vloei van demografiese riviere moet kom.”

‘Die pad na selfbestuur’: Vrystede as model vir groeiende selfbestuur 30.07.2021

Buys kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat vooruitstrewende kulturele vrystede die alternatiewe oplossing is. “Indien hierdie dorpe genoeg ondersteuning geniet, kan al meer provinsiale en selfs nasionale funksies van die sentralistiese owerheid daarna afgewentel word.”

‘Die pad na selfbestuur’: Skotland en ’n Afrikaner-vrystad 22.07.2021

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek "Die pad na selfbestuur" beskryf hy ʼn komiese fiktiewe toekomsverhaal oor Brittanje. Hierdie denkbeeldige toekoms in Brittanje word as’t ware vervleg met die geskiedenis en beleid wat in Suid-Afrika van toepassing is en beskryf wat die gevolg hiervan in ʼn ander konteks sal wees.

‘Die pad na selfbestuur’: Groeiende selfbestuur as alternatief 15.07.2021

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, "Die pad na selfbestuur", verduidelik hy die konsep van groeiende selfbestuur en hoe dit as ʼn alternatief vir Afrikaners én ander gemeenskappe kan dien.

‘Die pad na selfbestuur’: Selfbestuur of ANC-bestuur? 08.07.2021

Elkeen van ons se lewe is te belangrik om dit net aan die ANC se beskikking oor te laat.

‘Die pad na selfbestuur’: Konsentrasie in ankerdorpe en kulturele kantons 02.07.2021

Buys bespreek egter nie net die uitdagings in dié hoofstuk nie, maar begin ook die praktiese oplossings ontrafel om dié bestaansvraagstuk die hoof te bied.

‘Die pad na selfbestuur’: Ons geslag se taak 24.06.2021

In dié hoofstuk, ondersoek Flip Buys van die Solidariteit Beweging die taak wat vandag aan Afrikaners opgelê is en bied praktiese insigte oor hoe dit vermag kan word. Luister saam na dié hoofstuk om Buys se uiteensetting te hoor van dit wat gedoen moet word, soos voorgelees deur Martin Jansen.

‘Die pad na selfbestuur’: Jode se vierpuntplan vir voortbestaan 17.06.2021

Hierdie hoofstuk is ʼn moet-luister vir enige een wat meer van die Solidariteit Beweging se boumentaliteit wil hoor.

‘Die pad na selfbestuur’: Switserland en die idee van federalisme 10.06.2021

In die twaalfde hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, bekyk Flip Buys die eeueoue vraag: Hoe moet Suid-Afrika se regeringstelsel lyk. Kom luister na hierdie insiggewende hoofstuk uit Buys se pen.

‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag 03.06.2021

Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Kom luister na die voorlesing van dié hoofstuk.

‘Die pad na selfbestuur’: 1994 is verby 27.05.2021

In hierdie hoofstuk klim Flip Buys kaalvuis in oor die “aannames” van die 1994-skikking en beoordeel dan hierdie aannames aan die uiteindelike gevolge wat uitgespeel het. Kom luister saam na die voorlesing.

‘Die pad na selfbestuur’: Die Grieke, Romeine en Afrikaners 20.05.2021

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk.

'Die pad na selfbestuur': Die rivier waarin die geskiedenis vloei 13.05.2021

Die beginpunt van ’n demografiese uitdaging moet ’n demografiese strategie wees, skryf Flip Buys. Kom luister hier na ‘n voorlesing uit sy boek.

‘Die pad na selfbestuur’: Wie is ons? 29.04.2021

In vandeesweek se hoofstuk van Flip Buys se boek, "Die pad na selfbestuur", bekyk hy die ou vraag: “Wie is ons nou werklik?” en “Wat is die Afrikaner?” Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit die boek.

Luister: ‘Die pad na selfbestuur’ 22.04.2021

“Die pad na selfbestuur”, geskryf deur Flip Buys, word in ʼn reeks boekvoorlesings eksklusief op Maroela Media bekendgestel. In die inleidende hoofstuk kyk Buys na die Afrikaner en soveel te meer hoe hierdie boek te werk gaan om die bestaanskrisisse wat die Afrikaner onlangs beleef, te takel.

Lyt til podcasten Die pad na selfbestuur i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.