RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Vers en klank 21 April 2026 21.04.2026 16:59
22 April is Wêreld Aardedag. Sophia van Taak en die voorleser, Hannah Borthwick, vier dié belangrike, wêreldwye bewaringsinisiatief met gedigte oor die natuur se skoonheid. Daar is ook verse wat ons as mense weer ’n slag herinner aan ons verantwoordelikheid as versorgers van die planeet.
Vers en klank 14 April 2026 14.04.2026 20:34
Voorleser Schoemé Steenkamp verken die element, lug, of dan nou lug in sy bewegende vorm: wind en asem. Dis iets waaroor ons eintlik gans te min dink – lug wat pal om ons en ook ín ons is. Trouens, daarsonder sou ons nie kon lewe nie! Daar is ’n paar verrassende filosofiese verse oor die wind.
Vers en klank 7 April 2026 07.04.2026 18:03
Ons ken haar as die sangeres van die destydse televisiereeks, Sonkring, se temalied. Ook as kaberetster wat al die werke van Piaf en Brel meesterlik vertolk het, en as liedjieskrywer en komponis met menige album agter haar naam. Maar nou het Helena Hettema ook begin gedigte skryf! Sy gesels met Sophia van Taak oor haar tweetalige debuutversameling, Journeyman, wat onlangs verskyn het.
Vers en klank 3 April 2026 03.04.2026 12:00
WEG Louw se reeks van ses sonnette, Die passie van ons Heer, bly sekerlik een van sy grootste bydraes tot die Afrikaanse letterkunde. Dit verskyn in 1944 by Constantia-uitgewers in die bundel, Adam en ander gedigte. Hierdie reeks verse lei ’n mens deur al die gebeure van Goeie Vrydag: van die laaste avondmaal af, na die tuin van Getsemane en die kruise op die koppie, tot by Jesus se begrafnis. Die...
Vers en klank 31 Maart 2026 31.03.2026 23:38
In sy gedig, Mislukte Doel, vra Ernst van Heerden: “Wat is die lot van soveel woorde?” en “Kan ’n woordpyl ooit die aardekors deurdring?” Hiermee bedoel hy: het die skryf van gedigte dan enige nut? En wáárom hou digters hulle nog hoegenaamd daarmee besig? Vind uit saam met Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys.
Vers en klank 24 Maart 2026 24.03.2026 23:38
Dit was onlangs Wêreld-Poësiedag. Hierdie inisiatief van UNESCO neem elke jaar verskillende gestaltes aan. Dit is natuurlik ’n poging om geletterdheid te bevorder, maar wil ook graag mense inspireer om hulleself met behulp van die digkuns te laat hoor. Sophia van Taak en Hannah Borthwick vier dié dag met voorlesings van gedigte oor, wel, gedigte! Ons hoor waar digters hulle inspirasie vandaan kry,...
Vers en klank 17 Maart 2026 17.03.2026 19:05
Sophia van Taak en die voorlesers, Schoemé Steenkamp en Wilhelm van der Walt, sit die reeks oor AG Visser voort. Hierdie keer luister ons na van sy grappiger gedigte, asook ’n paar verse wat al volksbesit geword het.
Vers en klank 10 Maart 2026 10.03.2026 20:27
AG Visser word nie soseer gereken as een van ons mees intellektuele digters nie, maar tog is sy werk – ’n volle eeu nadat hy dit geskryf het – steeds gewild. Dink maar aan daardie ballade oor die Ruiter van Skimmelperdpan! Die rede hiervoor is dalk omdat sy poësie so eenvoudig, maklik verstaanbaar en dikwels ook vermaaklik was. Sophia van Taak begin met ’n kort reeks oor dié digter se werk. In die...
Vers en klank 3 Maart 2026 03.03.2026 16:38
Sophia van Taak en die voorleser Julia Marone vier die volmaan met voorlesings van gedigte oor die maan.
Vers en klank 24 Februarie 2026 24.02.2026 17:39
Die digter en aktivis, Diana Ferrus, is op 30 Januarie 2026 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sophia van Taak en Lee-Ann van Rooy bring hulde aan dié geliefde figuur met gedigte uit beide haar bundels – ONS KOMVANDAAN en DIE VREDE KOM LATER.
Vers en klank 17 Februarie 2026 17.02.2026 24:26
Sophia Kaap gesels met Dietloff van der Berg, wie se eerste digbundel, Feesmaalgang, onlangs verskyn het. Dietloff het ook ’n paar jaar gelede die liefdesverse en aanhalings van die Persiese digter, Rumi, na Afrikaans vertaal. Hy vertel hoe ’n mens só ’n reusetaak benader.
Vers en klank 10 Februarie 2026 10.02.2026 21:15
Rosa Keet vier op die 10de Februarie haar 81ste verjaarsdag. Sophia Kapp en Henriëtta Gryffenberg hou vir Rosa ’n partytjie met voorlesings uit haar vyf digbundels. Henriëtta vertel ook hoe Rosa haar as jong draaiboekskrywer onder haar vlerk geneem het. Rosa is ’n groot gees, wat nie net ’n bydrae tot die digkuns gelewer het nie, maar ook haar merk in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gelaat he...
Vers en klank 3 Februarie 2026 03.02.2026 22:57
Jana Kruger neem ons diep die berge in. Ons skep asem en maak kop skoon met gedigte deur Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en nog vele ander.
Vers en klank 27 Januarie 2026 27.01.2026 25:44
Anrich Herbst en Nicole Holm sit die reeks oor Wilma Stockenström voort. Die uitgewer Naledi het inm 2025 ’n digbundel ter ere van dié 92-jarige digter gepubliseer, waarin ’n stuk of 25 digters verse vir haar geskryf het. Elkeen hierdie gedigte is geskoei op oorspronklike Stockenström-verse. Vat saam die spoor deur dié befaamde digter se werk, én hoor hoe ons jonger digters daarop gereageer het.
Vers en klank 20 Januarie 2026 20.01.2026 25:55
Die uitgewer, Naledi, het in 2025 ’n bundel ter ere van die digter Wilma Stockenström gepubliseer met die titel NOGMAALS VIR DIE BYSIENDE LESER. Dit is ’n sinspeling op Stockenström se debuutversameling, VIR DIE BYSIENDE LESER, wat in 1970 verskyn het. In hierdie nuwe bundel tree ’n stuk of 25 digters in hulle eie verse in gesprek met Wilma se werk. Anrich Herbst en Nicole Holm lees ’n keur van hi...
Vers en klank 13 Januarie 2026 13.01.2026 19:06
Karli Heine sit die reeks oor legendes en mites voort. Ons luister na ’n paar bekende ballades en voorlesings van gedigte oor eg-Suid-Afrikaanse volkslegendes, soos die heks van Hexriviervallei en die Vlieënde Hollander.
Vers en klank 6 Januarie 2025 06.01.2026 18:54
Ontsnap saam met Sophia van Taak na ’n fantasiewêreld vol mitiese wesens, soos die eenhoring. Van hulle is ook gedroggies wat kinders bang maak – soos die tokkelos, Antjie Somers en Makoemazaan die waterman. Karli Heine is die begeesterde voorleser van dié gedigte.
Vers en klank 30 Desember 2025 30.12.2025 16:36
Is jy een van die gelukkiges wat Oujaar iewers by die see vakansie hou? Vir die mense wat ver van ’n strand en brandergedruis is, bring Sophia van Taak die see so ’n bietjie nader met gedigte oor al die wonderlike kreature wat in die see woon, én die eienaardige dinge wat op die strand uitspoel. Julia Marone lees verse voor oor alles van walvisse tot seeperdjies!
Vers en klank 25 Desember 2025 25.12.2025 16:08
Anrich Herbst en Jana Kruger lees gedigte oor die feestyd voor. Daar is die bekende, meer gewyde verse deur van die ou meesters soos NP van Wyk Louw en AG Visser, en ook ’n paar verrassings wat jy dalk nog nooit voorheen gehoor het nie.
Vers en klank 23 Desember 2025 23.12.2025 23:30
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen verskyn. Susanne Beyers lees van Joubert se werk voor.
Vers en klank 16 Desember 2025 16.12.2025 26:06
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is ATRIUM. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen verskyn. Susanne Beyers lees van Joubert se werk voor.
Vers en klank 9 Desember 2025 09.12.2025 25:20
Die digter, Pirow Bekker, is in Julie 2025 oorlede. Hy sou op 9 Desember sy 90ste verjaarsdag gevier het. Ons luister na ’n spesiale program deur Sophia van Taak en De Klerk Oelofse ter herdenking van hierdie geliefde kortverhaalskrywer en digter. Bekker het oor ’n loopbaan van 60 jaar niks minder nie as 12 digbundels die lig laat sien, waarvan die laaste versameling, Die Bloei van Blomme, eers ná...
Vers en klank 2 Desember 2025 02.12.2025 24:05
Dis uiteindelik Desember, en nou begin jy die slapies aftel na die dag wat jou verlof begin. Maar daar is ook mense wie se werk nooit ophou nie: dit is die huisvroue. Hulle moet steeds sorg dat die huis netjies, die wasgoed gedoen en die kos lekker is. Nicole Holm lees gedigte voor oor die irritasies van die arme huisvrou.
Vers en klank 25 November 2025 25.11.2025 26:44
Sophia van Taak praat met Herman Wasserman oor sy eerste digbundel, WATERMAN, wat onlangs verskyn het. Herman staan aan hoof van die Stellenbosch Universiteit se Departement Joernalistiek, en hy is bekend vir sy talle akademiese publikasies. Hy beskou die digkuns as ’n teenvoeter vir die akademie, ’n meer kreatiewe platform waarop hy temas soos die verband tussen broosheid en skoonheid kan verken,...
Vers en klank 18 November 2025 18.11.2025 25:40
Sophia van Taak praat met Thérèse Bartman oor haar debuutbundel, Die helfte is jou nie vertel nie. Thérèse dig oor ’n hele paar hedendaagse én geskiedkundige karakters wat nie geletterd was of is nie. Gevolglik word hierdie mense se stories en stemme ook nie so duidelik soos die res s’n gehoor nie. Daarom het sy besluit om haar gedigte van die geskrewe taal los te maak en dit eerder as klankgrepe...
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály