RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Vers en klank 23 Maart 2021 23.03.2021 21:34
Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is. En waar daar vanuit hierdie perspektief gekyk kan word na hedendaagse, poëties gestruktureerde, reddingsboeie.
Vers en klank 16 Maart 2021 16.03.2021 41:18
André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel Die gladde stiltes in glas. Nini Bennett skryf in haar resensie: "Dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die bundel konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is. En of die digter se boustof nou klip, grond, rots, bouvalle, holtes grond of geogliewe is, hy...
Vers en klank 9 Maart 2021 09.03.2021 26:19
Amor Tredoux lees gedigte voor uit Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag, wat verlede jaar verskyn het. Dit handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment. Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit – klein stillewes en portretstudies van stadstuine, voëls, ’n Life Esidimeni-sla...
Vers en klank 2 Maart 2021 02.03.2021 40:41
Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het. Dr. Jan Daniels skryf in die voorwoord: Uit hierdie Valkenburg ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord 'n eie unieke ervaring daarv...
Vers en klank 23 Februarie 2021 23.02.2021 32:34
Die literator, dosent, resensent en digter Bernard Odendaal is in die ateljee, en ons luister na gedigte oor vrugte. Jy kan uitsien na gedigte deur Ina Rousseau, D.J. Opperman George Weideman, T.T. Cloete, Lucas Malan, Uys Krige, Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Wilma Stockenström, Marlene van Niekerk, Sheila Cussons en Boerneef.
Vers en klank 16 Februarie 2021 16.02.2021 30:10
Gideon Lombard lees gedigte voor uit die bundel LIEFDE, MISKIEN deur Herman de Coninck, vertaal deur Daniel Hugo. Die Vlaamse digter Herman de Coninck (1944-1997) staan bekend as die man was sy volk geleer het om poësie te lees. Hy was bekend as digter, kritikus en joernalis. Kenmerke van sy werk is die alledaagse tema, die verrassende gesigshoek, die praatstyl, die oorspronklike beeldspraak en ve...
Vers en klank 9 Februarie 2021 09.02.2021 30:56
Wessel Pretorius lees gedigte uit Marius Crous se vierde digbundel, Tussenganger, wat in 2020 uitgegee is. Louis Esterhuizen skryf: Tussenganger is 'n digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings. (Dis natuurlik die grootste uitdaging vir...
Vers en klank 2 Februarie 2021 02.02.2021 56:51
Ons neem afskeid van RSG se geliefde Margot Luyt, alhoewel haar invloed en mentorskap van vele asook haar kenmerkende stem altyd met ons sal bly. Jy kan van Margot se gunsteling gedigte en gedigte wat ons aan haar laat dink, hoor. Verse deur César Vallejo (vertaal deur Uys Krige), D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Antjie Krog, Gertruida Kamfer, George Weideman, Petra Müller, Sheila Cussons, Clinton...
Vers en klank 26 Januarie 2021 26.01.2021 25:32
Die skrywer, boekeredakteur, vervaardiger, aanbieder en nou ook digter, Gerard Scholtz, lees haikoes voor uit sy nuwe bundel, Stipstaar. Dit is uitgegee onder die druknaam Fluisterbos. Dit bestaan uit 122 haikoes in die tradisionele Japanese vorm, en reis deur ’n zen-landskap van die ontstaan van alle dinge af en strek van 'n teer verwondering oor die natuur en liefde, die mens se plek in die kosm...
Vers en klank 19 Januarie 2021 19.01.2021 22:31
Richard van der Westhuizen lees gedigte voor uit die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel, Die meeste sterre is lankal dood, asook na 'n paar van die kwatryne ingesluit in sy bundel, Duimnaelsketse, wat beide in 2020 verskyn het.
Vers en klank 12 Januarie 2021 12.01.2021 41:29
Luister na uittreksels uit die digter, sangeres en musikant Jolyn Phillips se nuutste bundel Bientang. Dis ’n epiese gedig waarin die raaisel van Bientang, ’n Khoi Strandloper wat in die vroeë 1900’s in ’n grot in Hermanus gewoon het, ondersoek word. Elodi Troskie skryf in 'n artikel in die onafhanklike webjoernaal Klyntji: "In haar teks verken Phillips die legende van Bientang, die laaste Strandl...
Vers en klank 5 Januarie 2021 05.01.2021 26:47
Ons bring hulde aan digters wat in 2020 oorlede is. Ons groet hulle, maar neem hulle verse met ons saam die nuwe jaar in. Jy kan uitsien na gedigte deur Jeanne Goosen, M.M. Walters, Gisela Ulyatt en Christine Barkhuizen-le Roux. Susanne Beyers lees die gedigte voor.
Vers en klank 29 Desember 2020 29.12.2020 29:41
Nic de Jager lees gedigte uit Cas Vos se mees onlangse bundel, Beskut teen vrese, 'n uiters relevante bundel vir die tydsgees waarin ons leef.
Vers en klank 25 Desember 2020 25.12.2020 53:09
Ingeperk vir ons ... a thrill of HOPE, the WEARY world REJOICES ... so lui die woorde uit die bekende O Holy Night. En hoe vuisvoos is ons wêreld nie na hierdie jaar nie! Hoe desperaat vir 'n sprankie hoop. God - die Een wat onbegrensd is, wat sonder perke is - het gekies om ingeperk te word vir ons. Hy het, in soveel woorde (maar veel meer met sy dade) vir ons kom sê: Dit is, alles in aggenome, g...
Vers en klank 22 Desember 2020 22.12.2020 25:43
Luister na gedigte en toonsettings uit Christine Barkhuizen-le Roux se laaste bundel, Skynskadu. Christine is op 18 November 2020, op haar 61ste verjaardag, oorlede. Joanie Combrink lees die gedigte voor, en die toonsettings word uitgevoer deur Babette Viljoen, Olga Leonard en Trudie Prinsloo.
Vers en klank 15 Desember 2020 15.12.2020 36:43
Johann Nel bring hulde aan die digter, dramaturg en satirikus, M.M. Walters, wat vanjaar in die ouderdom van 91 oorlede is. Johann lees van Walters se gedigte voor, en vertel meer van hierdie merkwaardige mens wat al by geleentheid as "ketter" afgemaak is, en by 'n ander geleentheid as "profeet" vereer is. 'n Mens sou hom kon beskryf as die hofnar van die Afrikaner-samelewing.
Vers en klank 8 Desember 2020 08.12.2020 35:20
Luister na gedigte uit Lynthia Julius se debuutbundel, Uit die kroes. Julius was die wenner van die AVBOB-digkunskompetisie in 2018. Bernard Odendaal skryf: "As postapartheid-nasaat van 'Ouma Xhau' kom vertolk hierdie Namakwalander en Kimberliet in 'n sprankelende Omgangsafrikaans die vlees en bloed van 'bruin' wees in Suid-Afrika. Sy loop haal dit in die Kaapse Kompanjiestyd met sy slawernyvergry...
Vers en klank 1 Desember 2020 01.12.2020 32:27
Luister na 'n tweede aflewering van gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer en akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om "doepa vir die droefte" te wees en die onderhoudende manier waarop hy kan gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Jy kan ook toonsettings en voorlesings van Weideman se gedigte deur Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (d...
Vers en klank 24 November 2020 24.11.2020 27:05
Luister na gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer en akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om "doepa vir die droefte" te wees, en die onderhoudende manier waarop hy kon gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Jy kan ook toonsettings en voorlesings van Weideman se gedigte deur Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (die HA!man) hoor.
Vers en klank 17 November 2020 17.11.2020 40:35
Laurinda Hofmeyr, veral bekend vir haar toonsettings van gedigte, is by geleentheid “die wonderkind van toonsettings” genoem. Sy gesels oor haar proses, die gedigte wat haar inspireer en ons luister na ‘n paar van haar mooiste toonsettings.
Vers en klank 10 November 2020 10.11.2020 37:01
Die jong digter Ryan Pedro gesels oor sy debuutbundel, Pienk Ceramic-hondjies, wat pas verskyn het. Antjie Krog skryf: "'n Nuwe generasie aan die woord ... weerloos en aangrypend." En Nathan Trantraal: "Pienk ceramic-hondjies is geskryf mettie craftsmanship vanne violin maker, ennie cool vanne underground hip-hop artist. Net toe Afrikaanse literatuur dink sy hys is nou wee in order, kom Ryan Pedro...
Vers en klank 3 November 2020 03.11.2020 25:56
Erica Wessels lees gedigte voor uit Carina Stander se digbundels, Die vloedbos sal weer vlieg en Woud van nege en negentig vlerke. Joan Hambidge skryf: Hier is 'n digter wat eg metafories dig, suiwer is en op 'n eerlike wyse met die lewe en spiritualiteit in gesprek tree. Ons het 'n terugkeer na die eenvoudige, uitstulpende, bykans magiese vers. En Henning Snyman: Hier is iemand wat self die rotsk...
Vers en klank 27 Oktober 2020 27.10.2020 37:57
Die skrywer, digter, sanger en teoloog Koos van der Merwe is in die ateljee. Hy is veral bekend vir sy tydskrifrubrieke en Afrikaanse vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werk. Hy lees gedigte voor uit sy bundels, en ons luister na van sy selfgeskrewe liedjies asook 'n vertaling van 'n Leonard Cohen-lied.
Vers en klank 20 Oktober 2020 20.10.2020 49:35
Antoinette Kellermann lees gedigte voor uit Antjie Krog se oeuvre. Krog is nie net 'n briljante digter is nie, maar is ook al 'n kulturele bemiddelaar genoem. Ons vier 50 jaar van haar digkuns. Haar eerste bundel het in 1970 verskyn toe sy 18 jaar oud was. Krog verjaar ook hierdie week, so dis 'n dubbele viering.
Vers en Klank 13 Oktober 2020 13.10.2020 27:28
Anrich Herbst lees gedigte voor uit Gelykmaker - Covid 19 gedigte, saamgestel deur Fanie Marais. Dis opgedra aan slagoffers van Covid-19 en aan elkeen wat deur 'n ondenkbaar veranderde leefwyse ingrypend geraak is sedert Maart 2020. Die gedigte waarna ons luister is verskillende mense se perspektiewe op die inperking en grendeltyd wat Covid-19 tot gevolg gehad het asook die hartseer, afsondering e...
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály