RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ Epizody: 762

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Tv

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

13. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Vers en klank 9 Augustus 2022 09.08.2022

Die digter Anita van der Walt was sowat twee jaar gelede in die Vers en Klank-ateljee om oor haar debuutbundel, HIERDIE MAANDAG IS ABSTRAK, te gesels toe ’n onvoorsienbare mediese noodgeval haar in die hospitaal laat beland. In dié week se program is Anita terug in die ateljee, nóg ’n digbundel ryker en reg om oor haar skryfwerk en nuutgevonde lewenslus te praat.

Vers en klank 2 Augustus 2022 02.08.2022

In Deel 2 van ’n program oor die digter Petra Müller luister ons na aktrise en regisseur Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames van die digter waarin sy van haar eie werk voordra.

Vers en klank 26 Julie 2022 26.07.2022

Die joernalis, manuskripkeurder, skrywer en digter Petra Müller wat in 2021 oorlede is, sou vandeesweek 87 jaar oud geword het. Ons luister na Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames met die digter waarin sy van haar eie werk voordra. Dit is die eerste deel van twee programme oor Petra Müller.

Vers en klank 19 Julie 2022 19.07.2022

Nelson Mandela is op 18 Julie, ’n 104 jaar gelede, in die Oos-Kaapse dorpie Mvezo gebore. Ons luister na gedigte oor dié geliefde leier. Heelwat daarvan kom uit die pen van Antjie Krog, tesame met werke van Marius Titus, André Boezak, Clinton V. du Plessis en Vincent Oliphant.

Vers en klank 12 Julie 2022 12.07.2022

Die grootwordjare is nie maklik nie, en vir elke onskuldige kind lê daar iewers langs die pad ’n stadium van ontnugtering voor. Luister na gedigte oor dié moeilike lewensfase se warboel emosies en soeke na begrip. Jy kan uitsien na treffende verse deur Lynthia Julius, André Trantraal, Corné Coezee en Hannes Visser. Die voorleser is Kay Smith.

Vers en klank 5 Julie 2022 05.07.2022

Die afgelope naweek het 2022 sy halfpadmerk verbygesteek. Ses maande is al weer in ’n oogwink verby, en ’n mens kan nie help om te wonder nie: Waar loop die tyd met ons heen? Ons luister na gedigte oor die tyd – die verloop daarvan, die vrees daarvoor, hoe ons maar gereeld bestekopname doen om te kyk of ons nog byhou, en ook darem “van tyd tot tyd” dit regkry om in die kosbaarste van alle tye – di...

Vers en klank 28 Junie 2022 28.06.2022

Die seevaarders van ouds was sekerlik van die dapperse mense ooit. Om die ongekarteerde stormsee aan te durf, het vir sommige groot rykdom bekom, maar ander het nooit weer aan wal gestap nie. Luister na verse oor die rampe waardeur ’n paar skeepskapteine en hulle bemannings getref is. Jy kan uitsien na verhalende gedigte oor die volksheld Wolraad Woltemade, die groot, wit walvis Moby Dick se skrik...

Vers en klank 21 Junie 2022 21.06.2022

Die tweede aflewering van gedigte oor die winter en sy storms, soos voorgelees deur Elsabé Daneel. Jy kan ook uitsien na meesterlike toonsettings van gedigte deur Eugéne Marais, H.A. Fagan en Koos du Plessis.

Vers en klank 14 Junie 2022 14.06.2022

Die winter is nou werklik op ons! Teen die kus langs sak swaar buie uit, en die binneland bibber van die koue! Pak jou kaggelvuurtjie, skink ietsie warms en luister na gedigte oor storms en gure weer. Die voorleser is Elsabé Daneel.

Vers en klank 7 Junie 2022 07.06.2022

Wat skryf ons digters oor die digkuns? Hoe kom hulle aan die dinge waaroor hulle verse skryf? En hoe skep ’n mens iets uit die niet? Luister na gedigte oor die skryf van gedigte deur, onder andere, Cas Vos, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en Uys Krige. Die voorleser is die aktrise Nicole Holm.

Vers en klank 31 Mei 2022 31.05.2022

Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. Verlede week het ons die eerste aflewering van ’n tweeledige program oor Cloete se lewe en nalatenskap uitgesaai. Nou kan jy vir die tweede hoofstuk inskakel. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.

Vers en klank 24 Mei 2022 24.05.2022

Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. In aanloop tot dié dag, kan jy inskakel vir die eerste van twee programme oor Cloete se lewe en digkuns. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.

Vers en klank 17 Mei 2022 17.05.2022

Vir ons hier in die Suidelike Halfrond, is dit nou die jaargety wanneer die sikliese verloop van lewe baie opvallend is. Die herfs is nie so baldadig soos die lente nie, maar die verandering in die natuur is ewe radikaal. Ons besing dié seisoen se lof. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Barend J. Toerien en Lina Spies. Die voorleser is die akteur...

Vers en klank 10 Mei 2022 10.05.2022

Met dié dat ons binnekort die enigste algehele maansverduistering van die jaar kan waarneem, is Sophia van Taak ’n bietjie met die maan gepla. Jy kan uitsien na gedigte deur I.D. du Plessis, Carina Stander, Andries Bezuidenhout en Elizabeth Eybers. Die voorleser is die aktrise Susanne Beyers.

Vers en klank 3 Mei 2022 03.05.2022

Die tema is die Krag van Verbeelding. Ons maak so dikwels op die digters staat om die realiteite waarmee ons worstel in woorde raak te vat. Om die lewe af te kook tot ’n stropie wat ons makliker kan afsluk. Maar dit is nie ál wat die digter doen nie. Hulle is ook die mense wat ver buite die grense van die realiteit gaan dwaal, in ’n gans ander landskap waar vreemde skepsels hou en alle dinge moont...

Vers en klank 26 April 2022 26.04.2022

Frieda van den Heever lees gedigte voor uit Hilda Smits se bundel, mag die diep slaap jou dan, wat in 2021  deur Protea Boekhuis uitgegee is. Smits se debuutbundel is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir poësie in 2017 en hierdie tweede bundel van haar word eweneens met groot lof ontvang deur die literêre gemeenskap. Dit is 'n bundel wat die leser boei en uitdaag, aan die raai hou, verwar, verdw...

Vers en klank 19 April 2022 19.04.2022

Die digter Colin Steyn gesels oor sy debuutbundel, Staf sonder maat. Colin is bekend met kontraste, en verlies aan verskeie fronte het deel van sy reis geword. Hy was van jongs af lief vir taal en om ervarings te verwoord. Dit was egter eers ná die heengaan van sy lewensmaat van 32 jaar dat hy meer ernstig begin dig het. Dit het gou uitgekring na ander temas wat hom na aan die hart lê. Geloofspers...

Vers en klank 15 April 2022 15.04.2022

In hierdie spesiale Goeie Vrydag program met gedigte en voorlesings deur van ons grootste digters en skrywers, herdenk ons die kruis as teken en oordink wat dit vandag steeds vir ons beteken. Jy kan uitsien na gedigte deur N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons, Lina Spies, I.L. de Villiers,W.E.G. Louw, Eveleen Castelyn, Koos van der Merwe, Linda Rousseau en Cas Vos. Johann Nel, Marion Holm, Susanne Be...

Vers en klank 12 April 2022 12.04.2022

In 2017 is die AVBOB Poetry Project bekend gestel wat ‘n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ‘n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ‘n kompetisie waarvan die wenners ‘n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhui...

Vers en klank 5 April 2022 05.04.2022

In 2017 is die AVBOB Poetry Project geloods, wat ‘n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ‘n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ‘n kompetisie waarvan die wenners ‘n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhuizen e...

Vers en klank 29 Maart 2022 29.03.2022

André Samuels lees gedigte voor uit die bundel, Heenkoms, deur Meyer van Rensburg. Meyer het na 'n lang stilte van 38 jaar hierdie tweede bundel die lig laat sien in 2021. In hierdie bundel word geworstel met die sin van die lewe en die ouderdom. Joan Hambidge skryf in haar resensie: "Daar is wat hierdie leser betref nie een swak vers in die bundel nie. Welkom terug, Meyer van Rensburg! Dit is ‘n...

Vers en klank 22 Maart 2022 22.03.2022

Eben Genis lees gedigte voor deur Clinton V. du Plessis. Du Plessis word dikwels beskou as een van Afrikaans se mees onderskatte digters. Hy skryf toeganklike, deernisvolle verse en alhoewel hy lanklaas gepubliseer het, het hy vele volgers op Facebook, en plaas hy gelukkig baie van sy gedigte daar. Hy is 'n rekenmeester met 'n kop vir syfers en 'n hart vir woorde.

Vers en klank 15 Maart 2022 15.03.2022

Die digter en akademikus, Bernard Odendaal, is in die ateljee saam met Frieda van den Heever vir nog 'n aflewering van 'n reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaanse digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met die lieflike Overberg - dié keer die kusgedeelt...

Vers en klank 8 Maart 2022 08.03.2022

Ons luister ons na gedigte en liedjies uit die pen van Hanru Niemand. Hanru is 'n boorling van die Paarl, en 'n kliniese sielkundige wat in Durbanville woon en werk. As veelsydige Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, geniet hy groot agting onder musiekliefhebbers en -kenners ter plaatse en oorsee. Van sy werk is al in Russies vertaal. Benewens 'n besondere passie vir musiek, klop sy hart ook veral...

Vers en klank 1 Maart 2022 01.03.2022

Akteur en dramaturg Wessel Pretorius lees van sy gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Pieter Odendaal, Sheila Cussons, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Johan Myburg, Wilma Stockenström en Loftus Marais.

Poslouchej podcast Vers en Klank v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály