RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ Epizody: 712

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Health

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

4. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

28 Aug 2016 27.08.2016

Johan van Lill praat met Pieter Cronje, 'n kommunikasiespesialis, oor onderwysers as handelsmerke. Daar is ook nuus oor 'n innovasie-kompetisie vir hoërskoolleerders.

21 Aug 2016 20.08.2016

Johan van Lill gesels met maatskaplike werker Hester Bosman-Sadie oor al die aspekte van die Suid-Afrikaanse Kinderwet waarvan onderwysers moet kennis neem as deel van kinderveiligheidsmaand.

14 Aug 2016 13.08.2016

Johan van Lill kyk na 'n verslag oor kindermishandeling wat pas gepubliseer is en waarvan onderwysers moet kennis neem. Hy loer ook in by 'n kunsklas.

7 Aug 2016 06.08.2016

Johan van Lill kyk na die rol wat ouers speel om hulle kinders lief te maak vir lees. En ons vind meer uit van wat alles gedurende Nasionale Wetenskapweek gebeur.

31 Jul 2016 30.07.2016

Johan van Lill kyk na nie-regeringsorganisasies wat intervensies by skole doen. Sy gaste is Bjorn Alexander en Jako Pienaar wat betrokke is by Hilltop Legacy, 'n nie-regeringsorganisasie.

24 Jul 2016 23.07.2016

Johan van Lill praat met dr. Lettie Horn, 'n leerondersteuningsterapeut en taalontwikkelingspesialis, oor die belangrikheid van perseptuele ontwikkeling in laerskole.

17 Jul 2016 16.07.2016

Johan van Lill gesels met Nedine Blom oor hoe mens musiek kan gebruik om kinders positief te maak oor Wiskunde. En dr. Michael le Cordeur van die Universiteit van Stellenbosch vertel hoe studente oor hulle toekoms voel.

10 Jul 2016 09.07.2016

Johan van Lill loer in by een van die talle winterskole wat dwarsoor die land gehou is om leerders te help opvang met werk waarmee hulle mee agter geraak het. Johan gesels ook met dr. Nicol Faasen oor drukgestremdheid.

3 Jul 2016 02.07.2016

Johan van Lill gesels met Pieter Cronje, 'n kommunikasiespesialis, oor die emosionele versorging van onderwysers. En Wilna van Rooyen, hoof van die voorskoolse afdeling van Leeuwenhof Akademie, vertel wat alles belangrik is in die Graad R onderwysjaar.

26 Jun 2016 25.06.2016

Johan van Lill loer in by een van die laaste oefeninge van 'n groep tieners wat tans in Japan vir hulle swart gordels gradeer, en ons hoor hoe karate sekere waardes by hulle ontwikkel het. Johan gesels ook met Pieter Cronje, 'n kommunikasiespesialis, oor die belangrikheid van goeie kommunikasie in die onderwys.

19 Jun 2016 18.06.2016

Johan van Lill gesels met die skoolhoof van 'n afgeleë plaasskool wat 'n reuse verskil in die gemeenskap maak en ook oor die veerkragtigheid van onderwysers.

12 Jun 2016 11.06.2016

Johan van Lill gesels met dr Jurie Joubert oor 'n besoek aan Indiese skole en ons gaan loer ook in by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en meer te hoor van hulle onderwysprojekte.

5 Jun 2016 05.06.2016

Johan van Lill gaan loer by die Weskaap se uitdunrondte van die SAASTA Wetenskapsdebatskompetisie in en hoor ook by twee studente hoe hulle die universiteit teenoor skool ervaar.

29 May 2016 28.05.2016

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Quinton Adams oor die uitdagings wat skole het met kinders wat uit informele nedersettings kom.

22 May 2016 21.05.2016

Johan van Lill praat met met Danie van Wyk, die bestuurder van Die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust oor die uitdagings wat armer skole te bowe moet kom.

15 May 2016 14.05.2016

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk Luttig en dr. Heinie Brand oor waardegedrewe dissipline in skole.

8 May 2016 07.05.2016

Johan van Lill gesels met die skoolhoof van Jan Krielskool op Kuilsrivier oor hulle prestasie om as die beste spesiale skool in die land aangewys te word. Hy hoor ook hoe Laerskool Eversdal tablette in die klaskamer benut.

1 May 2016 30.04.2016

Johan van Lill gesels met oogkundige Inge Loubser oor visieprobleme in die klaskamer. Sy gee wenke oor hoe onderwysers leerders met visieprobleme kan identifiseer.

24 Apr 2016 23.04.2016

Johan van Lill gesels met die skrywer, motiveringspreker en ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, oor wat onderwysers alles kan doen om die druk waaronder hulle verkeer, te oorleef.

17 Apr 2016 17.04.2016

Johan van Lill kyk na die gehalte van onderwysers wat die professie betree, en hoe om verskillende temperamente in die klaskamer te hanteer.

10 Apr 2016 10.04.2016

Johan van Lill praat met Karel Esterhuyse, medeprofessor in Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, oor lees en speltoetse om kinders se ontwikkelingvlakke te bepaal. Hoe werk hierdie toetse en hoe word dit opgestel?

3 Apr 2016 02.04.2016

Johan van Lill gesels oor lewensafrigtingsvaardighede vir onderwysers met Kim Ikel, 'n lewensafrigter en onderwyskundige.

27 Mar 2016 26.03.2016

Johan van Lill praat oor sport vir gestremdes. Jannie Putter verduidelik hoe skole oordrewe kompetering op sportgebied kan hanteer.

20 Mar 2016 19.03.2016

Johan van Lill praat met onderwyskundige, Dr. Andre Vermeulen oor verskillende leervoorkeure en die rol wat leerders se breindominansie in die klaskamers speel.

13 Mar 2016 12.03.2016

Johan van Lill gesels met regsonderwyskundiges, Cecile Eloff en Annamagriet de Wet van die Noordwes Universiteit, oor die hantering van rassisme in skole.

Poslouchej podcast Ons en die Onderwys v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály