Netwerk24 Klankgolwe
Netwerk24 Klankgolwe
Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.netwerk24.com
Autor
Netwerk24 Klankgolwe
Kategorie
Web podcastu
Nejnovější epizoda
19. lis 2026
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
55. Die winters. Met Toast Coetzer 19.11.2026 15:21
Die winter is nie almal se gunstelingseisoen nie, maar tog is daar sekere dinge wat eenvoudig lekkerder is in die winter - soos biltong eet, wildtuin toe gaan en by Oppikoppi uithang. . .
Knoeipraatjies ondermyn geldige punte wat Rassie maak 18.11.2026 18:42
In dié week se episode van Rapport Praat Sport bespreek ons Rassie Erasmus se jongste uitlatings en gevolglike skorsing. Ons vra ook: Was dit wys om nie die skorsing van ses wedstryde te aanvaar nie en eerder vir ’n volwaardige tugverhoor te vra? Sport | Rapport
54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak 12.11.2026 13:56
Met watter soort skoene stap jy die lewe tegemoet? Sophia van Taak is seker van haar saak: vellies.
Dan Biggar is reg: Sacha ís die wêreld se beste nr. 10 11.11.2026 24:16
Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spoggerige eerste helfte teen Italië, en wat om te verwag van Vrydagaand se tweestryd tussen Sacha Feinberg-Mngomezulu en Antoine Dupont. Ons praat ook oor die oud-Aussie-kolwer Usman Khawaja se skuurpapier-onthullings, en oor Tatjana Smith se besluit om Suid-Afrika vir Nederland te verruil. Sport | Rapport
53. Dinge wat jy nié in die bos mis nie. Met Toast Coetzer 05.11.2026 19:26
Wanneer jy terugkeer stad toe ná 'n lang ruk in die bos, is daar 'n rits dinge wat jy skielik besef jy glad nie gemis het nie.
Rassie se plan met groentjies: Bou vir ná WB 04.11.2026 24:27
Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons oor al die groentjies in Rassie Erasmus se Springbok-groep. Ons kyk veral na die insluiting van die talentvolle jong Markus Muller, en bespiegel oor moontlike redes waarom ander groentjies soos Zekhethelo Siyaya en Ethan Adams nog nie opgeroep is nie. Ons gesels ook oor die Proteas se spogoorwinning oor die Aussies. Sport | Rapport
52. Die Boeddha van bakkie-ry. Met Evan Naudé 29.10.2026 19:54
Is jy benoud wanneer jy iewers in die veld alleen in jou bakkie ry? Hier is drie stappe tot innerlike vrede wanneer jy met 'n bakkie die boendoes invaar.
EPISODE5: WAT VOORSPEL DIE VERKIESING VIR 2029? 27.10.2026 8:25
episode 5: Wat voorspel díé verkiesing vir 2029?* Netwerk24
EPISODE4: WANNEER WEET ONS WIE REGEER? 27.10.2026 5:06
episode 4: Wanneer weet ons wie regeer?* Netwerk24
EPISODE 3: VIR WAT STEM EK OP 4 NOVEMBER? 27.10.2026 5:01
episode 3: Vir wat stem ek op 4 november? Netwerk24
51. Waar slaap jy vanaand? Met Toast Coetzer 22.10.2026 15:12
Op 'n reis uit die Kalahari na Kaapstad tob Toast Coetzer oor die lewe en sy draaie.
50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé 15.10.2026 17:46
Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.
49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak 08.10.2026 18:35
Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.
48. Wat is cool? Met Toast Coetzer 01.10.2026 11:11
Dis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?
LUISTER | Kobus Kotzé lees sy gedig “Nie alle huise is permanent nie” voor 22.09.2026 0:47
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
LUISTER | Kobus Kotzé lees sy gedig “Silwerstraat, Desember, 1996” voor 22.09.2026 0:52
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is... 16.09.2026 25:21
In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na briewe@rapport.co.za. Sport | Rapport
Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied 09.09.2026 20:31
In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion! Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoe...
Dave Rennie is slinkser as wat jy dink! 02.09.2026 17:34
Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n...
Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’ 26.08.2026 15:58
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liew...
Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld! 19.08.2026 19:06
Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Ra...
Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees? 12.08.2026 18:35
Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl 05.08.2026 31:34
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die oud-...
Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets? 29.07.2026 23:22
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers! 22.07.2026 23:50
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, ma...
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály