Africa Podcast Network
'n Ma & 'n Mikrofoon
'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om...
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: n-ma-n-mikrofoon.simplecast.com
Autor
Africa Podcast Network
Kategorie
Web podcastu
Nejnovější epizoda
28. říj 2026
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Vroedmeester Sydney Grové: Wat Jy oor Geboorte Moet Weet!/ Midwife Sydney Grové: What You Need to Know About Birth! 22.10.2025 42:27
Sydney Grové was Suid-Afrika se heel eerste vroedmeester – ja, ’n manlike vroedvrou! Hy het ook die land se eerste watergeboortes behartig en was betrokke by meer as 25 000 geboortes. In dié besondere episode deel Sydney sy dekades se kennis met Daniëlla en ons luisteraars. Hy vertel hoe hy as kind reeds geweet het dis sy roeping om by geboorteversorging betrokke te wees – en hoe hy deur die jare...
Ouerskap se Geheime Wapen! (Verstaan jouself… verstaan jou kind)/ Parenting’s Secret Weapon! (Understand yourself… understand your child) 15.10.2025 30:33
As jy nie mal is oor kinderpartyjies of om langs jou kind op die mat te sit en speel nie… is jy nie ’n slegte ouer nie! Dit pas dalk net nie by jou sensoriese styl nie. In dié episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Elrika Beukes oor hoe ons brein inligting verwerk en sy deel praktiese strategieë om jouself (en sodoende jou kind) beter te verstaan. Is jy die boom se blare, die bas of die worte...
Money With Carla – Wat elke ouer oor beleggings moet weet/ Money With Carla – What Every Parent Should Know About Investing 08.10.2025 41:22
Jou kind se peperduur verjaarsdaggeskenke waarmee hulle oor ’n maand nie meer gaan speel nie… kon hulle dalk eendag ’n miljoenêr maak as jy dit net reg belê het. In hierdie gesprek gesels Daniella met Carla Venter van Money with Carla oor wat dit regtig beteken om vir jou kinders se toekoms te belê, en hoekom beleggings nie net vir ryk mense of finansiële kenners is nie. Carla waarsku ook teen sca...
Is Sleep Training 'n Vloekwoord? / Is Sleep Training a Dirty Word? 01.10.2025 42:55
Hoe jy geboorte gee… of jy borsvoed of nie… en “sleep training”. Dit is drie van die mees omstrede onderwerpe wat elke nuwe ma moet leer navigeer. Opinies is volop, maar feite is skaars. In hierdie episode gesels Daniëlla met Melissa Bierman, ’n ervare slaapafrigter van Good Night Baby, oor die uitdagings en realiteite van slaapopleiding vir babas en ouers. Melissa deel praktiese wenke oor ’n geso...
Marciel Hopkins-Lourens: 'Ek kies om positief oor ma-wees te praat'/ Marciel Hopkins-Lourens: I Choose Positivity in Motherhood 24.09.2025 39:08
Marciel Hopkins-Lourens se “vierde trimester” loop byna ten einde, saam met die viering van hulle seuntjie Halki se eerste drie maande as deel van die gesin. In hierdie episode gesels sy met Daniëlla oor die newborn bubble wat nou agter die rug is, en die nuwe mylpale wat voorlê: vir haar baba, vir haarself as ma, én vir haar loopbaan as TV-aanbieder, model, aktrise en lewensafrigter. Marciel deel...
Lizanne du Plessis: Maak 'n Kopskuif oor Dissipline / Lizanne du Plessis: Rethinking Discipline 17.09.2025 46:35
Dissipline kan maklik voel soos een van die moeilikste dele van ouerskap. Met soveel ouerskap style daar buite ("gentle!" "permissive!", "authoritative!") is dit nie vreemd dat ouers onseker voel oor watter benadering die “regte” een is nie. In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Lizanne du Plessis van "Doelgerigte Ouerskap" oor wat dissipline eintlik beteken. Ons verken hoekom dit...
Hoe Ouerskap jou Sekslewe Verander (En Wat Om Daaroor Te Doen)/ How Parenthood Chnages Your Sex Life (And What to Do About It) 10.09.2025 32:06
Jou sekslewe verander ná kinders – en dit is heeltemal normaal! September is die bewustheidsmaand van Seksuele Gesondheid en in hierdie episode gesels Daniëlla met kenner Karen Bester van Lamelle oor hoe ouerskap en selfs peri-menopouse jou intimiteit en libido kan beïnvloed. Ons praat eerlik oor die dinge wat niemand jou dalk al vertel het oor hormone nie, gee praktiese wenke en deel hoe jy geson...
Om jou Baba te Verloor: Genesing ná Swangerskapsverlies/ Losing Your Baby: Healing After Pregnancy Loss 03.09.2025 34:47
Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie/ Jou Gesin & Geld: Waarom Suid-Afrikaners Nie Kan Spaar Nie 27.08.2025 26:40
Hoekom is ons land so sleg as dit kom by spaar – en wat beteken dit vir ons gesinne? In hierdie episode gesels Daniëlla met finansiële raadgewer én pa van drie, Leon-Ben Lamprecht, oor die groot geldgewoontes wat Suid-Afrikaners terughou. Ons praat oor skuld, die druk om “ryk te lyk,” en hoekom dit só belangrik is om vroeg al met ons kinders oor geld te gesels. Leon-Ben deel praktiese wenke vir ou...
Suid-Afrikaners Oorsee: 'Waarom ons in die VSA wil bly'/ South Africans Abroad: 'Why We Want to Stay in the USA' 20.08.2025 31:22
In hierdie episode gesels Daniëlla met Wanya Du Preez, wat saam met haar gesin al byna ’n dekade in die VSA woon. Sy deel die uitdagings van aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die belang van familie en vriendskappe, en hoe gemeenskap en geloof hulle deur moeilike tye gedra het. Ons praat oor die verskille tussen Suid-Afrika en Amerika – van veiligheid en geleenthede, tot die kos en tradisies wat sy n...
Waarom Ons Terugkom Suid-Afrika Toe Ná Emigrasie / Why We Returned to South Africa After Emigrating 13.08.2025 37:05
Dink jy daaraan om jou tasse te pak en oorsee te gaan? In hierdie gesprek gesels Daniëlla met Lenique Hutten, wat saam met haar gesin ’n paar jaar in Nederland gewoon het – en toe besluit het om terug te keer na Suid-Afrika. Ons praat oor die uitdagings van emigrasie, die aanpassing aan ’n nuwe kultuur, die impak op kinders se skool- en sosiale lewe, en hoe verlange na familie en ’n gevoel van "be...
Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet)/ The Biggest Lies About Breastfeeding (That a Midwife Wants You to Know) 06.08.2025 42:01
Die Grootste Leuens oor Borsvoeding (Wat ’n Vroedvrou Wil Hê Jy moet Weet) Dit is borsvoedingsweek – en hierdie week se episode lê my besonders na aan die hart. Nie net omdat borsvoeding vir soveel ma’s belangrik én uitdagend is nie, maar ook omdat ons heel eerste gas ooit, Katinka Lategan, weer saamgesels. In haar terugkeer na die mikrofoon deel Katinka, ’n ervare vroedvrou, haar diepgaande kenni...
Jean-Marié Stander: Waarom ek op 35 'n Histerektomie gekry het / Jean-Marié Stander: Why I Had a Hysterectomy at 35 30.07.2025 38:24
Op 35 is Jean-Marié Stander al deur talle storms: 'n Pad met infertiliteit, IVF, die verlies van haar suster, 'n diagnose van adenomiose en 'n histerektomie. In dié episode gesels Daniëlla met Jean-Marié daaroor, maar ook oor die vreugdes in haar lewe: Om die ma van een kind te wees en hoe draf haar terapie geword het. Dis ’n gesprek oor liggaam en gees, oor aanhou beweeg (letterlik én figuurlik)...
Helen Zille: 'Ma-wees was die moeilikste ding wat ek ooit moes doen' / Helen Zille: “Being a mom was the hardest thing I’ve ever had to do” 23.07.2025 29:09
Om leier van die land se opposisie te wees, was moeilik. Om 'n ma te word, was moeiliker. In dié episode gesels Daniëlla met Helen Zille, wat as ystervrou van Suid-Afrikaanse politiek beskou word. Sy vra Zille (74) egter nie uit oor die RNE, verkiesings of selfs die DA* nie - maar eerder oor haar haar reis as ma, ouma, skoonma, en dogter. Helen Zille vertel ons van haar ervaring met nageboorte-dep...
Stukkende Huwelik, Heel Kind – Help jou kind Só deur ’n Egskeiding/ Broken Marriage, Whole Child – How to Help Your Child Through a Divorce 16.07.2025 37:42
’n Egskeiding beteken nie noodwendig ’n gebroke kind nie. Maar dit kan seermaak – en daarom moet ouers weet hóé om kinders deur hierdie moeilike tyd te help. In hierdie episode gesels Daniëlla met gaste Mariaan Prins (opvoedkundige sielkundige) en Marli Lerm ( prokureur) oor hoe egskeiding kinders beïnvloed, watter foute ouers dikwels maak, en waarom ’n ouerskapsplan (parenting plan) en profession...
RSV, Varkgriep & Hand-Voet-en-Mondsiekte: Wat Jy Moet Weet/ RSV, Swine Flu & Hand, Foot and Mouth Disease – What You Need to Know 09.07.2025 46:00
Dis die drie siektes wat jou kind nou blykbaar om elke hoek en draai kan aansteek: hand-voet-en-mondsiekte, RSV en varkgriep. In hierdie episode gesels Daniëlla met kinderdokter dr. Marlé van der Merwe oor hoe ouers dié virusse vinnig kan herken, hoe dit versprei, en wanneer jy regtig moet bekommerd wees. Wat jy in dié episode gaan hoor: *Wanneer is griep net griep – en wanneer is dit varkgriep? *...
Ma Waarsku: My Kind Sterf Amper Toe Hy Magnete Insluk/ A Mom's Warning: My Child Nearly Died After Swallowing Magnets 02.07.2025 17:59
Hosted by Simplecast, an AdsWizz company. See https://pcm.adswizz.com for information about our collection and use of personal data for advertising.
Lindie Strydom: Wat ek wens ek as jonger ma geweet het / Lindie Strydom: What I Wish I Knew as a Younger Mom 25.06.2025 40:41
Die jare tussen 18 maande en 18 jaar oud vlieg vinniger verby as wat enige ma sou kon droom. Lindie Strydom – geliefde spreker, aktrise en ma van drie– praat in dié episode met Daniëlla oor die lesse wat sy geleer het as ma van een volwassenes en twee skoolverlaters. Lindie deel openhartig wat sy geleer het uit haar eie foute en vreugdes – van teleurstellings in die tienerjare, tot die noodsaaklik...
Ivor Swartz – Van Verlore Seun tot Betrokke Pa/ Ivor Swartz – From a Lost Son to a Present Father 18.06.2025 40:58
Ivor Swartz se kinderdae-herinneringe aan Vadersdag is nie gevul met vreugde nie. Hy het sy pa op drie verloor, as jong man ses jaar in die tronk deurgebring nadat hy sy broer doodgemaak het, en hy het lank swaar gedra aan die diep wonde van ’n lewe sonder ’n teenwoordige pa. Ivor deel met Daniëlla lesse oor sy eie onlangse reis as ouer – om te werk deur die seer van die verlede, en te leer hoe om...
Chrissie Adriaanse: Ná Spina Bifida-diagnose was niks ooit weer dieselfde / Chrissie Adriaanse – Spina Bifida Changed Our Lives Forever 11.06.2025 40:18
By haar 18 weke swangerskapskandering, het Chrissie Adriaanse gehoop om haar baba se geslag uit te vind. Sy het egter ook gehoor hulle seuntjie gaan Spina Bifida hê. Haar lewe het daardie oomblik onherroepelik verander. Sy praat met Daniëlla oor hoe hulle deur die diagnose, die operasies en die daaglikse uitdagings gekom het – en hoe klein Elian en sy sprankelende persoonlikheid almal aanhou verra...
Jóú droom as ma? Bereik dit só! / Your Dream as a Mom? Here’s How to Reach It! 04.06.2025 42:18
Vandag se episode is ’n MOET-luister vir elke ma met ’n droom – of jy dit al reeds najaag, of opsy geskuif en vergeet het. Daniëlla gesels met by Emma van der Merwe – ultra-marathon atleet en ma van twee wat bewys dis moontlik om moeg én gemotiveerd te wees… en steeds nie tou op te gooi nie! In hierdie episode praat ons oor: •Waarom ouerskap nie die einde van jou eie droom hoef te wees nie •Wat om...
Die Moelikste Grade –Ondersteun Jou Kind deur Oorgangsfases op Skool/ The Toughest Grades – Supporting Your Child Through School Transitions 28.05.2025 28:17
Elke fase van jou kind se skoolloopbaan bring nuwe uitdagings. Van die oorgang na formele onderrig, die sprong van Graad 3 na Graad 4, tot die groot skuif hoërskool toe...hierdie veranderinge kan oorweldigend wees vir kinders… en vir hul ouers. In hierdie episode gesels Daniëlla met arbeidsterapeut Yolanda Grobler van Raising Brightness oor die ontwikkelings- en emosionele impak van hierdie sleute...
TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Demi-Leigh Tebow/ TWO Moms & a Microphone: Demi-Leigh Tebow 21.05.2025 26:07
Agt jaar gelede was sy Mej. Suid-Afrika – nou is sy Demi-Leigh Tebow, voormalige Mej. Heelal, getroud met Tim Tebow en binnekort ’n mamma! In hierdie episode gesels Daniëlla met Demi-Leigh oor haar swangerskap, haar lewe in die VSA en hoe sy haarself voorberei op dié nuwe hoofstuk. Eight years ago, she was Miss South Africa – now she’s Demi-Leigh Tebow, former Miss Universe, married to Tim Tebow,...
Shéri & Susette Brynard: Die Krag van 'n Ma Wat Glo/ Shéri & Susette Brynard: The Power of a Mother Who Believes 14.05.2025 51:04
Wat as ander sê jou kind is ‘n fout? Dat jy eerder moes aborteer het? Dat jy haar moet wegsteek en vergeet? Dis wat Susette Brynard moes hoor toe haar dogtertjie, Shéri, met Down-sindroom gebore is. Maar sy het gekies om nie te glo wat ander sê nie – sy het gekies om in haar kind te glo. Vandag is Shéri Brynard (43) ’n internasionale spreker, ’n inspirerende vrou met ’n tersiêre kwalifikasie – en...
Die Leë Nes: Wat Elke Ma MOET Weet/ The Heart of an Empty-Nest Mom 07.05.2025 31:13
hierdie episode is vir elke ouer wat al gehoor het: "Jy gaan jou oë knip en hulle is groot." Dis 'n werklikheid wat vinniger aanbreek as wat ons dink — en dan sit jy skielik in 'n stil huis, met 'n hart vol herinneringe en ‘n kind wat honderde kilometers weg is. Daniëlla gesels met Susan Lombaard, wie se dogter onlangs die huis verlaat het, oor die emosionele reis van die leë nes-fase. Susan deel...
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály