Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: christianityworks.co.za

Autor

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategorie

Religion

Nejnovější epizoda

1. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Vrede ..of Geen Vrede Nie 13.01.2025

Send us Fan Mail Jesaja 57:19 Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here. (NLV) My liewe aarde - dis oorlog net waar jy kyk! Volgens die webwerf OurWorldInData.org , is daar elke jaar minstens 150 gevalle van gewapende konflik aan die gang. Dit is meer as in vorige dekades; maar toe reeds was daardie getal selde minder as10...

Moenie Vergeet om te Rus Nie 12.01.2025

Send us Fan Mail Genesis 2:1-3 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. (NLV)  Van...

‘n Sterk Vennootskap 11.01.2025

Send us Fan Mail Spreuke 16:9 ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.  Spanwerk vorm deesdae die spil waarom baie dinge draai. Dis die proses waarin mense met verskillende perspektiewe, vaardighede en ervarings 'n gemeenskaplike doelwit het, en saamwerk om dit te bereik. Mense kan soveel meer sáám bereik, as wat hulle op hulle eie kan. Dit kan soms moeilik wees om saam me...

Net Goeie Dinge Vloei Uit 10.01.2025

Send us Fan Mail Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”  Kardiovaskulêre siektes – hoofsaaklik hartaanvalle en beroertes – is verantwoordelik vir een derde van alle sterftes. Dit sal vandag, môre, die volgende dag e...

‘n Splinternuwe Fokus 09.01.2025

Send us Fan Mail Markus 12:29-31 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangr...

Word deur die Heilige Gees Vervul 08.01.2025

Send us Fan Mail Efesiërs 5:18-20 Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)  Daar is soveel goei...

Absoluut Ongelooflik 07.01.2025

Send us Fan Mail Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Terwyl ons hierdie nuwe jaar...

Dié Belofte is Betroubaar 06.01.2025

Send us Fan Mail Esegiël 36:25-27 “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode. Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. (NLV)  Weet jy dat...

Draai Terug en Lewe 05.01.2025

Send us Fan Mail Esegiël 18:31-32 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”  Om 'n eerbare lewe te lei, behels noodwendig 'n paar moeilike keuses van jou kant af. Kom ons kyk daarna: gesonde eetgewoontes, genoeg...

Maar Wag, Hier Kom Nog Meer... 04.01.2025

Send us Fan Mail Esegiëi11:19 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee.  Soos ek elke nuwe jaar ingaan … wonder ek dikwels wat voorlê. Watter uitdagings sal ek in die gesig moet staar? Sal ek opgewasse vir die taak wees; sal ek aan die verwagtinge wat aan my gestel word, vold...

Krag van Bowe 03.01.2025

Send us Fan Mail Jesaja 40:28-31 Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle...

Op Rotsvaste Grond 02.01.2025

Send us Fan Mail Jesaja 40:27-28 Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.  Soos ons hierdie nuwe jaar...

Slaan jou oë Hemelwaarts 01.01.2025

Send us Fan Mail Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV)  Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar...

Die Verlede is Verstreke 31.12.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.  Stel jou voor dat jy alles wat jy besit saam met jou in twee tasse moet ronddra. Soos jy meer goed koop, word hulle swaarder, en hulle word oorvol. Dan koop jy 'n rugsak, en dan ‘n skouersak. Uiteindelik trek die verskriklike vrag jou rug so krom, dat jy skaars kan...

Dit is Tyd om Om te Blaai 30.12.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:13,14   Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV)  Ons het aan die einde van 2024 gekom. Daar is nog net vandag, en môre begin nog 'n jaar. Dit is nou t...

Maak Vrede met die Verlede 29.12.2024

Send us Fan Mail Filippense 3:13,14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.  Stel jou vir 'n oomblik voor jy is 'n soldaat op pad na ‘n oorlogsituasie. Dis ‘n ernstige geveg om lewe...

Verwerk die Verlede 28.12.2024

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:10 want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)  Oor net 'n paar dae gaan ons kalender oorskakel na 'n nuwe jaar. Nou wel, in werklikheid is dit maar net nog 'n dag. Maar die idee van nog 'n jaar wat wegglip, is gene...

God, Sigbaar vir Almal 27.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.  Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding me...

Die Krag van God se Genade 26.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.  Kan ek jou vra … wat beteken die woord ‘genade’? Vir party mense is dit 'n godsdienstige term wat só gereeld en lukraak gebruik word, dat dit amper betekenisloos geword het. En tog is genade die magtigste krag vi...

Halleluja 25.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.  Hier is ons. Dit is Kersdag. Laat ek dus ons tyd saam afskop deur vir jou en almal vir wie jy lief is, 'n waarlik geseënde Kersfees toe te wens – want wat ook al jou situasie is, wat ook al jou oms...

Die Krag van God 24.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.  Oukersaand. Hoe voel jy werklik oor Kersfees? In 'n sekere sin eis vanaand 'n antwoord van ons elkeen op die vraa...

Die Verstote Skepper 23.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:10,11 Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Vir baie mense is die viering van Kersfees, ‘n dag om sommer maklik te ignoreer – om Hom te ignoreer. Ag, kry tog net klaar met die aaklige bome, die versierings, die pronkery en ka...

Van Voor Tyd Begin Het 22.12.2024

Send us Fan Mail Johannes 1:1-5 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.  We...

Juig Sommer Nou 21.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:11 Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees. (NLV)  Dit is amper Kersfees. My Kersfees. Jou Kersfees. Ja, my vriend, ek en jy sal op verskillende plekke en op verskillende maniere feesvier.  Kan ek jou vandag vra: is jy regtig lus om fees te vier? Of het die bekommernisse van hierdie wêreld enige...

Jou Vriendskap met God 20.12.2024

Send us Fan Mail Romeine 5:9,10 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV)  Kersfees is 'n tyd...

Poslouchej podcast God se Woord VARS vir jou Vandag v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály