God se Woord VARS vir jou Vandag
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Where to listen?
Podcasts in the app
Replaio Radio →
Coming soon
Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Weet Wanneer om Op te Hou 11.07.2026 2:56
Send us Fan MailSpreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. Het jy al opgelet hoe maklik mense deur hierdie samesweringsteorie, of daardie radikale dogma, aan die neus gelei word? Kyk net om jou rond. Soveel mense word in die maalstroom van die sosiale media meegesleur en ingesuig, dat hulle nie meer hul eie opinies kan vorm en hul eie...
Die Krag van ‘n Vriendelike Woord 10.07.2026 2:53
Send us Fan MailSpreuke15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. Daar is ‘n magdom van potensiële bruikbare talent wat in die agt miljard mense op aarde opgesluit is. Maar dit is tragies watter enorme deel van daardie talent verlore gaan, bloot omdat die wêreld dit nie waardeer of erken nie. Dink ‘n bietjie daaroor na...
Kies die Kroon, Nie die Trofee Nie 09.07.2026 2:50
Send us Fan MailHebreërs 11:24-26 Omdat Moses geglo het, het hy as volwasse man geweier om as die seun van Farao se dogter bekend te staan. Hy het die swaarkry saam met God se volk verkies bo die kortstondige genieting van die sonde. Vir hom was die smaad wat hy ter wille van Christus, die Messias, moes deurmaak, ’n groter rykdom as die skatte van Egipte. Hy het immers uitgesien na die beloning wa...
Julie Nuusbrief 1 08.07.2026 2:19
Send us Fan MailGoeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Julie. Ek kan skaars wag om vandag ‘n wonderlike getuienis - ‘n storie van God se genade wat my diep geraak het - met jou te deel. Sarie Greeff, een van ons intekenaars, vertel: Jare gelede is ek verlam as gevolg van 'n virus wat ek opgedoen het. Volgens die mediese span was daar g...
Alles = Alles 08.07.2026 3:14
Send us Fan Mail2 Korintiërs 5:14-15 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Wanneer daar ‘n tragedie soos 'n skietery by ‘n skool, 'n...
Hou op om uit te stel. Begin Saai. 07.07.2026 2:34
Send us Fan MailPrediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie e...
Die Suiwerste Vorm van Aanbidding 06.07.2026 3:11
Send us Fan Mail1 Samuel 15:22 Maar Samuel antwoord “Wat verkies die Here: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat verslaaf is aan goed waarvan ‘n groot ophef gemaak word. Die sosiale media is mal daaroor – ‘n reusagtige skenking; ‘n openbare verskoning; ‘n groot valse vertoon van vriendelik...
Ewigdurende Vreugde 05.07.2026 3:07
Send us Fan MailJudas 24-25 Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. Die wêreld, oftewel die duiwel, sal jou daagliks prob...
Onbeskryflike Vreugde 04.07.2026 3:11
Send us Fan Mail1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit on...
Ware Vreugde 03.07.2026 2:45
Send us Fan MailGalasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dis nie maklik om ‘n blywende verandering in jou lewe te maak nie. Dit kan baie moeilik wees wanneer jy 'n slegte gewoonte wil afleer en dit met 'n goeie een wil vervang. Ja, om blywende vrugte in jou lewe te p...
Die Vreugde Koninkryk 02.07.2026 3:07
Send us Fan MailRomeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie?Franciscus van Assisi is in ‘n ade...
Die Vreugde-uitruiling 01.07.2026 2:46
Send us Fan MailJohannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Vreugde - egte, blywende vreugde - is die wonderlikste ding wat ‘n mens kan ervaar. Nie geluk nie. Geluk ry wipplank met jou omstandighede. Vreugde, aan die ander kant, bly by jou deur al jou hoogte- en laagtepunte.Ek weet dat God wil hê jy moet elke minuut van elke dag vir d...
Laat Vreugde Jou Dra 30.06.2026 2:59
Send us Fan MailNehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm. Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou...
Vreugde Begin Hier 29.06.2026 2:52
Send us Fan MailPsalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Die lewensreis het meer kinkels en draaie as 'n tuimeltrein. Neem een verkeerde draai op jou lewensreis... en jy sal teen hoë spoed die spoor byster raak.Het jy geweet die slim mense sê dat ons gemiddeld 500 bewuste besluite per dag neem. So sal ek en jy in ons leeftyd waar...
Ongedissiplineerde Begeerte 28.06.2026 2:58
Send us Fan MailSpreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is!In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat...
Dodelike Geheimpies 27.06.2026 3:04
Send us Fan MailSpreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die...
Leef Groot deur Klein te Leef 26.06.2026 2:42
Send us Fan MailFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Jy hoor mense praat oor hul roeping, en dit klink alte deftig en edel. Maar 'n roeping het 'n onvermydelike prys. Dit behels dat jy jou eie...
Klein in My Hande, Magtig in Syne 25.06.2026 3:04
Send us Fan MailJohannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vi...
Gerief of Moed? 24.06.2026 3:10
Send us Fan MailJesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV) Ons is nogal geneig om dubbele standaarde te hê as dit by geregtigheid kom. Wanneer ons onskuldig geblameer word, my maat, dan wil ons hê geregtigheid moet geskied! Maar wat gebeur wanneer ‘n ander persoon onsk...
Dring deur tot die Kern 23.06.2026 2:53
Send us Fan MailSpreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Het ons nie dalk al te gewoond geraak aan kitsoplossings vir ons uitdagings nie? So, wanneer jy 'n probleem ondervind wat jy nie maklik kan oplos nie; wat doen jy?Gedurende die vroeë 20ste eeu is die wêreld van die fisika oorheers deur die aannames wat Newton gemaak het. Baie mense he...
Die Goeies Neem die Lang Pad 22.06.2026 3:19
Send us Fan MailHebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Ons het elke dag verskeie keuses. Dis baie maklik om kortpad te kies, nie waar nie? Ja, ons kan besluit om die maklike roete te...
Staak Jou Verskonings 21.06.2026 2:50
Send us Fan MailRomeine1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB) Ons vermoë om voor die hand liggende feite te ontken, is verstommend. Ons...
Hemelse Genot 20.06.2026 2:56
Send us Fan MailPsalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee?Elke keer wanneer ek hierdie Psa...
Lyding teenoor Beloning 19.06.2026 3:02
Send us Fan MailLukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. Die mens wat in Jesus Christus glo, sal in &ap...
Dapper Geloof 18.06.2026 2:48
Send us Fan MailRomeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy...
About the podcast
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
1000
Latest episode
11. čvc 2026
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.