RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Society

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

30. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Op 60 bo-op Kilimajaro 16.07.2025

Lorna Mooney het besluit om vir haarself 'n besondere geskenk te gee vir haar 60 ste verjaarsdag - om Kilimanjaro aan te durf. Op haar sestigste het sy heelbo gestaan en dit was minus 14 grade, maar Lorna se hart het vuurwarm geklop, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

Wat gemaak na 90? 16.07.2025

Op 92 gaan die president van Kameroen, Paul Biya, weer staan as presidensiële kandidaat vir die volgende sewejaar-termyn. En Fauja Singh het sy eerste marathon op 89 aangepak, en ná 100 steeds aangehou.

Êrens oorsee 15 Julie 2025 15.07.2025

Wiaan Visser vertel van Meksikostad, die hoofstad van Meksiko, met sowat 20-miljoen inwoners.

Roseline vereer vir groen oorlewingsplan 15.07.2025

Eens was Roseline Shimwenje haweloos en werkloos. Toe omskep sy 'n stuk munisipale grond langs die begraafplaas in Patensie in 'n groentelushof nadat sy al die onwettig gestorte rommel daar verwyder het. Nou het die Kouga-munisipaliteit Rosaline vereer met 'n toekenning vir uitstaande gemeenskapsdiens. Mariska spoormaker het met haar gepraat.

Vliegkuns(mis) 15.07.2025

John Knuth se kuns word deur vlieë geskep. Hy voer hulle ’n mengsel van akrielverf en suikerwater. Met dié dat vlieë hulle kos opbring en weer opslurp, word patrone op ‘n doek gemaak.

Haai- en rog-bewusmakingsdag 14.07.2025

Mia Groeneveld en Karla Redelinghuys praat oor haai- en rog-bewusmaking. Hulle is die stigters van Science Saves Sharks. Hulle gesels onder meer oor die rol van genetiese toetse op haaivinne as bewyse in stropinghofsake.

Die stormjagter 14.07.2025

Géne Morrison vertel vir Johan Rademan van sy gevaarlike stokperdjie. ‘n Netwerk van stormjagters hou die weer dop om foto’s en video’s van die vernietigende krag van die natuur te neem.

Hoe het julle ontmoet? 14 Julie 2025 14.07.2025

Ina Snyman vertel van ‘n busrit waar sy en Hennie besluit het om die pad vorentoe ook saam aan te vat.

Ontsnap in wasgoedsak 14.07.2025

‘n Franse gevangene is by die tronk uitgedra in ‘n ander gevangene wat vrygelaat is, se wasgoedsak. Die vryheid was egter van korte duur.

‘G’n tamatiekonfyt? Dan maak ek my eie’ 11.07.2025

Landboujoernalis Johan Gunter van Bloemfontein is só versot op tamatiekonfyt dat hy besluit het om sy eie te begin maak, nadat hy tevergeefs gesukkel het om dit in die hande te kry. Nou het hy al ‘n konfytbedryffie aan die gang gekry, het hy vir Mariska Spoormaker vertel.

360 Speseryroete - Deel 89 11.07.2025

Vuur en Vlam Kokkedoor Nate Smith gesels oor die krag van komyn, en deel sy resep vir 'n kerriebotterskorsiesop.

Miljoene vir 'n handsak 11.07.2025

Die heel eerste Hermès-Birkinhandsak is op 'n veiling vir ‘n rekordbedrag van $10,1-miljoen verkoop.

Barbiekuns 10.07.2025

Modeontwerper en multidissiplinêre kunstenaar Arzelle van der Merwe praat oor haar werk wat gekies is om deel te wees van ‘n kunsuitstalling in Singapoer. Die kunswerkontwerpe het Barbies ingesluit. Daar was ook die langste loopplank vir Barbies met meer as 1 000 van dié poppe.

Harold kan nie stilsit nie 10.07.2025

Harold James het 45 jaar lank gewerk as elektrisiën vir die spoorweë. Hy word binnekort 70, en het in 2018 uit diens getree. Hy kan egter nie stilsit nie, en help graag bejaardes. Haidee Muller-Isaacs het met hom gesels.

Jonk 10 Julie 2025 10.07.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor epigenetika en hoe die kos wat ons eet ons gene se funksionering beïnvloed.

Wisselkoerswiskunde lei tot loterypyne 10.07.2025

In Noorweë was daar ‘n fout met die aankondiging van loteryprysgeld. Duisende mense het gehoor van groot bedrae wat hulle gewen het, maar met die omskakeling van Euro na Kroon is daar per ongeluk met 100 gemaal in plaas daarvan dat daar deur 100 gedeel is.

Hiér word die Anglo-Boereoorlog van alle kante belig 09.07.2025

’n Plek om te besoek as jy al die kante van die Anglo-Boereoorlog wil hoor en uitgebeeld sien, is die Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum in Bloemfontein. Dané Swanepoel, die museum se kommunikasiebeampte, vertel vir Mariska Spoormaker hoe die museum tot stand gekom het.

Die platinumgroepmetale 09.07.2025

Dr. Petre Prins praat oor die platinumgroepmetale van ses, waarvan rodium die duurste is.

Leer meer oor elektriese voertuie 09.07.2025

Justus Visagie praat oor die wanopvattings oor elektriese voertuie.

Zumba-ongelukkigheid in Indië 09.07.2025

Geloofsgroepe in Indië is gekant teen Zumba-klasse wat in 14 000 openbare skole aangebied word as deel van die staat, Kerala, se veldtog teen dwelms.

Êrens oorsee 8 Julie 2025 08.07.2025

Benna Carrol vertel van haar belewenis van Krakaw in Pole, waar sy al agt jaar woon.

Robyn se passie vir onderwys 08.07.2025

Robyn van de Rhede is een van die jongste skoolhoofde om 'n splinternuwe skool te open op die ouderdom van 35 jaar. By die Nasionale Onderwystoekennings word sy toe ook aangewys as die provinsiale wenner vir die beste hoërskoolonderwyseres. Haidee Muller-Isaacs het by haar 'n draai by haar gemaak.

Nasionale voëlskou 2025 08.07.2025

Dr. Jan Botha vertel van die Nasionale voëlskou in Bloemfontein waar daar meer as ‘n 1 500 kouvoëls te sien is.

Stormagtige verlowing 08.07.2025

‘n Amerikaanse paartjie het na ‘n tornado gejaag om met dít in die agtergrond verloof te raak. Hulle is albei stormjagters.

Troeteldiere se pelsversorging 07.07.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die versorging van honde en katte se pels - van skeer en borsel tot sjampoe.

Poslouchej podcast Driesestig v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály