RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
360 Speseryroete - Deel 91 25.07.2025 6:53
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor vla, soet sowel as sout, wat al langer as tweeduisend jaar voorgesit word.
'Waar is ons poue?' 25.07.2025 2:18
Poue is sinoniem met ‘n hotel in Kalifornië. Dosyne poue is egter stil-stil daar weggedra.
Solo op 'n motorfiets deur Afrika 24.07.2025 9:32
Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink dat sy 23 jaar gelede ‘n tweede kans op die lewe gekry het nadat sy lewerkanker oorleef het. Nou gaan sy vir ‘n jaar lank vroualleen met haar hond, Harley, op ‘n motorfiets deur Afrika reis en lewerkanker-bewusmaking doen.
Groenkrag en elektrisiteitsverspreiding 24.07.2025 5:15
Ons praat oor ‘n olifant of twee in die vertrek met Hein Vosloo, wat baie jare by Eskom se kragverspreidingsnetwerk gewerk het. Johan Rademan gesels met hom oor hernubare energie, of groenkrag, se uitdaging, wat die verspreiding daarvan is.
Jonk 24 Julie 2025 24.07.2025 6:45
Willie Schoeman verduidelik wat hiperbariese suurstofterapie behels, waar jy aan hoër atmosferiese druk blootgestel word.
Vals ambassade ontbloot 24.07.2025 1:33
‘n Vals ambassade vir Seborga en Wesarktika, lande wat nie bestaan nie, is in Indië deur die polisie toegemaak.
Lisa se gemeenskapswerk 23.07.2025 8:43
Haidee Muller-Isaacs loer in by Lisa Truter wat al 30 jaar lank haar lewe aan gemeenskapswerk wy. Sy was nog nie een dag spyt nie.
Tifoontroue 23.07.2025 1:15
‘n Tifoon en ’n oorstroomde kerk was nie genoeg rede vir ‘n paartjie in die Filippyne om hulle troue uit te stel nie.
Êrens oorsee 22 Julie 2025 22.07.2025 14:14
Jan Hugo vertel vir Martelize Brink van Lagos in Portugal waar hy al vyf jaar woon. Hy vertel dit sukkel maar om die taal aan te leer, maar jy kom goed reg daar met Engels.
Baviaanskloof: Nie nét 'n basaar nie! 22.07.2025 6:29
Dink net... net omdat jy na die kerkbasaar gaan, het jy gratis toegang tot die ongerepte Baviaanskloof Wildernisgebied, ‘n provinsiale natuurreservaat. En dit is nie al nie – die boere in die landbougedeelte van die Baviaanskloof bied ook gratis verblyf aan die basaargangers van buite. Daar aangekom, het Mariska Spoormaker haar verluister aan Amanda Lamprecht se groot geesdrif vir die omgewing én...
Hond se familie 22.07.2025 1:26
Vier dae nadat ‘n gesin se aanneemhond, Rufus, oorlede is, sien hulle ‘n diereskuiling adverteer ‘n hond wat nes hy lyk. Nadat hy aangeneem is, doen hulle ‘n genetiese toets wat wys dat die nuwe hond Rufus se pa is!
Kaapse Bergkwagga-projek 21.07.2025 12:53
Dr. Marienne de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Kaapse Bergkwagga-projek en die stappe wat gedoenword om die verskillende bloedlyne bymekaar te bring.
Leslie se toutrek en tuin 21.07.2025 8:06
Leslie Ruiters het 'n passie vir toutrek, en help kinders in Bellville-Suid in die Kaap om van die strate af te kom deur hulle betrokke te kry by die sport. Hy is ook betrokke by die Hoërskool Bellville-Suid waar hy help om 'n groentetuin aan te lê. Leslie het groot maatskappye nadergehark om te help met stootskrapers om die gebied plat testoot, so dis nie 'n klein groentetuintjie nie! Haidee Mull...
Hoe het julle ontmoet? 21 Julie 2025 21.07.2025 3:36
David Shorthouse en Mariana Treurnicht se storie word deur Martelize Brink voorgelees.
Vermiste fiktiewe kat 21.07.2025 1:28
Natasha Lavoie in Kanada kry tot ses oproepe per dag van mense wat ‘n vindersprys eis vir ‘n vermiste kat. Dit volg nadat ‘n T-hemp aanlyn verkoop is met ‘n vermiste katmotief op, maar ‘n regte foonnommer daarby.
Gee dié kinders net ‘n kans 18.07.2025 7:49
Op Humansdorp bied die Rainbowsentrum nie net 'n veilige hawe vir verwaarloosde kinders met spesiale leerbehoeftes nie, hulle musiektalente word ook ontgin, het Mariska Spoormaker gehoor toe vrolike marimbaklanke haar nadergetrek het.
360 Speseryroete - Deel 90 18.07.2025 12:20
Sjef Ashley Dokter gesels met Martelize Brink oor sy Karoo-komvandaan,en sy gunsteling krui, roosmaryn.
Pakkieprobleme 18.07.2025 1:08
‘n Vrou in Amerika se woonadres is gelys as die plek waarheen jy ‘n aanlynhandelaar se produkte waarmee jy nie tevrede is nie, terugstuur. Honderde pakkies skep probleme by haar huis.
Ellirien Koopman se drome 17.07.2025 6:02
Ellirien Koopman van Carnarvon het altyd groot gedroom, soos om kinders te laat glo dat hulle doelwitte haalbaar is. Sy glo dat speel en pret ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van elke kind. Sy het eers ingeval by kleuterskole, en elke dag gewonder oor waar sy haarself oor 10 jaar sal bevind. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae op Carnavon, en nuwe drome wat besig is...
Jonk 17 Julie 2025 17.07.2025 10:53
Fisioterapeut Wimpie van der Meijden praat oor ysbaddens. By 15 grade Celsius en kouer kry jy die meeste voordele.
KI spioneer op jou afval 17.07.2025 1:04
In Centreville in Ohio in die VSA het hulle herwinningsvragmotors toegerus met kunsmatige intelligensie. As jou herwinningsak goed in het wat nie daar hoort nie, kry jy dit terug met ‘n kaartjie wat uitwys waar jy verkeerd gaan.
Daniël se vyfkamp 16.07.2025 4:54
Daniël Grové gesels met Martelize Brink oor moderne vy kamp. Hy neem deel aan die onder17-wêreldkampioenskappe in Johannesburg.
Op 60 bo-op Kilimajaro 16.07.2025 8:54
Lorna Mooney het besluit om vir haarself 'n besondere geskenk te gee vir haar 60 ste verjaarsdag - om Kilimanjaro aan te durf. Op haar sestigste het sy heelbo gestaan en dit was minus 14 grade, maar Lorna se hart het vuurwarm geklop, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Wat gemaak na 90? 16.07.2025 1:11
Op 92 gaan die president van Kameroen, Paul Biya, weer staan as presidensiële kandidaat vir die volgende sewejaar-termyn. En Fauja Singh het sy eerste marathon op 89 aangepak, en ná 100 steeds aangehou.
Êrens oorsee 15 Julie 2025 15.07.2025 8:08
Wiaan Visser vertel van Meksikostad, die hoofstad van Meksiko, met sowat 20-miljoen inwoners.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály