AGS Dinamika

AGS Dinamika Preke

Preke van AGS Dinamika

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.agsdinamika.co.za

Autor

AGS Dinamika

Kategorie

Religion

Web podcastu

www.agsdinamika.co.za

Nejnovější epizoda

4. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

'n Handvol Meel 11.05.2025

Daar kom tye in 'n mens se lewe wat die Here jou totaal afhanklik van Hom wil maak. Hy vra soms selfs die weduwee van Sidon se laaste HANDVOL MEEL. Hy is lief vir jou en sal jou nooit verlaat nie. 'n Handvol meel voorsien kos vir 3 jaar, God sal ook vir jou sorg. Vertrou Hom!

DOEL van LEEG wees 04.05.2025

LEEG is soms vir ons ? negatiewe woord. Die Here se wil vir ons as mens is om ? VOL lewe te leef. Leeg is nie so slegte plek om te wees nie want dan is die potensiaal daar om vol te word.

Hardloop jy of sit jy? 27.04.2025

Die lewe is besig en ons is gewoond aan hardloop, maar sit jy ook soms? Maria Magdalena het by die graf van Jesus bly sit nadat almal al weg is. Dalk is haar "sit" die rede dat Jesus heel eerste aan haar verskyn na Sy opstanding. Sit net bietjie by Jesus!

Opstanding Sondag 20.04.2025

Dit wat Jesus kom doen het oor Paasnaweek 2000 jaar terug was GENOEG! Mag ons in die Volheid daarvan leef, en nie probeer bysit of dit minag nie.

Lewenslesse van die Kruis 18.04.2025

Goeie Vrydag is seker die belangrikste gebeurtenis in die mensdom se geskiedenis. Daar is soveel lewenslesse te leer rondom daardie dag se gebeure. Dankie Jesus vir die kruis!

Die Leer en Die Kruis 13.04.2025

Jakob se droom van die leer met die engele wat tussen die hemel en aarde beweeg is vir ons 'n bewys dat God betrokke is in ons lewens en dat HY voorsien in ons behoeftes. Jesus se kruis het ons leer geword om vir ons toegang tot die troonkamer van ons Hemelse Vader te gee. Selfs al worstel ons soms met Jesus, sal Hy ons nooit los nie, Hy is altyd met jou.

Maak die meeste van jou lewe 06.04.2025

Jesus het Sy lewe vir ons gegee om ? meer en voller lewe te kan geniet. Ons is gemaak vir meer maar ek en jy het ook ? verantwoordelikheid.

Die Kruis is VOL 03.04.2025

Wat is die rede vir so baie bloed op Goeie Vrydag? Hoekom was die kruis so wreed? Die antwoord begin in Genesis.

Press IN 30.03.2025

In Lukas 5 kry ons ‘n storie waar mense ‘press in’ om Jesus se woorde te hoor. Dors ons nog om te hoor wat op God se hart is vir ons? Is ons nog bereid om geHOORsaam te wees wanneer Hy praat... En gaan dit regtig nog NET oor JESUS?

Genadetyd 23.03.2025

Ons almal leef in genadetyd, want die lewe is broos. Is jy gereed om enige tyd te sterf? Wat doen jy met jou lewe? God se wil vir jou is dalk eenvoudiger as wat jy besef. Leef jou lewe so dat daar 'n skatkis vol skatte vir jou in die hemel wag.

STILTE KERK 16.03.2025

Soms wonder ons hoekom die Here stil is - miskien is dit omdat daar niemand STIL genoeg is om te luister nie. In STIL wees is daar krag.

Distractions op die Journey 09.03.2025

Elkeen van ons het ‘n God gegewe doel in die lewe, maar juis daarom is daar soveel dinge wat ons aandag wil aftrek, sodat ons nie by die goeie werke wat God vir ons beplan het, uitkom nie. Paulus wys ons hoe om distractions te hanteer.

Tel my op 02.03.2025

Soms lyk ons lewens deurmekaar en dinge maak net nie sin nie. Daar kan soveel redes hiervoor wees. Die Here het altyd n? manier om dinge so te skuif in ons lewens sodat alles weer sin maak.

Noag se Wingerd 23.02.2025

Noag tree verkeerd op en Gam gooi petrol op die situasie, maar Sem en Jafet beskerm hulle pa. Ons kan petrol of water op 'n vlammetjie gooi. Jou woorde word in jou hart gebore en dit kan genade of oordeel dra! Gee die Heilige Gees toestemming om jou tong te tem!

Wysheid of Geloof 16.02.2025

Waarop basseer jy jou keuses en hoe jy praat? Kies jy menslike wysheid of kies jy om te staan op die beloftes wat God vir jou gegee het?

Hoor en Sien 09.02.2025

Twee van die Here se name is: El Shama, die God wat HOOR en El Roï, die God wat SIEN. Ons dien 'n God wat ons hoor en sien. Wat ook al in jou lewe aangaan vandag weet verseker die Here hoor elke gebed en sien in detail jou omstandighede raak. Vandag getuig ons dat die Here hoor, Hy sien en Hy antwoord!

EK MIS DIT 02.02.2025

Elke mens het ? probleem omdat ons dit ‘mis’ om te wees wie die Here ons gemaak het om te wees. Gelukkig is daar genade. Lê elke dag jou ‘brood’ voor die Here.

Un-"Hurried" Gebed 26.01.2025

Hoe kan ons in vandag se lewe nogsteeds by alles wat belangrik is uitkom? Jesus wys ons die voorbeeld... Kom ons kyk hoe Jesus se pas, ons lewens verbeter.

2025 Doel 19.01.2025

WIE is ek? HOEKOM is ek? WAT maak ek hier? Vrae wat al oor eeue gevra is en tot vandag toe in mense se lewens is. Dis die vraag na DOEL. Eintlik is dit nie so ingewikkeld nie.

Ek soek meer... 12.01.2025

In 2025 wil die Here jou nader trek en dieper vat in jou geestelike lewe. Is jy tevrede met krummeltjies of soek jy meer? Mag daar 'n nuwe desperaatheid in ons harte wees om te soek na Sy wil, Sy plan, Sy leiding en teenwoordigheid. Ons VAS, want ons soek meer...

Mag dit met jou goed gaan? 05.01.2025

Wat beteken dit wanneer ons vir mekaar sê: VOORSPOEDIGE NUWE JAAR? Mag ons voorspoed en seën toewens vir andere?

Oujaarsdiens 31.12.2024

Dit maak nie saak wat in 2024 gebeur het nie, die Here se plan vir jou verander nooit. God se plan vir jou in 2025 is goed.

'n Plekkie vir Jesus 25.12.2024

Wat is Jesus se plekkie in jou lewe? Die herbergiers het gesê: NO rooms available. Die herders het reguit en haastig stal toe gegaan om Jesus te verwelkom.

Uit die pen van 'n tollenaar 22.12.2024

Hoekom is Kersfees goeie nuus vir alle mense? Matteus kom leer ons deur sy ervaringe die rede hiervoor.

Krip Kruis Kroon 15.12.2024

Weet jy hoekom vier ons Kersfees op die 25ste Desember? Die Bybelgebeure is soos 'n legkaart met 1000de stukkies aan mekaar verbind. Daar is 'n baie duidelike verbintenis tussen die krip, die kruis en die kroon in Jesus se lewe. Ons lewens gaan ook deur krip-tye en kruis-tye en verseker wag daar ook 'n kroning vir elke kind van God. In watter seisoen bevind jy jouself vandag?

Poslouchej podcast AGS Dinamika Preke v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály