AGS Dinamika
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.agsdinamika.co.za
Autor
AGS Dinamika
Kategorie
Web podcastu
Nejnovější epizoda
4. říj 2026
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Jesus Verstaan MY 19.04.2026 26:40
Jesus was ‘n mens net soos ek en jy, gevoel wat ons voel. Hy het ook beleef wat ons beleef... en daarom kan ons met Hom ‘relate’. Die groter waarheid, Sy oorwinning is ‘n realiteit, al beleef ons dit nog nie in ons situasies nie.
Gaan net aan 12.04.2026 27:07
Jesus se Opstanding was nie die einde nie, dit was slegs die begin vir ons as Sy kinders en Sy Kerk. Ons moet net aangaan waar Hy opgestaan uit die dood en ons alles gee vir Sy saak.
God is in die detail 05.04.2026 32:23
Jesus verskyn 5 keer aan verskillende mense gedurende Opstanding Sondag. Daar is 'n doel met elke verskyning, want God beplan alles in detail. Jesus leef en is in die detail van jou lewe betrokke.
Die Kruis is VOL 03.04.2026 30:29
Wat is die rede vir so baie bloed op Goeie Vrydag? Hoekom was die kruis so wreed? Die antwoord begin in Genesis.
Lê jou mantel neer 29.03.2026 28:14
Op Palm Sondag skree die mense: Hosanna en lê hulle mantels voor Jesus neer. Die toets kom egter op Vrydag as die kruis gedra word. So baie mense se aanbidding sterf êrens tussen Sondag en Vrydag. Die palms in my hand en die kruis in my hart moet dieselfde lied sing. Dit is dieselfde Jesus wat op die donkie gery het, aan die kruis gehang het en die dood oorwin het, Hy verdien altyd ons aanbidding.
Wat kies jy? 22.03.2026 27:56
Die Here roep elkeen van ons om saam met Hom te bou. Ons het ? keuse van materiaal, maar ons moet mooi en reg kies. Jesus gaan kom inspeksie doen oor hoe ons bou.
Geseënd met ‘n bietjie SOUT. 15.03.2026 21:52
Wat is jou Definisie van Geseënd wees? Miskien het God vir ons ‘n doel om uit te leef. Mag ons groei in HOE God ons elke dag gebruik.
Mag ek hier stop? 08.03.2026 30:41
Wat is dit wat Jesus bekommerd maak? Mag ek en jy nooit die oorsaak daarvan wees nie. Ons gaan aanhou vertrou en aanhou glo.
Stomp Byl 01.03.2026 22:38
Om ‘n boom af te kap met ‘n stomp byl vat baie moeite! Maar die Here wil hê ons moet skerp wees. Om te groei kort ons SY Wysheid, kom ons word skerp soos wat ons tyd saam die Vader spandeer.
11 Talent Mense 22.02.2026 31:16
Die Here het vir ons meer gegee as wat ons dink. Die vraag is: Wat doen ons met DIT wat Hy gegee het? Hy verwag van ons om 11 Talent mense te wees.
Jou Baadjie 15.02.2026 34:47
Identiteit kom eerste en dan volg gedrag. 'n Skoolbaadjie spreek van identiteit. Ons dra ook geestelike klere wat wys aan watter koninkryk ons behoort. Ons identiteit as kinders van God bepaal ons gedrag teenoor ander mense. Hoe lyk jou geestelike baadjie?
Die effek van gehoorsaamheid 08.02.2026 28:52
GROEI... Is die effek van gehoorsaamheid... Maar dikwels begin dit eers wanneer ons motivering nie meer werk nie.
Dit begin met 1 02.02.2026 24:39
Groei is nie só ingewikkeld nie. Daar moet saad in die grond wees en wat dan moet gebeur- dit moet groei. Dit is God se verantwoordelikheid. Dit begin altyd by EEN. 1 saad. 1 besluit. Dit begin met 1.
Groei koringkorreltjie groei! 25.01.2026 25:40
Groei beteken soms wag! Hou net aan om die regte ding te doen en vertrou die Here om die oes te gee. Geleidelik groei ons en skielik antwoord Hy! Wees wakker om nie onkruid in jou lewe toe te laat nie. Groei koringkorreltjie groei!
Groei 18.01.2026 30:51
Ons sal nooit iets kan laat groei nie, dit is altyd die Here se werk. Ons verantwoordelikheid is om die Here iets te gee om mee te werk. 2026 is die jaar van ongekende GROEI!
Duine & Sand 2026 11.01.2026 26:08
Ons gaan in 2026 kom waar die Here wil hê ons moet wees. Ons verantwoordelikheid is om tree vir tree agter Hom aan te stap en ons lewens op Hom te bou.
Wees Anders in 2026 04.01.2026 29:37
Daar is baie maniere om Anders te wees in 2026... Hier is 'n paar voorstelle uit Hiskia se storie:
Oujaar Perspektief 31.12.2025 16:06
Ons kan vashou aan God se getrouheid in 2026, want ons weet God verander nie.
Die Kersfees Geskenk 25.12.2025 16:21
Kersfees 2025. Jesus is die grooste Geskenk wat ons ooit sal ontvang.
Dis amper Kersfees 21.12.2025 20:19
Die Herders het met die eerste Kersfees iets beleef en gesien toe hulle Jesus vind in die krip. Vir altyd is hulle lewens verander en nuut agv Jesus. Mag ons lewens ook anders wees en die genade wat Jesus gebring het deel met mense.
Die Herder & Die Lam 14.12.2025 29:47
Ons God het 'n Herdershart. Hy was Abraham, Isak, Jakob, Josef en Dawid se Herder. Jesus is ons Goeie Herder wat ook die Lam van God geword het. Ons kan 'n Geseënde Kersfees gevul met vrede geniet, want ons sonde is vergewe en ons Herder is ons Leidsman.
Ons het Kersfees nodig 07.12.2025 21:40
Wat sal God wil hê vir Kersfees? Miskien is dit 'n belangriker vraag as wat ons ooit sal besef. Jou en my hart is vir die Here kosbaar, maak nie saak hoe hy lyk nie.
Die Volheid van Die Tyd 30.11.2025 29:25
Ons lees in Gal. 4:4 dat God vir Jesus gestuur het in die volheid van die tyd. Daar was sekere dinge wat in plek moes wees voor Jesus aarde toe gekom het, maar toe die tyd presies reg was is Jesus gebore in Betlehem. Op presies die regte tyd sal God ook jou gebede beantwoord. God werk terwyl ons wag! Mag jy Sy vrede beleef in die wagtye.
Altyd daar 16.11.2025 20:48
In ? lewe waar jy so gou teleurgestel word deur mense en omstandighede en soms voel dit of alles so onbetroubaar is kan jy verseker weet: Die Here is ALTYD getrou en ALTYD daar.
Vis op die Vloer 09.11.2025 25:40
Voel jy soos ‘n Vis op die Vloer? Probeer jy buite die water swem? God hoor jou... & JY HOOR GOD!
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály