uk

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.kosmos.com.na

Автор

Kosmos 94.1

Категорія

Uncategorized

Сайт подкасту

www.kosmos.com.na

Останній епізод

23 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep 01.10.2026

Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere belang van 11,35 perse...

Aanhoudende bekgevegte in NV kan in 'n politieke skouspel verander 01.10.2026

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat toenemende botsings in die Nasionale Vergadering parlementêre politiek in 'n politieke skouspel kan verander en openbare vertroue kan ondermyn. Sy waarskuwing volg op voorvalle waartydens Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila opposisielede uit die parlement-gebou laat verwyder het, nadat hulle na bewering die verrigtinge ontwrig het. Hy het met Kosmos 9...

12:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo 01.10.2026

Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid lei voor die Desember-byeenkoms. Die kongres is geskeduleer vir 9 tot 11 Desember in Katim...

Swaar reën beskadig Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu 01.10.2026

Bestuur van die Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu sê swaar reën vanoggend het die skool se personeelkamer aansienlik beskadig. Departementshoof vir Handel en Voorberoeps-vakke, Paul Malembo, het met Nampa gepraat en gesê die gebou het in die vroeë oggend ure verspoel wat dinge, so ná aan die jaar-eindeskamen vir leerders en onderwysers moelik maak:

11:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SABC wil Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aanbied 01.10.2026

Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê albei instellings deel 'n manda...

Venaani wil hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande bespreek 01.10.2026

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sal volgende week die hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande onder parlementêre ondersoek bring. Venaani sal 'n mosie vir debat indien oor strukturele ongelykhede in die internasionale finansiële stelsel, en hoe dit Namibië se fiskale ruimte, ekonomiese ontwikkeling en vermoë om noodsaaklike nasionale prioriteite te finansier, beïnvloed.

10:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug 01.10.2026

Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense struikelblokke ondervind soos beperkte erv...

Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium 01.10.2026

Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede en ander belanghebbendes. Minister Zaamwani sê sodra die uit...

09:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts 01.10.2026

Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring op openbare bewu...

OM lei meer as 30 finansiële adviseurs en makelaars op 01.10.2026

Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.

08:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Netanyahu: Dis te gou om te weet of Iran by Flydubai-gebeure betrokke was 01.10.2026

Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val. Passasiers en die kajuitpersoneel het die aanvaller oorrompel en twee ander vlieëniers van Flydubai wat aan boord w...

Meer as een-miljoen toeriste besoek SA in Augustus 01.10.2026

Suid-Afrika het in Augustus meer as 'n miljoen internasionale toeriste verwelkom, 'n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op 'n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te skep. Die ministerie se woordvoerder, Aldrin Sampear, sê d...

NSA: Namibië se vrugbaarheidsyfer toon skerp daling 01.10.2026

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer het. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Esther Simasiku,...

07:00 Hoofnuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Donderdag, 1 Oktober 2026 01.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Stadig, maar seker: Dis hoe Namibië sy ontluikende oliebedryf moet ontwikkel, sê 'n professor Jenik Radon van die toonaangewende Columbia-universiteit in Amerika. Ook in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus: Paratus Namibië het in sy afgelope boekjaar miljoene belê, maar moes die prys daarvoor betaal.

NNN: Nuut-ontginde 176,29-karaat diamant 'n groot prestasie vir Namibië 01.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die natuurlike diamant van 176,29 karaat wat deur Namdeb by sy Suidkus-myn in Oranjemund ontgin is, is 'n groot prestasie vir Namibië. Sy sê die diamant bied 'n geleentheid om Namibië se reputasie vir sy natuurlike diamante te versterk en die ekonomiese waarde wat uit die land se minerale hulpbronne verkry word, te verhoog.

Madlanga-kommissie begin met verhore agter geslote deure 01.10.2026

Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê 'n tweedaagse seminaar sal vandeesmaand gehou word ter voorber...

NLU: Daar is steeds onsekerheid oor BKS-reëls en regulasies 01.10.2026

Intussen sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, dat daar 30 spanne in die Karasburg-distrik ontplooi is om die siekte se verspreiding na te spoor. Pretorius sê die spanne werk om die uur om die bron en presiese verspreiding van die siekte te bepaal. Hy sê hoewel die beperkings wat aanvanklik aangekondig is, ‘n week gelede verslap is, bly daar egter steeds onsekerheid oo...

06:00 Nuus 01.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 1 Oktober 2026 01.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Слухайте подкаст Kosmos 94.1 у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали