RSG

Kortom

Arts AF ↓ 592 episodes

’n Program waarin kortverhale voorgelees word

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

7 лип 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Завантажити з Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kortom 5 Augustus 2025 05.08.2025

Helm Jooste vertel in sy kortverhaal, STUITIGHEDE OP KEETMANS, van ‘n snaakse onderonsie wat sy vriende ervaar het met ‘n jong skooljuffrou tydens ‘n besoek aan Keetmanshoop. Cassius Davids is die voorleser wat hierdie grappige gebeurtenis gestalte gee.

Kortom 29 Julie 2025 29.07.2025

Anrich Herbst lees 'n kortverhaal voor oor die slaggat waarin baie ouer welgestelde mans al getrap het. Hoe lui die spreekwoord? ‘n Ou bok laaik mos groen blare! DROOMVROU deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou laat peins oor 'n paar gedagtes.

Kortom 22 Julie 2025 22.07.2025

Emma Bekker vertel in haar kortverhaal, SYBOKHAAR, van ‘n tienerherinnering wat deur ‘n kombers in ‘n kunsmuseum na vore gebring word. Juanita de Villiers is die voorleser wat hierdie herinnering ‘n stem gee.

Kortom 15 Julie 2025 15.07.2025

Frieda van den Heever lees ‘n kortverhaal voor oor keuses. ‘n Vrou wat gekonfronteer word deur haarself oor haar lewe en waar sy staan. ONDERWEG NA OMDRAAI deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou ook heling bring.

Kortom 8 Julie 2025 08.07.2025

Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIE MATRAS, hoe eenvoudige dade soms die meeste liefde in ‘n huwelik wys. Rian Terblanche gee ‘n stem aan hierdie toegewyde eggenoot.

Kortom 1 Julie 2025 01.07.2025

Margit Meyer-Rödenbeck lees Belinda Nel se kortverhaal, SOUT.

Kortom 24 Junie 2025 24.06.2025

Gaan saam met Adriaan Steyn Hendricks na ‘n verjaarsdagpartytjie in sy kortverhaal, DERTIG. Die karakter Gysbert word 30 jaar oud, en bepeins sy stand in die lewe. Kaz McFadden is die voorleser wat hierdie verjaarsdagman lewe gee.

Kortom 17 Junie 2025 17.06.2025

Margit Meyer-Rodenbeck lees Martin T. Laubscher se kortverhaal, POPSPEEL, voor uit die US-Woordfeesbundel, 100%.

Kortom 10 Junie 2025 10.06.2025

Fransulene van der Merwe onthul in haar kortverhaal, GENADEBROOD, hoe vaderfigure soms gevind kan word op onverwagse plekke. Erin Patience gee lewe aan die tiener wat hierdie vader ontdek.

Kortom 3 June 2025 03.06.2025

Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN.

Kortom 27 Mei 2025 27.05.2025

Bianca du Plessis neem jou palet op reis in haar kortverhaal, TAMATIEBREDIE. Dit handel oor ‘n wewenaar wat moet aanpas by die lewe van enkelouer wees. Solomon Cupido is die voorleser wat hierdie wewenaar ‘n stem gee.

Kortom 20 Mei 2025 20.05.2025

Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN. ‘n Ou man se hartseer oor die verlies aan sy seun word met groot deernis vertel.

Kortom 13 Mei 2025 13.05.2025

Dot Serfontein skryf oor haar ma in haar kortverhaal, BOETA. Dit handel oor haar mooiste herinneringe van hierdie spesiale persoon. Gretha Brazelle is die voorleser wat Dot se herinneringe lewe gee.

Kortom 6 Mei 2025 06.05.2025

Maria Vos lees ‘n ongepubliseerde eksklusiewe kortverhaal van Stefaans Coetzee, PAPPA SE GEDIGTE, voor.

Kortom 29 April 2025 29.04.2025

Michéle Meyer neem jou op ‘n wraaktog deur die wildtuin in haar kortverhaal, SOET. Mandi Du Plooy-Baard is die voorleser.

Kortom 22 April 2025 22.04.2025

Nic de Jager lees Johan Rossouw en Julio Agrella se verhale voor uit die boek, HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 18 April 2025 18.04.2025

Ervaar die wonder van die Paasverhaal deur die oë van ‘n Romeinse slaaf in J.J. Roberts se kortverhaal, MUTATIONEM (DIE VERANDERING). Casper Lourens is die voorleser

Kortom 15 April 2025 15.04.2025

Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, BLIND DATE IN DIE DONKER.

Kortom 8 April 2025 08.04.2025

Leon van Nierop lees Willem D. Kotzé se kortverhaal, KOM UIT, EK WIL VERBY GAAN. Die strorie laat jou ervaar hoe ‘n boer se oorlewingsdrang kan inskop as hy droogte in die oë staar.

Kortom 1 April 2025 01.04.2025

Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, IN MY TRUSPIEËL.

Kortom 25 Maart 2025 25.03.2025

Audrey Blignault nooi jou na ‘n oorslaappartytjie in haar kortverhaal, DIE WIND VAN DIE SEE AF. Saam met die karater Amanda sal jy ‘n paar interessante feite ontdek oor haar vriendin se familie. Lelia Etsebeth is die voorleser.

Kortom 18 Maart 2025 18.03.2025

Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, IEMAND IN DIE SPIEËL. Karli raak die kluts kwyt wanneer sy telkens iemand skrams in die spieël sien. Haar man Riaan, wat terloops die kat in die donker knyp, blyk simpatiek te wees met haar illusies, maar dan verras die skrywer ons en Riaan aan die einde van die verhaal.

Kortom 11 Maart 2025 11.03.2025

Abraham H. De Vries neem jou op ‘n jagtog in sy kortverhaal, BERT DIE JAGTER. Reginald Hufkie is die leser wat Bert se avontuur lewe gee.

Kortom 4 Maart 2025 04.03.2025

Ons besoek die skryfwêreld van Maretha van der Westhuisen, voorsitter van die Klein Karoo Skrywersvereniging. Oud en jonk sal resoneer met hierdie storie, want ouma gee vet in die aftreeoord. Daar is ook ’n troue en ’n wittebrood in haar kortverhaal, TROUSTREKE. Die voorleser is Frieda van den Heever.

Kortom 25 Februarie 2025 25.02.2025

Rina Nienaber lees Jennie Kruger se kortverhaal, DIE VROU EN DIE KAT. Dit handel oor hoe die liefde iemand tot die uiterste kan dryf.

Listen to the Kortom podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Завантажити з Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.