RSG

RSG Kuns

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

29 Eyl 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Dirkje Daling hoor kleure 16.07.2024

Die kunstenaar en komponis, Dirkje Daling, vertel van haar neurologiese toestand, chromostesia, ook bekend as “colour hearing”.

The five elements of nature 16.07.2024

Christelle Webb-Joubert maak ‘n draai by die Kunsvereniging van Pretoria om meer uit te vind van die keramiekuitstalling, The five elements of nature.

Legacy-galery by Muratie 09.07.2024

Christelle Webb-Joubert gesels met Heidi Erdmann, wat na jare weer ‘n galery open. Sy vertel van die Legacy-galery op die Muratie wynlandgoed.

Van Wyk: Die Storieverteller van Riverlea 09.07.2024

Die skrywer en akteur, Zane Meas, laat die produksie, Van Wyk: Die Storieverteller van Riverlea, herleef by die Roodepoort Teater in die weste van Johannesburg. Sue Pyler-Slabbert het hom ontmoet om uit te vind wat hierdie keer anders is aan die produksie.

Kaapstad Internasionale Balletkompetisie 2024 09.07.2024

Die Kaapstad Internasionale Balletkompetisie lok jaarliks groot belangstelling, met dansers wat van oral af kom om deel te neem. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, organiseerder van die kompetisie.

Opwip-galery in Bloemfontein 09.07.2024

Kunstenaar Mariaan Kotze vertel van die opwip-galery in Bloemfontein, en watter uitstallings in Julie plaasvind.

Annemie Odendaal se nuwe ateljee en galery 02.07.2024

Christelle Webb-Joubert maak 'n draai die kunstenaar, Annemie Odendaal, se nuwe ateljee en galery. Sy vertel hoe sy ‘n kunstenaar geword het.

Pieces of Me by die Baxter 02.07.2024

Die produksie, Pieces of Me, is van 10 tot 27 Julie te sien by die Baxter in Kaapstad. Dis ‘n eenvrouvertoning met Bo Petersen. Haar neef, Christopher Petersen, is saam met haar op die verhoog, en hy vertel waaroor die stuk gaan.

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2024 02.07.2024

Terrance April gesels met professor Nina Schumann, artistieke direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, wat weer vanjaar by die Universiteit Stellenbosch plaasvind.

Die waansin van na-geboorte depressie 02.07.2024

Die toneelstuk, Waansin, gaan oor na-geboorte depressie. Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer en aktrise, Carin Bester, en die regisseur, Lee-ann van Rooi.

Joburg Ballet se Slapende Skone 25.06.2024

Joburg Ballet bied Die Slapende Skone aan. Terrance April het een van die repetisies bygewoon, en gesels met die bestuurshoof, Elroy Fillis-Bell, en een van die hoofdansers, Nicole Ferreira-Dill.

Johann Moolman by Nirox 25.06.2024

Christelle Webb-Joubert gesels met beeldhouer Johann Moolman. Hy het vir jare klas gegee, en toe Groot Marico toe getrek waar hy voltyds kunstenaar is. Sy werk van die afgelope 40 jaar sal te sien wees by die Nirox Beeldhoupark in Krugersdorp.

Aardklop 2024-program 25.06.2024

Die Aardklop Kunstefees se program is bekendgestel. Die feesbestuurder, Alexa Strachan vertel meer.

Albatros by Innibos 18.06.2024

Albatros is ‘n teks deur Louw Venter. Hy speel ook in die stuk, wat te sien is by vanjaar se Innibos Kunstefees. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die produksie wat hande oor ‘n verhouding tussen ‘n pa en seun.

Hospitale, kateters en familielede by Innibos 18.06.2024

Hospitale, kateters en familielede debuteer by die Innibos Kunstefees. Die skrywer en akteur Wynand von Vollenstee vertel meer.

Cara Roberts oor The King of Broken Things 18.06.2024

Terrance April gesels met Cara Roberts oor die toneelstuk, The King of Broken Things.

Ballade van ‘n Blikbrein by Innibos 18.06.2024

Luan Jacobs gesels oor sy eerste eenmanvertoning, Ballade van ‘n Blikbrein, wat debuteer by vanjaar se Innibos Kunstefees.

Forte by Innibos 18.06.2024

Rika Sennett en Adriaan Havenga gesels oor die produksie, Forte, wat by vanjaar se Innibos Kunstefees op die planke is.   

Chamber Music Collective maak Kamermusiek toeganklik 18.06.2024

Daar word dikwels gesê dat Kamermusiek slegs vir die fynproewer bedoel is, maar dit is nie noodwendig so nie. Al hoe meer musikante en organisasies wend hulle tot hierdie genre om hulle kuns verder uit te brei. Terrance April gesels met Francois Combrinck oor die Chamber Music Collective, en hulle poging om kamermusiek meer toeganklik te maak, en vir musikante 'n ekstra geleenthede te bied om musi...

Kaapstad Opera vier 25 jaar met Lucia di Lammermoor 11.06.2024

Kaapstad Opera vier vanjaar hulle 25ste bestaansjaar, en om dit te vier bied hulle van 14 tot 23 Junie die opera, LUCIA DI LAMMERMOOR, by Kunstekaap aan. Terrance April gesels met die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar.

Hannetjie Visser haal asem met kuns 11.06.2024

Vir die kunstenaar Hannetjie Visser is om kuns te maak soos asemhaal. Christelle Webb-Joubert het by haar gaan kuier op hulle plaas net buite Rustenburg. 

Ons wag vir Godot by Vrystaat Kunstefees 11.06.2024

Samuel Beckett se bekende Waiting for Godot is in Afrikaans vertaal, en is te sien by vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Walter Strydom, die vervaardiger, en Chris Vorster, die akteur, vertel wat gehore kan verwag.

Debbie Turner - Deel 2 04.06.2024

Cape Ballet Africa is ‘n nuwe geselskap, wat gestig is deur Debbie Turner. As artistieke direkteur vertel sy hoe vandag se geselskappe, verskil van jare gelede.

Stopraam-animeerder Erentia Bedeker 04.06.2024

Christelle Webb-Joubert praat met kunstenaar Erentia Bedeker. Sy is ‘n stopraam-animeerder. Erentia gesels oor dié kunsvorm, en vertel van die vele toekennings wat sy al ontvang het by oorsese filmfeeste.

St. Olaff Kollege Koor in SA 04.06.2024

Die St. Olaff Kollege Koor tree tans in Suid-Afrika op. Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor hulle toerprogram.

RSG Kuns podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır