RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
TUKS Camerata gaan VSA toe 08.10.2024 11:41
TUKS Camerata het onlangs baie goeie nuus ontvang, en is volgende jaar op pad Amerika toe. Die dirigent Michael Barrett deel die goeie nuus.
Joburg Ballet doen Charlie and the Chocolate Factory 01.10.2024 9:55
Die boek, Charlie and the Chocolate Factory, is verwerk as ballet, en word vir die eerste keer opgevoer deur Joburg Ballet. Terrance April gesels met die bestuurshoof, Elroy Fillies-Bell, choreograaf Mario Gaglione en assistentregisseur Nicole Ferrreira-Dill.
Johannesburg Simfoniekoor in die Linder 01.10.2024 5:21
Die Simfoniekoor van Johannesburg tree op 3 Oktober in die Linder Ouditorium op, waartydens hulle twee groot werke vir koor, soliste en orkes sal uitvoer. Terrance April gesels met die koorleier en dirigent, Richard Cock.
Hedda Gabler by Woordfees 01.10.2024 11:17
Hendrik Ibsen se Hedda Gabler is te sien by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch. Terrance April gesels met die regisseur Christiaan Olwagen.
Michele Nigrini se nuwe galery 01.10.2024 10:41
Kunstenaar Michele Nigrini het na die Kaap verhuis, en gesels oor haar nuwe galery in Stanford. Sy vertel ook van die produksie, Eendagsvlieg en ander vlietende gedagtes, en hoe sy daarby betrokke is.
Die stand van die Teaterbystandfonds 01.10.2024 13:00
Christelle Webb-Joubert gesels met Lizz Meiring oor die Teaterbystandfonds om te hoor hoe dit deesdae met die fonds gaan.
Grootste uitstalling by Woordfees 24.09.2024 7:19
Die uitstalling in Stellenbosch se Stadsaal is die grootste uitstalling by vanjaar se Woordfees. Teresa Lizamore vertel meer.
Ateljeebesoeke by Woordfees 24.09.2024 14:08
Ronel Schoombee vertel wat die ateljeebesoeke, as deel van die Woordfees, behels.
Paul Lũckhoff 1953 - 2024 24.09.2024 14:18
Die akteur Paul Lũckhoff is op 17 September 2024 oorlede. Henry Mylne en Germandt Geldenhuys bring hulde aan hom.
8 Cellos in Concert 24.09.2024 8:52
Willem Vogel vertel van 8 Cellos in Concert, wat te sien is by vanjaar se Woordfees.
Nasionale Mannekoorfees in George 17.09.2024 8:36
Paul Hoffman vertel vir Christelle Webb-Joubert van die 9de Nasionale Mannekoorfees wat vanjaar in George plaasvind.
SALT deur Cape Ballet Africa 17.09.2024 7:17
SALT is Cape Ballet Africa se nuwe produksie. Dit bestaan uit nuwe werk deur Suid-Afrikaanse choreograwe. Die danser, Mia Coomber, vertel van die produksie.
Illness became her 17.09.2024 15:31
Dr. Nathani Lüneburg is 15 jaar gelede gediagnoseer met bipolêr tipe 2. Die afgelope twee jaar kry sy ook epileptiese aanvalle. Met haar uitstalling, Illness became her, maak sy haar toestand bekend, en hoop sy om bewustheid te skep deur middel van haar kuns.
My name is Lucy Barton 17.09.2024 7:03
Terrance April gesels met die regisseur Charmaine Weir-Smith oor die toneelstuk, My name is Lucy Barton.
Oos-Kaap Filharmoniese Orkes 10.09.2024 6:40
Terrance April gesels met die artistieke direkteur en violis, David Bester, oor die Oos-Kaap Filharmoniese Orkes. Hulle gesels ook oor ‘n opkomende simfoniekonsert wat in September plaasvind.
'N BEGIN by Woordfees 10.09.2024 23:53
‘n Begin, is ‘n vertaling van David Eldridge se teks, Beginning. Die akteurspaar, Carel Nel en Cintaine Schutte, is te sien in dié produksie by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2024 10.09.2024 20:32
Die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie se wenners vir 2024 is onlangs aangekondig. Christelle Webb-Joubert gesels met die wenner en een van die beoordelaars.
Autoplay in Kaapstad op die planke 03.09.2024 11:24
Louise Coetzer, medestigter en choreograaf van Darkroom Contemporary Dance Theatre, vertel van Autoplay, wat te sien is van 10 tot 28 September in Kaapstad.
Speelgoed van glas by Woordfees 03.09.2024 10:06
Speelgoed van glas, is ‘n vertaling en verwerking van Tennessee Williams se baie bekende, The glass menagerie. Die regisseur, Nico Scheepers vertel wat gehore kan verwag by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.
Laaitie mettie biscuit by Aardklop 03.09.2024 9:18
Christo Davids se toneelstuk, Laaitie mettie biscuit, debuteer by vanjaar se Aardklop Kunstefees. Terrance April gesels met hom.
Oppiwater 2025-feesprogram 03.09.2024 15:10
Oppiwater Kunstefees 2025 se feesprogram is bekendgestel. Die feesdirekteur, Frans Swart, vertel waarna gehore kan uitsien.
Hoe mooi val die lig deur Riana Scheepers 27.08.2024 14:53
Hoe mooi val die lig is ‘n teks deur Riana Scheepers. Dit vertel die verhaal van die liefdesverhouding tussen die Franse skrywer, George Sand, en die Poolse komponis, Chopin.
-loos by Aardklop 27.08.2024 8:01
Laurinda Hofmeyr vertel van -loos, ‘n produksie by Aardklop. Sy het van die gedigte getoonset.
Rust-en-Vrede se uitstallings 27.08.2024 11:08
Die kurator van die Rust-en-Vrede Galery, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel van al die uitstallings wat daar te sien is.
Visuele kuns by Aardklop 2024 27.08.2024 11:06
Aardklop se kunskurator, MC Roodt, vertel watter uitstallings en werkswinkels alles by die fees aangebied word.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır