RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
Die koning en sy bruid 01.07.2025 7:12
Skrywer en regisseur Nicola Viviers vertel van Die koning en sy bruid, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.
Bertha le Roux-Wahl in Vlerksleep 01.07.2025 17:47
Vlerksleep is ‘n komedie met Elma Potgieter, David James, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl in die rolverdeling. Bertha se stem word gereeld gehoor op RSG, en sy het vir baie jare die rol van Emma vertolk in 7de-Laan. Christelle Webb-Joubert het besluit om haar van nader te leer ken, synde sy in Vlerksleep te sien is by Innibos 2025.
Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go 01.07.2025 13:22
Desire Gardner en Hannes van Wyk gesels oor hulle toneelstuk, Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go, wat te sien by die Vrystaat Kunstefees 2025.
Joburg Ballet en Cape Town City Ballet se SWANEMEER 01.07.2025 12:12
Balletliefhebbers in Johannesburg en Kaapstad kan hulle regmaak vir een van die hoogtepunte op die kunskalender wanneer Joburg Ballet en Cape Town City Ballet kragte saamspan om SWANEMEER aan te bied. Terrance April gesels met Elroy Fillis-Bell, bestuurshoof, Dane Hurst, artistieke direkteur en Revol Yon, hoofdanser, van Joburg Ballet oor die samewerkingsprojek.
Linde van Coppenhagen in SA 24.06.2025 13:28
Sopraan Linde van Coppenhagen is in 2011 Duitsland toe om haar professionele sangloopbaan te begin. Sedertdien het sy talle groot rolle vertolk soos die Konging van die Nag in Mozart se DIE TOWERFLUIT, Zerlina in DON GIOVANNI ook van Mozart, en Gretel in Hansie en Grietjie van Humperdink. Sy is tans op besoek aan Suid-Afrika, en Terrance April het met haar gesels oor 'n konsert waarin sy binnekort...
Marion Holm by Innibos en Vrystaat Kunstefees 24.06.2025 10:59
Marion Holm vertel van die produksies waarby sy betrokke is by Innibos en die Vrystaat Kunstefees.
Huldeblyk aan André Walters 24.06.2025 11:00
Elma Potgieter, Anton Dekker en Krisjan Fourie bring hulde aan André Walters.
Opera Tango 24.06.2025 10:31
Sopraan Zanne Stapelberg vertel van die produksie, Opera Tango.
LA RONDE by die Baxter 24.06.2025 6:28
Arthur Schnitzler se toneelstuk, LA RONDE, is te sien by die Baxterteater in Kaapstad. Terrance April gesels met Carlo Daniels oor die werk, wat in hulle weergawe 'n redelike gedaanteverwisseling ondergaan.
Dana Snyman se SEUN op die planke 17.06.2025 9:23
Wilhelm van der Walt gesels oor die toneelstuk, Seun. Dis ‘n verwerking van Dana Snyman se memoire.
CAROUSEL in Bloemfontein te sien 17.06.2025 12:24
Die musiekspel, Carousel, is op 21 en 22 Junie te sien by die Wynand Moutonteater in Bloemfontein. Dit is moontlik gemaak deur prof. Barbara Hill-Moore. Sy is verbonde aan die Southern Methodist University in Texas. Sy wou van kleins af ‘n verskil maak, veral in Afrika.
Amore Bekker in Bacchus tot Bekker 17.06.2025 13:38
Amore Bekker vertel haar van haar verhoogproduksie, Bacchus tot Bekker.
Mzansi Ballet se Fusion of Favourites 17.06.2025 10:11
Mzansi Ballet se produksie, FUSION OF FAVOURITES, open op 19 Junie by die Pieter Toerienteater in Johannesburg. Dit is 'n paar uittreksels uit werk wat hulle voorheen gedoen het, asook die première van Vincent Mantsoe se ballet wat hy spesiaal vir Mzansi Ballet gechoreofgrafeer het: SONG OF KHUDOGO.
I Can Buy Myself Flowers 10.06.2025 9:25
Erika Breytenbach gesels oor haar eenvroustuk, I Can Buy Myself Flowers.
Die EOAN-groep in 2025 10.06.2025 11:10
Christelle Webb-Joubert gaan uitvind of die EOAN-groep steeds aktief is. Sy gesels met die direkteur, Shafiek Rajap.
Master Harold and the Boys in Sandton 10.06.2025 9:26
Die dramaturg, Athol Fugard, se treffer toneelstuk, MASTER HAROLD AND THE BOYS, open binnekort by Theatre on the Square in Sandton in Johannesburg. Terrance April gesels met Sello Maake KaNcube, wat die rol van Sam vertolk.
Vrystaat Kunstefees se 25ste keer 10.06.2025 12:54
Die feesdirekteur van die Vrystaat Kunstefees, Michael Garbett, gesels oor vanjaar se fees, wat vir die 25ste keer aangebied word.
Innibos 2025 03.06.2025 9:08
Sandra Jacobs, die media- en bemarkingsbestuurder van die Innibos Kunstefees, vertel waarna feesgangers kan uitsien in 2025.
Johannesburg Filharmonies 2025-Winterseisoen 03.06.2025 8:37
Die Johannesburg Filharmoniese Orkes se Winterseisoen begin op Donderdag 5 Junie 2025. Magda de Vries, 'n perkussiespeler, vertel vir Terrance April wat op die program is.
Hermanus FynArts 2025 03.06.2025 4:04
Die Hermanus FynArts-fees vind vanjaar vir die 13e keer plaas. Die feesdirekteur, Mary Faure, vertel meer.
Die EOAN-groep 03.06.2025 29:10
In 2006 het Margot Luyt ‘n hoorbeeld saamgestel oor die EOAN-groep wat in 1933 gestig is. Luister na ‘n uittreksel uit dié hoorbeeld.
May Abrahamse (1930 - 2025) 27.05.2025 18:02
Die sopraan, May Abrahamse, is op 5 Mei 2025 oorlede, ‘n dag voor haar 95ste verjaarsdag. Die musieknavorser, dr. Hilde Roos, bring hulde aan haar.
David Thatanelo April (1969 - 2025) 27.05.2025 12:01
Die danser, choreograaf, regisseur en lektor, David April, sterf onverwags op 10 Mei 2025. Verskeie rolspelers in die bedryf bring hulde aan hom.
Kaapstad Filharmonies se Winterseisoen 27.05.2025 12:46
Terrance April gesels met Louis Heyneman oor die Kaapstad Filharmoniese Orkes se 2025 Winterseisoen.
PALI hou Mane Fest in Junie 27.05.2025 6:24
Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) hou hulle Mane Fest van 6 tot 8 Junie in Pretotia. Die besturende direkteur, Kaz McFadden, vertel wat gehore kan verwag.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır