RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
VOOR EK VERGEET deur Karen Marx 23.11.2023 1:20:26
Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind, haar talentvolle seun Johan, se kanker teruggekeer. Hierdie is ‘n storie van oudword, afskaal, twyfel, verlies en vergeet. Amanda Strydom en Hannes van Wyk, wat destyds die rolle vertolk het in die verhoogproduksie, kan in hierdie drama gehoo...
LANK LEWE DIE KEISER deur Maria Vos 16.11.2023 39:11
‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar boonop ‘n kragonderbreking is, begin die poppe dans. Die spelers is Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Anrich Herbst, Hannah Borthwick, Marion Holm, Adriaan Havenga en Ira Blanckenberg.
SOETE DROME deur Karen Wessels 09.11.2023 1:07:59
’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute akteur en stemkunstenaar, Karen Wessels, maak haar debuut as skrywer met hierdie werk, en sy speel ook die hoofrol teenoor die ewe ervare kunstenaar, Robbie Wessels. Die ander akteurs is Altus Theart, Johny Klein, Renske Jacobs en Marina Coetzee...
TIENER IN DIE SUBURBS deur Luan Jacobs 02.11.2023 1:00:30
Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense, wat ‘n geliefde verloor het. Maar oneerlikheid haal hulle in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees nie, en blom hulle romanse onder uiterste en dikwe...
DIE STOMME MOSES deur Albert Short 26.10.2023 48:21
‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n woord sê nie, verkeer in doodsgevaar! DIE STOMME...
'N MOOI SONDAGMIDDAG IN SEPTEMBER deur Ugo Betti 19.10.2023 30:18
Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk.
BEURTKRAG deur Leon van Nierop 12.10.2023 57:41
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help ni...
HOLMRUGGERY deur Marion Holm 05.10.2023 52:11
Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie.
LAERSKOOL NOORD deur Ilne Fourie 29.06.2023 1:12:48
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie, Bets du Preez se chaotiese administrasie en die vredemaker Marietjie(tjie) wat as die taalsuiweraar optree, is die kantoor ‘n tikkende tydbom. En dan wag hulle vir meneer van der Watt om aan te kondig wie die nuwe hoof van Laerskool Noord is....
DEUR DIE VUUR VIR JOU deur Adriaan Havenga 22.06.2023 38:53
Die verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis Heilie se ma wat in ‘n motorongeluk dood is. Hulle word deur ongewone omstandighede gedwing om hulle verhouding in oënskou te neem. Die spelers is Rene Cloete en Ivan Abrahams. Die produksie word aangebied met die vergunning van die Stigting vir...
DIE KOMPETISIE deur Joe Kleinhans 15.06.2023 58:53
Wat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n kompetisie wat om Paasfees gesentreer is, met ongelooflike pryse wat R10 000 kontant, ‘n trollie kruideniersware en 'n skaap insluit. En voor jy kan sê bliksemstraal, gons die hele dorpie oor die kompetisie... en dit maak ook die geldgod in so...
IEWERS IN DIE GRYS deur Adriaan Havenga 01.06.2023 57:04
'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? Hierdie radiodrama is 'n verwerking van die teaterteks wat by die 2023 kykNET Fiëstas bekroon is met die toekennings vir Beste Nuutgeskepte Te...
WESVILLE LAER deur Nisa Smit 25.05.2023 50:17
Ná afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz in haar klaskamer. Die twee sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf. Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus op wat die twee op die hart het nie. Want sy wat...
EN SORG TOG MOOI VIR BUKS deur William Oosthuizen 18.05.2023 1:01:34
Thérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa en daarna Hardus om saam te draf en selfs aan georganiseerde padwedlope deel te neem. Maar die wáre rede vir haar skielike besluit is glad nie wat Thérèse se gesin verwag het nie... Die akteurs is Susan Erasmus, Rudolph Torlage, Micke Hannay,...
HARTSEERHERFS deur PJ Haasbroek 11.05.2023 40:57
Voorman is die leier van die klein gemeenskap tussen die wingerde en vrugteboorde. Daar leef hy enTant Kwaai en Oumama saam met die jongklomp Ratseknaap, Soetlief en Koggeljan te midde van daaglikse vreugdes, probleme en teleurstellings. Maar hulle gemeenskap word bedreig deur ontwikkelings op verskeie vlakke. Die akteurs is Deon Lotz, Marlo Minnaar, Liz Archer, Joanie Combrinck en Riaan Visman. D...
HOUVAS deur Lee Doubell 04.05.2023 57:50
Dis die verhaal van drie mans wat saam op die grens was - Vingers, Soete en Bul – en wat van hulle geword het. ‘n Plan wat hulle almal moes ryk maak, het verreikende gevolge… Met Deon Lotz, Anton Dekker, Denver Vraagom en die 12-jarige Malea Avis wat haar radiodebuut maak. HOUVAS is die wenner van die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
VYFTIEN MINUTE VAN ROEM deur Francois Bloemhof 27.04.2023 1:01:15
Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot sangkompetisie gewen en is hipergewild. Nou doen Danie alles in sy vermoë om nét soos George te lyk en selfs op te tree. Hy begeer dieselfde graad van bekendheid en sukses. Hy sal egter gou agterkom hoe bedrieglik die vermaaklikheidswêreld is,...
DIE VLEK VAN MENSWEES deur Adelle van Wyk 20.04.2023 1:01:06
Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is die vlek op ‘n mens se siel. Die spelers is Mandi Baard, Shemane Harris, Karin Retief, Anton Dekker, Sulette Thompson, Rina Nienaber en Sue Pyler-Slabbert. Die drama het die derde plek verower in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
MOT deur Almé Swart 13.04.2023 53:00
Mot, oftewel Mathilda, het 'n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd 'n buffer wees tussen Mot en haar huislike omstandighede nie. Dan ontdek Mot 'n geroeste koekblik met sleutels en 'n adres in. Sy en Liam besluit om te gaan uitvind wie se adres dit is... en hulle maak 'n ontdekking wat albei se lewens verander. Met Hanna Borthwick as M...
WIE IS BANG VIR DIE GOEIE WOLF? deur Engela van Rooyen-Linde 07.04.2023 55:58
'n Herlewingsdrama vir almal wat smag na vernuwing. Hoop beskaam nie. Beleef in Paastyd hoe ons Verlosser ons kleinmenslike traumas met wonderwerke heeltemal omkeer. Die akteurs is Richard van der Westhuizen, Sulette Thompson, Christo Compion en Karen Wessels. Die regisseur is Helena Hugo.
TROUFOTO’S deur Karin du Toit 06.04.2023 51:15
Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Wat is hier aan die gang? Met Lelia Etsebeth, Kaz M...
PENNIEGRYPER deur Charles Dickens 25.12.2022 51:46
Vir die radio vertaal en verwerk deur Aart de Villiers en Don Lamprecht. Dit is Oukersaand. Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die feesvieringe rondom Kersfees sien nie. Hy wil skaars vir Karel Kroukamp, sy klerk, toestemming gee om tyd saam met sy gesin deur te bring. Maar dan ontvang hy ‘n paar besoekers in sy slaap wat hom laat besef wat die invloed van sy knorrigheid o...
VONDELING deur Liesl Bekker 22.12.2022 1:06:11
Jerome Fortuin, die nuut aangestelde voorman op die deftige en welgestelde Mildred Malan se kleinhoewe, maak vroegoggend ‘n rare vonds wat hy versigtig versteek. Hy probeer vir homself ‘n nuwe lewe skep ná traumatiese kinderjare in ‘n kindersorgsentrum en ‘n onverdiende botsing met die gereg. Tydens ‘n storm een nag, ontdek Mildred die versteekte verrassing, en hy smeek haar om sy geheim te bewaar...
'N PA VIR GIEL deur Euna Easton 15.12.2022 47:16
‘n Familiegeheim word onthul, wat Giel se lewe op sy kop draai. Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar wanneer sy doodgaan begin hy opnuut wonder oor die pa wat hy nooit geken het nie. ‘n Vreemde man nader Giel op die dag van sy Ma se begrafnis, maar Giel kan nie na die man luister nie. Hy het immers sy enigste ouer verloor. Daar is familielede wa...
DIRK LIGTER deur Albert Maritz 08.12.2022 1:14:49
Daar is baie stories oor Dirk Ligter, ‘n legende van die Tankwa Karoo. Wat waar is en wat nie, is nie altyd duidelik nie. Twee skrywers tree met mekaar in gesprek oor hulle onderskeie weergawes van Dirk Ligter en sy lewe. Die spelers is Nic de Jager, Waldimar Schultz, Dean Balie, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius, Riaan Visman, Marion Holm en Frieda van den Heever.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır