RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

9 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 45 08.05.2020

Johan spandeer die nag in die woonstel. Hy gesels met Chanel en Pieter oor hulle toekoms as ʼn familie. Adri en Ben praat weer oor kinders. Ben probeer, onsuksesvol, om Adri te oortuig dat dit nie saak maak of hulle kinders het of nie. Adri glo dis verby tussen hulle.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 44 07.05.2020

Johan ontmoet vir Jakes en vra om verskoning vir sy gedrag. Johan laat vir Jakes verstaan dat hy nie ʼn lid van die Vinnige-Boys is, of wil wees nie. Die spanning tussen Johan en Jakes word nou duidelik, hulle sal die rooftog uitvoer, en daarna sien wat gebeur.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 43 06.05.2020

Ben speel taxi vir Pieter ná skool. Pieter deel sy toekomsdrome met sy oom. Ben belowe dat hy altyd daar sal wees vir sy nefie, maak nie saak wat gebeur nie. Ma bel vir Bettie en die twee werk weer aan hulle hulpelose plan om die rooftog te probeer verhoed.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 42 05.05.2020

Ben en Johan help om Ma se huis weer veilig en netjies te maak ná die vorige aand se gebeure. Hulle probeer uitvind hoekom Jakes meer en meer irrasioneel begin optree. Ma en Bettie se telefoonoproep van die vorige aand is vir hulle onverklaarbaar. Wat sou die vroue besig wees om te doen?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 41 04.05.2020

Jakes is op soek na Johan. Hy dreig Ma en wil weet waar Johan wegkruip. Ma kry dit reg om vir Bettie te bel en gee vir Jakes die foon. Jakes is briesend kwaad as hy besef die vrouens werk saam om sy planne te fnuik.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 40 01.05.2020

Johan geniet aandete saam met Chanel en Pieter. Die drie van hulle praat uiteindelik met mekaar, soos ʼn familie moet praat. Johan en Chanel maak vrede, en hy slaap die nag daar. Ma, alleen tuis, hoor ʼn geraas buite en maak haar voordeur oop...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 39 30.04.2020

Pieter ontvang ʼn oproep van Chanel ná sy eerste dag terug op die skoolbanke. Die kinders terg hom, en almal wil weet of sy pa weer ʼn transitorooftog gaan uitvoer. Johan oorreed Chanel om buite die salon met hom te praat. Hy probeer om vir haar te oortuig dat hy steeds vir haar en Pieter lief is, en sy verras hom met ʼn onverwagte uitnodiging.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 38 29.04.2020

Jakes maak hom tuis in Adri en Ben se woonstel. Hy wil praat oor Johan en Ben se lojaliteit aan die Vinnige-Boys. Ben word met die lewe van sy verloofde gedreig as hy nie doen wat Jakes wil hê nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 37 28.04.2020

Terwyl Adri ʼn spesiale ete vir Ben voorberei, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar om hom te vertel dat sy nooit kinders sal kan hê nie. Wanneer hy herstel van die skok, probeer hy sy bes om Adri gerus te stel. Die voordeurklokkie lui – dit is ʼn onverwagte, en ongenooide gas.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 36 27.04.2020

Ma ontvang ʼn oproep van Bettie. Hulle planne om die rooftog te probeer stop, word al hoe meer onrealisties. Hulle sal net moet moed hou en glo dat hulle iets sal kan doen. Johan ontvang ʼn oproep van Jakes. Die Vinnige-Boys is besig met die finale beplanning van die transitorooftog. Ben en Johan moet doen wat van hulle verwag word, anders is daar sports.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 35 24.04.2020

Ben en Johan ontmoet na werk vir ʼn drankie. Die plan om Jakes en die Vinnige-Boys weer agter tralies te kry, begin nou realiseer. Johan praat vir die eerste keer oor wat moet gebeur as hy dalk nie die rooftog oorleef nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 34 23.04.2020

Ma kuier by Chanel in die haarsalon waar sy werk. Terwyl Chanel Ma se hare sny, gesels hulle oor Johan en Pieter. Ma vertel vir Chanel dat sy vermoed dat Johan weer betrokke is by die beplanning van ʼn transitorooftog. Chanel wil help om die rooftog te probeer keer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 33 22.04.2020

Johan verras vir Pieter met ʼn geskenk. Die geskenk help om die ys tussen hulle te breek, en laat Johan toe om bietjie meer toenadering te soek. Jakes en Steve, ʼn bendelid, agtervolg Ben van sy werksplek af tot by ʼn restaurant. Ben probeer van hulle af wegkom. Hy bel vir Johan en wil weet hoekom die Vinnige-Boys bende hom agtervolg.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 32 21.04.2020

Ben en Adri gesels oor die dag se werk by Cash-Move, en dit neem nie lank voor hulle oor Johan en die Vinnige-Boys bende praat nie. Ben wil eerder oor hulle toekoms en hulle ongebore kinders praat. Adri praat vinnig oor iets anders.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 31 20.04.2020

Ma probeer om by Johan uit te vind wat op die dag van die rooftog gaan gebeur. Pieter en Chanel is besig om die meubels in hulle nuwe woonstel rond te skuif toe Johan bel. Die oproep maak Chanel bly en ook ʼn bietjie onrustig. Pieter wys vir sy ma sy plan in geval die Vinnige-Boys ooit die woonstel aanval.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 30 17.04.2020

Pieter en Ben praat oor wat Johan vir Pieter beteken. Die seun wil weet of sy pa 'n goeie mens is. Adri deel 'n groot geheim met Chanel, en haar aanstaande skoonsuster raai haar aan om oop kaarte te speel voordat sy met Ben trou.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 29 16.04.2020

Ma bel vir Ben om te kla tyd dat sy amper nooit meer vir Johan sien nie. Laatnag ontmoet Jakes weer vir Johan buite die Bellville-huis. Jakes laat weet vir Johan dat hy die geld, wat by die eerste rooftog verdwyn het, soek. Jakes vermoed ook dat Johan iets te doen gehad het met Johnny se verdwyning.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 28 15.04.2020

Johan kom haal Pieter en Chanel by die hospitaal, en neem hulle na die nuwe woonstel. Almal is opgewonde oor die nuwe blyplek. Chanel en Johan begin weer vashaak oor ʼn nietigheid. Pieter plaas homself in sy pa se skoene en wonder hoe hy sou optree as die Vinnige-Boys hom afpers.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 27 14.04.2020

Bettie woord laatnag wakker gemaak. Jakes het kom kuier. Hy probeer sy ma kalm hou. Bettie smeek hom om van plan te verander, maar Jakes weier. Die polisie is op pad, en Jakes moet vlug.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 26 12.04.2020

Johan en Pieter is vir die eerste keer na Johan se vrylating alleen saam. Hulle vra mekaar uit oor die afgelope tien jaar, en begin ʼn eerlike gesprek voer oor hulle drome vir die toekoms. Is daar plek in hulle lewe vir mekaar?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 25 09.04.2020

Bettie en Ma ontmoet in die geheim. Hulle is onder groot druk om hulle kinders se gedrag te aanvaar, maar bly vasbeslote om ʼn stokkie voor die Vinnige-Boys se rooftogplanne te steek. Hulle seuns wilegter nie na hulle luister nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 24 08.04.2020

Chanel vertel vir Pieter van die nuwe woonstel waar hulle sal woon wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Pieter is verlig dat hy en sy pa nie onder dieselfde dak sal bly nie. Ben trek by Adri se woonstel in. Wanneer Ben van kinders praat, verander Adri skielik die onderwerp. Johan en Ma is alleen by die Bellville-huis. Hulle beraam planne om Chanel te oorreed om Johan weer as haar man te aan...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 23 07.04.2020

Bettie word na Jakes se jongste wegkruipplek geneem. Hoe meer Jakes vir sy ma probeer oortuig dat alles nou weer na normaal sal terugkeer, hoe minder wil sy hom glo. Bettie pleit by haar seun om nie weer aan ʼn transitorooftog deel te neem nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 22 06.04.2020

Pieter vertel vir Chanel van sy skoolmaats wat hom op hoogte hou met sy skoolwerk. Hy raak nou ʼn bietjie moeg om so lank in die hospitaal te bly. Hy vertel haar van ʼn ou met tatoes op sy gesig wat elke nou en dan inloer en vra hoe dit met hom gaan. Chanel bel dadelik vir Ben en sê dat sy vermoed dat een van die Vinnige-Boys bendelede op haar seun spioeneer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 21 03.04.2020

Johan oorreed Ben om hom grot toe te neem. Op pad soontoe argumenteer die twee heftig oor die geld wat Ben vermoed Johan vroeër daar versteek het. In die grot wag daar ʼn verrassing op Johan. Hoe het die Vinnige-Boys uitgevind van die grot, en wat maak hulle nou?

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır