RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

9 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 50 13.11.2020

Hans begaan ’n groot fout in die kryt. Piet Roltwak bied ongeoorloofde raad. Kieriekop kom tot die redding, maar veroorsaak so byna ’n diskwalifisering.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 49 12.11.2020

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 48 11.11.2020

’n Verpligte middag van rus voor hulle kragmeting raak vir Hans en Robert een te veel. Kieriekop het goeie nuus vir Hans, en Kosie Schreuder verras Hans en Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 47 10.11.2020

Barnie verras Hans en Robert met goeie nuus. Robert gee goeie raad aan sy beste vriend, en Kosie Schreuder waarsku Hans en Robert om nie die bokswedstryd ten koste van hulle vriendskap te probeer wen nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 46 09.11.2020

Met ’n week oor voor die konsert, is Hans en Robert se voorbereiding vir hulle boksgeveg moordend. Terwyl hulle rus, vra Hans ’n vraag oor Lina wat Robert heeltemal verward en onseker laat. Barnie verhoog die intensiteit van die seuns se oefening met ’n tuisgemaakte apparaat. Twee dae voor die konsert slaan Hans ’n bokshandskoen stukkend, en Barnie verras die seuns.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 45 06.11.2020

Elbie het nuus oor die konsert, wat selfs Robert en Barnie bekommerd laat. Lina deel ’n geheim met Elbie, en Barnie waarsku Nonnie teen die uitwerking van die reukwater wat sy by Hans vir haar verjaardag present gekry het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 44 05.11.2020

Hans kry goeie nuus van sy pa, maar hy kry snuf in die neus dat sy ma nie sy geheim bewaar het nie. Kieriekop loop sy rieme styf.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 43 04.11.2020

Pollie se vreugde ken geen perke nie. Kieriekop kry die verrassing van sy lewe. Pollie swig voor die versoeking om Hans se geheim uit te lap.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 42 03.11.2020

Nonnie en Lina se gesamentlike verjaardagpartytjie begin vir Hans op ’n slegte noot. Robert word verras, en die partytjie neem ’n positiewe wending vir Hans. Elbie se dag word sodanig versuur dat haar vriendskap met Lina in die gedrang is.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 41 02.11.2020

Robert herinner Hans daaraan dat hy nog ’n geskenk vir Nonnie moet koop vir haar verjaardag. Barnie verras Hans, en Pieter Strydom kom sy ses tuie by Frank haal.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 40 30.10.2020

Ná die verskrikking van die vlermuisgrot, verloop die ondersoek van die grot in Donkerkloof sonder enige ontdekkings. ’n Poets wat Hans wil bak, loop egter baie skeef en tot sy verleentheid, loop hy hom weer in Betta Stroebel se kragtige arms vas.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 39 29.10.2020

Flossie sien die kinders af vir die uitstappie na Donkerkloof, en stel Hans en Robert aan as klaskapteins vir die dag. Die lang en moeilike tog na Donkerkloof eindig met ’n skok vir al die meisies, behalwe vir Betta Stroebel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 38 28.10.2020

Frank se reaksie op Hans en Robert se plan om Lina en Nonnie na Donkerkloof te neem, skok Flossie. Martha is bekommerd oor die gevolge vir Flossie en die skool as daar iets met een van die kinders op die uitstappie sou gebeur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 37 27.10.2020

Nonnie verras Hans op pad huis toe ná skool. Die armoede en swaarkry van die Saayman-gesin raak Hans en Robert diep toe hulle brood en sop na die gesin neem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 36 26.10.2020

Martha is bekommerd oor die siekte en welsyn van haar buurvrou, Hanna Saayman. Robert en Hans vaar bo verwagting swak met ’n Engelse grammatikatoets, en Nonnie se reaksie is vir Hans raaiselagtig.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 35 23.10.2020

Hans bied aan om die helfte van die vensterruit en stopverf te betaal as Robert Nonnie en Lina kan oortuig om saam te gaan Donkerkloof toe. Barnie het ’n proposisie vir Hans en Robert, mits hulle die boksoefeninge meer ernstig opneem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 34 22.10.2020

Hans soek raad by Ada oor ’n geskenk wat hy wil koop. Hans en Robert moet ’n beesvel vir Frank brei, maar dit ontaard in ’n nagmerrie, veral vir Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 33 21.10.2020

Frank het goeie nuus vir Hans en Robert, maar Barnie is ongelukkig omdat die seuns soos twee ou vrouens boks. Ada probeer Frank oortuig dat ’n botteltjie stroop per wavrag turksvye te min vergoeding is vir hulle harde werk.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 32 20.10.2020

Martha haal Frank oor die kole omdat hy die seuns, volgens haar, in gevaar gestel het. Hans en Robert gaan slaap, en Robert word skielik wakker met die besef dat Hans hom gekul het met die trek van die lootjies.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 31 19.10.2020

Hans en Robert moet elke dag rondloperdonkies gaan aankeer om te begin droë hout aanry vir die turksvystroopkokery, maar Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid. Hans kry kans om Robert terug te betaal vir die poets wat hom gebak is toe hulle Ousus en Angelier die eerste keer saam gaan melk het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 30 16.10.2020

Kosie bevestig amptelik dat Hans en Robert vir die konsert teen mekaar sal boks, en Barnie kondig ’n strawwe oefenprogram vir hulle aan. Flossie stel Hans en Robert teleur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 29 15.10.2020

Faans raak in die moeilikheid omdat hy reken Hans het ’n oog vir ’n mooi nooi, nes sy pa. In sy gesukkel om met Nonnie gedans te kry, loop Hans hom vas in sy grootste nagmerrie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 28 14.10.2020

Pollie en Faans kom op Gruisbult aan en hoor by Martha dat Hans-hulle nog nie daar is nie. Pollie is bekommerd dat Hans haar nie meer nodig sal hê nie omdat hy so tuis is by die Campbells.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 27 13.10.2020

Die voorbereiding vir Richard Nortje se vyftigste verjaardagviering vorder fluks, en Robert se opgewondenheid ken geen perke nie. Ousus, die Jerseykoei, sorg vir pandemonium op die aand van die groot makietie op Gruisbult, en Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 26 12.10.2020

'n Onderbreekte gesprek met Nonnie dompel Hans in vertwyfeling. Robert kry 'n skrobbering van Flossie.

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır