RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 59 26.02.2021 17:46
Blikkies vra Stephen om hom vrye toegang tot sy algoritmes te gee sodat hy kan begin werk aan ’n selfbewusmakingsprogram. Lizzie nooi Hannes vir ’n romantiese volmaanpiekniek in die Tankwaveld.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 58 25.02.2021 16:53
Oom Blikkies en Stephen word besoek deur Ella Conradie, en bevestig dat die polisie se forensiese afdeling die beendere wat in die grot saam met die goud gevind is, dié van Anglo Boere-oorlog-soldate is.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 57 24.02.2021 14:32
Oom Hannes keer terug van die Kalahari, en tannie Lizzie probeer al die drama wat op die plaas gebeur het van hom wegsteek. Jolene en Morné verfilm die beendere by die grot saam met Wilmien.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 56 23.02.2021 12:48
Chris verras oom Blikkies in die grot terwyl Ella Conradie gesprek voer met die beendere wat in die grot gevind is. Wilmien daag by die grot op en vra André om Chris daar weg te kry. Chris dreig vir Wilmien, en André tree tussenbeide en word per ongeluk geskiet.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 55 22.02.2021 13:22
Tannie Lizzie wil oom Hannes verras met ’n nuwe uitrusting wanneer hy terugkeer van die Kalahari, en vra Jolene om saam met haar dorp toe te gaan. André en Chris kom op Stephen se bakkie af in die veld, en vind die grot waarvan hulle verneem het almal praat.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 54 19.02.2021 14:33
Wilmien en haar filmspan besluit om Chris Schutte en haar broer skelm te verfilm terwyl hulle twee opsoek is na die grot op die plaas. Jolene wil by Morné weet of hulle wel die Krugerponde gevind het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 53 18.02.2021 15:24
André en Chris Schutte daag onverwags by die plaas op. André is ontsteld dat sy ma hulle verlaat het. Chris Schutte probeer by Wilmien uitvis waar die grot is waar tannie Lizzie vasgesit het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 52 17.02.2021 14:18
Lizzie sit vas in die grot se ingang en verhoed dat Stephen-hulle by oom Blikkies kan uitkom. Wilmien dring aan dat Morné vir tannie Lizzie wat vassit, moet verfilm. Stephen bedink ’n plan om tannie Lizzie te bevry.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 51 16.02.2021 14:59
Blikkies wys emosie nadat hy moes wag dat hulle hom eers verfilm terwyl hy vassit in die grot se opening. Stephen besluit hy sal die agterste deel van oom Blikkies se robotbene uitmekaar moet haal. Tannie Lizzie bring vir die groepie kos van die padstal af.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 50 15.02.2021 13:57
Blikkies sit vas in die ingang van die tweede gedeelte van die grot. André konfronteer Wilmien oor hoekom hulle ma so skielik terug is Amerika toe. Morné vertel Wilmien van oom Blikkies wat vassit in die grot, en hulle besluit om dit te verfilm as deel van die dokumentêre film.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 49 12.02.2021 17:04
Maryna wil by Blikkies weet hoe sy ervaring met Ella Conradie was. Blikkies en Stephen besoek die grot wat hulle met die hommeltuig ontdek het. Lizzie neem afskeid van Maryna en wil weet hoekom sy so skielik besluit het om hulle te verlaat. Maryna onthul aan Lizzie wat Ella Conradie gesien het in haar visie.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 48 11.02.2021 15:16
Ella kry dit reg om Blikkies sover te kry om haar te besoek. Jolene vra Wilmien om haar te help om ‘n rok te kies vir die aandete saam met Morné. Blikkies is geskok as Ella dit wel regkry om terug te kyk in sy verlede en kontak te maak met een van sy oorlede vrouens toe hy nog Blikkies Blignaut was.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 47 10.02.2021 16:09
Stephen besoek Ella om te verneem wat presies hy met haar kom bespreek het. Morné vra Lizzie om haar weer met haar perde te verfilm. Maryna raadpleeg Ella Conradie oor haar toekoms by Shangri La.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 46 09.02.2021 14:31
Wilmien vertel vir Stephen van al die vreemde stories wat Ella Conradie oor oom Blikkies aandra. Morné beplan saam met tannie Lizzie aan die spyskaart vir sy romantiese ete saam met Jolene.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 45 08.02.2021 14:45
Ella besluit om besoek af te lê by Maryna oor Blikkies wat by haar was en verwys het na die drie vroue wat sy geheime skakel na verdere menslike kennis is. Wilmien raak opgewonde as Stephen haar nooi vir ’n braai onder die bloekombome.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 44 05.02.2021 16:28
Oom Blikkies is terug in sy posisie by die padstal op die stoep saam met Buks. Lizzie reël dat oom Blikkies haar vriendin Ella Conradie ontmoet. Morné nooi Jolene vir die romantiese ete by die padstal.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 43 04.02.2021 15:21
Oom Blikkies maak sy verskyning uit Maryna se eko-hut, en het nie net ’n gedaante verwisseling ondergaan nie, maar het ook sommer ’n beter stem. Blikkies besoek Stephen en kondig aan dat hy terug is op die goudsoekprojek. Lizzie doen joga-oefeninge by Maryna.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 42 03.02.2021 16:05
Jolene betrap Morné in die badkamer wat hulle deel, en druk hom in ’n hoek oor hoekom hy haar nie na die romantiese ete genooi het nie. Morné klop aan by Ella Conradie vir hulp met Jolene, maar daar word ’n prentjie in sy toekoms gesien wat hy nie verwag het nie.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 41 02.02.2021 15:58
Jolene voorsien tannie Lizzie met die dieetkos wat sy en Wilmien voortaan by die padstal wil eet. Chris en Stephen probeer uitpluis wat ander hout ammunisietrommels kan wees wat hulle by die sementdam gevind het. Maryna verban Chris van Shangri La.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 40 01.02.2021 15:50
Chris lig Maryna in dat hulle moontlik die ou skuur se fondasie sal moet oop kap omdat daar ’n leidraad is dat die Kruger goue ponde daar versteek is. Lizzie konfronteer Maryna op Shangri La oor wat Ella van oom Blikkies tydens hulle sessie gesien het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 39 29.01.2021 15:19
Stephen is besorg oor oom Blikkies wat net verdwyn het uit die solder op Shangri La. Morné vra tannie Lizzie om vir hom ’n romantiese ete te maak, want hy wil Jolene verras op die dag wat hulle vyfde jaar saam as paartjie sou wees. Ella Conradie besoek die padstal, en Wilmien vra of sy haar mag verfilm.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 38 28.01.2021 13:33
Wilmien vra Stephen se hulp om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Jolene bel vir Chris Schutte en nooi hom vir koffie om hom weg te kry van Shangri La. Maryna betrap Wilmien en Stephen in haar huis, en dreig om hulle aan te kla by die polisie.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 37 27.01.2021 15:21
Stephen dien ’n klag van diefstal in by die polisie op Ceres teen Maryna Gouws. Wilmien en Jolene beplan om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Morné verneem by tannie Lizzie wat die uitwerking van Tankwa-se-troon op ’n vrou sal wees as hulle dit drink.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 36 26.01.2021 16:01
Chris Schutte keer terug plaas toe, en besoek Ella Conradie om haar in te lig dat oom Blikkies haar nie meer kom besoek nie, omdat hy tans by Maryna Gouws wegkruip. Stephen is kwaad vir Maryna omdat hy glo sy hou oom Blikkies teen sy sin aan by Shangri La.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 35 25.01.2021 17:35
Maryna vra vir André om vir oom Blikkies te gaan haal sodat hy in privaatheid by haar kan kuier. Lizzie vertel vir Blikkies sy het vir hom ’n afspraak by Ella Conradie, die ‘siener’, gemaak. Chris Schutte vra vir Lizzie of sy vir hom ook van die Tankwa-se-troon tee sal gee voor hy vertrek.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır