RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 43 07.01.2022 14:42
Die hele buurt is skielik op straat, en draf om fiks te word. Jerry reken die gier sal soos gewoonlik gou oorwaai. Rianna pak ’n mandjie met plaasprodukte, en gaan kuier vir Lorna.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 42 06.01.2022 12:56
Gerhard en Rianna keer terug van hulle plaasvakansie. Sharon vertel ’n halwe waarheid oor haar en Robbert se Oujaarskuier. Ethan begin sy loopbaan as matverkoopsman. Lorna loer oor die heining na Gerhard en Jerry wat bagasie aflaai. Ray bel haar met ’n dringende opdrag.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 41 05.01.2022 12:36
Letitia het planne vir ’n toekoms saam met Jerry. Hy kry goeie raad uit ’n onverwagte oord. Ray wil al weer met geweld op Sharon toeslaan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 40 04.01.2022 14:06
Pollie ly aan skok, en Jerry moet Letitia se hulp en raad verduur. Sharon vererg haar vir Robbert wat haar dwing om soggens presies om sesuur saam met hom te gaan draf. Letitia daag vroeg op om kastig met Pollie te help.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 39 03.01.2022 11:27
Die partytjienaweek is agter die rug. Jerry is lus vir ’n goeie ontbyt en ’n dag sonder sorge, maar uit die bloute daag daar ’n lastige besoeker op. Ethan en Lorna koop ’n kattebak vol kruideniersware, en maak planne om hulle langs die Van der Merwes in te burger.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 38 31.12.2021 12:50
Dis duidelik dat die agent nog nie besluit het aan wie sy die Gedulds se huis wil verhuur nie. Gerhard en Rianna is op pad na Trudie en Koos Albertyn se oujaarspartytjie. Sharon besluit om Robbert se uitnodiging te aanvaar. Wat wag vir haar by sy huis?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 37 30.12.2021 11:43
Gerhard pluk twee mandjies vol geelperskes wat Rianna moet inlê. Letitia Ingelsdew-Swan bel onverwags en bied aan om te help. Intussen is Robbert besig om Sharon se slaapkamer te verf. Letitia kla by Rianna dat sy ongelukkig getroud is.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 36 29.12.2021 14:15
Hilton het ’n nuwe naam, Ethan, en Queena is nou Lorna. Hulle is op pad na die Gedulds se huis, wat Ray vir hulle wil huur. Gerhard ontvang hulle namens die agent en is beïndruk met die netjiese weduwee en haar oulike seun.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 35 28.12.2021 14:28
Ray het planne vir Hilton en sy ma, Queena. Sy is skepties, maar om op straat te beland is die enigste alternatief en sy kan nie anders as om in te stem nie. Jerry en Gerhard kry kans om oom Abie se tuin te versorg vir die huurders.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 34 27.12.2021 14:11
Sharon en Robbert se vriendskap blom, en Sharon tel haar seëninge. ’n Paar kilometers verder maak Hilton Hendriks die yskas oop en soek vergeefs na melk vir sy bitter koffie. Toe Ray Cunningham hom bel en werk aanbied, gryp hy die geleentheid met albei hande aan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 33 24.12.2021 12:44
Die Van der Merwes word subtiel verplig om hulle ongewilde buurman na hulle Kerspartytjie te nooi. Sal die gees van Kersfees wat vrede verkondig, vanaand ook oor hulle waak?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 32 23.12.2021 14:59
Dis lekker op die plaas, maar Sharon kan nie vir altyd wegkruip nie. Goeie nuus kom van Sharon se weldoeners. Ray skop ’n kabaal op by die Van der Merwes se voordeur. Robbert Curnow, wat in die straat verbydraf, kom tot Sharon se redding. Is dit die begin van ’n nuwe vriendskap?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 31 22.12.2021 13:48
Rianna en Sharon gaan kuier op die plaas. Mia en Jerry bly agter om die huis op te pas. Ray gaan soek Sharon by die Van der Merwes. Jerry lei hom op ’n dwaalspoor, maar hou nie rekening met die nuwe koffiemasjien nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 30 21.12.2021 13:59
Mia vertel vir Jerry dat Ray Sharon afknou. Sharon koop ’n nuwe koffiemaker, goeie koffie en veel meer. Jerry en Mia versier die gesin se kersboom. Sharon het bokse vol duur glasversiersels geskenk. Waar kom die geld vandaan? Ray het dan haar kredietkaart versnipper.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 29 20.12.2021 12:40
Pollie verlang na sy mense, en die Van der Merwes doen hulle bes om hom te troos. Sharon bieg oor die inhoud van die bokse. Dit behoort aan Ray, maar hulle kan intussen daaruit voordeel trek. Mia word uitgenooi om saam met Anton-hulle met vakansie te gaan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 28 17.12.2021 13:11
Dis nog nag toe oom Abie-hulle met groot gedruis vertrek. Gerhard en Rianna het skaars ingesluimer of hulle word wakker geklop. Sharon en Fifi soek ’n veilige hawe, volgens haar bagasie vir veel langer as net een nag. Wat is in die bokse dat sy dit so dringend wil wegsteek?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 27 16.12.2021 14:09
Dis die laaste dag voor die Gedulds se vertrek. Gerhard en Rianna raak bekommerd oor die twee oues op die lang pad. Die Gedulds gaan eet vir oulaas by die Van der Merwes, en neem afskeid van Pollie. Die motorwoonwa kry ’n naam.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 26 15.12.2021 14:06
Mia wys vir oom Abie hoe om foto’s met sy selfoon te neem. Tannie Gertie en oom Abie stel ’n lang lys reëls op vir die huurders. Gerhard kry nog ’n Whatsapp van Ray.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 25 14.12.2021 13:35
Die groot uitpak en regpak is aan die gang by die Gedulds, en die Van der Merwes sit hand by. Sharon voel vasgekeer. Anton is in die moeilikheid. Rianna kry ‘n e-pos van Huis-en-Haard.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 24 13.12.2021 14:42
Die Cunninghams is op pad terug na Suid-Afrika. Sharon sweer wraak. Gerhard en Jerry help oom Abie om die motorwoonwa te restoureer. Tuis by Villa Cunningham word Sharon en die hele huishouding streng ingeperk.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 23 10.12.2021 14:08
Rianna is seker dat dit sleg gaan met Sharon. Van Ray kry sy geen verduideliking nie. Gertie bak koekies vir Kersfees, en maak lang doenlysies wat nog afgehandel moet word. Vrydagaand word daar partytjie gehou.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 22 09.12.2021 14:11
Sharon is terug in die Waldorf-suite. Ray is kastig besorg, maar haastig om huis toe te gaan. Die motorwoonwa het aangekom, en staan in die Gedulds se oprit. Sharon kry Ray sover om vir Rianna ’n Whatsapp te stuur.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 21 08.12.2021 13:08
nton gaan vir sy rybewystoets. Mia help tannie Gertie om haar fynporselein-erfstukke weg te pak toe Anton met die uitslag bel. Gerhard is verbaas toe hy hoor die kinders is Magalies toe. Wat sal die straat sonder die Gedulds wees?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 20 07.12.2021 14:22
Oom Abie en Tannie Gertie is nou albei opgewonde oor hulle motorwoonwa. Tannie Gertie het so lanklaas van Sharon gehoor, sy kry nagmerries van angs. Rianna stoei met dieselfde bekommernis. Wat gaan aan met Sharon?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 19 06.12.2021 13:14
Anton het ’n verrassing vir Mia. Ray is woedend en in ’n baie gevaarlike bui. Robbert kla oor Mia se musiek, en eis ’n verskoning.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır